Die Gautengse noodkommunikasiesentrum het van vroeg Oujaarsaand tot in die vroeë oggendure van die nuwe jaar byna dubbel die aantal oproepe ontvang wat gemiddeld per dag sedert 15 Desember 2023 aangeteken is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Nooddienste"
Driejarige sterf ná man glo brand stig
Mkhabela het daarna Mabena se huis aan die brand gesteek waarin die driejarige sonder enige toesig vasgekeer was.
Nog ambulanse, personeel vir Gauteng
Die bykomende voertuie en personeel sal hopelik die probleem van stukkende ambulanse en vertraagde reaksie op noodoproepe verlig.
Nooddienste ‘weekliks’ aangeval
Hospersa verwag dat die aanvalle op nooddienspersoneel net nóg meer sal toeneem tydens die feestyd.
Paramedikus in ambulans doodgeskiet
Die paramedikus, ʼn ma van drie, is in ʼn koeëlreën dood terwyl haar kollega ernstig beseer is.
Kaapse brandbestryders met klippe bestook
Brandbestryders en hul voertuie is die afgelope naweek op drie afsonderlike gevalle met klippe bestook.
Minder noodgevalle in Desember
’n Totaal van 31 brandvoorvalle en nege verdrinkings is in Desember by ER24 aangemeld.
Vlaag aanvalle op paramedici dié naweek
’n Paramedikus is ook in ’n ambulans deur ’n pasiënt gewurg toe hy Sondag op ’n voorval in Reigerpark gereageer het.
Vermiste KZN-vrou se liggaam in wrak gekry
ʼn Soektog na Conde is van stapel gestuur, maar weens baie swaar reën in die gebied moes dit Dinsdagaand opgeskort word.
Gesin dankbaar vir reddingspogings ná tiener hartaanval kry
“Ek sou nooit kon dink my klaarblyklik gesonde seun ʼn hartaanval sou kry tydens ʼn ligte speletjie langs die see nie.”
Kind in hittige son in kar gelos; ouers gewaarsku
Paramedici is na ʼn Gautengse sentrum ontbied nadat ʼn driejarige kind in die hittige son gelos is terwyl die ouers vir sowat een uur in die sentrum was.
Só lyk plan B as nooddienste nie betyds opdaag nie
Wanneer elke verbygaande minuut die verskil tussen lewe en dood kan maak, is dit van kritiese belang vir Suid-Afrikaners om ʼn plan B gereed te hê, ingeval noodpersoneel nie betyds opdaag nie.
Newlands Rotariërs help Kaapse brande bestry
Die Kaapse Skiereiland het pas ʼn noodreaksievoertuig as geskenk gekry waarmee brande in die gebied bestry kan word. Kaapstad en omstreke gaan die afgelope tyd gebuk onder hewige veldbrande.
Vyf sterf ná bakkie rol
Vyf mense is Saterdag dood in ʼn ongeluk naby Beaufort-Wes, het die Wes-Kaapse nooddienste gesê.
Een sterf in Jeppestown-brand
Een persoon is Sondag dood toe 40 plakkershutte in Jeppestown, Johannesburg aan die brand geraak het.
Vyf beseer na motor teen ambulans bots
Vyf mense, insluitend twee kinders, is Sondag beseer nadat ‘n motor reg van voor teen ‘n ambulans gebots het in Wonderboom, Pretoria.
Trokdrywer verkool in botsing
‘n Man het doodgebrand nadat die vragmotor wat hy bestuur het, vroeg Sondagoggend op die N3 in Germiston gebots en aan die brand geslaan het.
Kind sterf in N3-botsing
‘n Kind is Saterdagoggend dood na ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n motor in Van Reenenspas op die N3 in KwaZulu-Natal.
Foto’s: Een dood, nog vasgekeer na gebou ineenstort
Die Johannesburgse nooddienste het bevestig dat een persoon dood is en minstens nog een persoon vasgekeer is na ‘n gebou Woensdagoggend in Power Park in Soweto ineengestort het.
Twee sterf in JHB-brande
Twee mense is dood in twee afsonderlike brandvoorvalle in Johannesburg.