Vlaag aanvalle op paramedici dié naweek

Argieffoto

Die stad Ekurhuleni se ramp- en noodbestuursdiens (DEMS) het gesê verskeie paramedici, brandbestryders en nooddiensvoertuie het die afgelope ruk in dié gebied onder geweld deurgeloop.

William Ntladi, DEMS-woordvoerder, het gesê ʼn paramedikus is die naweek in ʼn hospitaal opgeneem ná ʼn aanval in Tokoza terwyl twee ambulanse se ruite deur gemeenskapslede van onderskeidelik Reigerpark en die Ramaphosa- informele nedersetting in Boksburg gebreek is.

Die paramedikus is Vrydag deur sowat 50 ontstoke gemeenskapslede in die Empilisweni- informele nedersetting in Tokoza getakel nadat hy ʼn pasiënt dood verklaar het.

“Die slagoffer het na die plaaslike polisiestasie gehaas om die voorval aan te meld waarna hy na die Unie-hospitaal geneem is vir ’n mediese ondersoek. Hy is dieselfde dag nog ontslaan,” het Ntladi gesê.

’n Ambulans is dieselfde aand in die Ramaphosa-nedersetting in Boksburg voorgekeer waarna gemeenskapslede ʼn ruit van die voertuig gebreek het terwyl ’n pasiënt in die ambulans was. Niemand is in die voorval beseer nie, het Ntladi gesê.

’n Paramedikus is ook in ’n ambulans deur ’n pasiënt gewurg toe hy Sondag op ’n voorval in Reigerpark gereageer het.

“Hy kon daarin slaag om hom [uit die pasiënt se greep] te bevry en uit die ambulans te spring. Die pasiënt en sy beweerde medepligtiges het die mediese span agtervolg, met een van die aanvallers wat met ’n mes gewapen was,” het Ntladi gesê. Die paramedici kon van die aanvallers wegkom.

Die ambulans is ook gedurende die voorval met klippe bestook en ’n ruit is in die proses gebreek. Die voorvalle is by die polisie aangemeld.

Ntladi het gemeenskapslede herinner dat ʼn beskadigde nooddiensvoertuig lank kan neem om herstel te word. Dit kan gemeenskapslede wat hulp van nooddienste gedurende dié tyd vereis, raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Die aanvalle op noodpersoneellede is ‘n nuwe laagtepunt in die Nuwe Suid-Afrika se geskiedenis. Wat ‘n tragiese situasie!!!

Marius ·

Laat hulle op hulle eie sukkel as hulle nie gehelp wil word laat net die staat se voertuie daar gaan werk dan kyk ons wat maaak die anc??

Ben Potgieter ·

Daar is blykbaar niks meer in die armsalige 3de wereld land van ons wat respekteer word nie. Kom nou net terug van besoek aan VSA waar ons 7 state besoek het in 6 weke.
Dit was ‘n helse kultuur skok om te sien hoe ‘n 1ste wereld funksioneer.
Nou verstaan ek ook hoekom mense kan emigreer en sy powere vaderland agterlaat.Ongelukkig is ek amper 70 jr oud,as ek geweet het in 2001 wat ek nou weet sou ek daardie tyd plan gemaak het toe ons moes pakket vat.Dit was om plek te maak vir mense wat die land nou op sy kniee het.

Adri ·

Ben, ek het dieselfde ervaring gehad toe ons eers Kanada besoek het en toe Australië. Ek is ook so oud soos jy en is elke dag meer en meer spyt dat ek nie padgegee het toe ek nog kon nie. Om terug te keer SA toe verg ‘n kopskuif, want jy moet weer gewoond word om met vrees en frustrasie saam te leef.

Hanna Hoekom ·

Ek het presies dieselfde ondevinding in die VSA gehad! Respek vir die gereg en nooddienste. Om nie te praat van padreels gehoorsaam en die omgewing skoon te hou nie. Ons kon selfs in die woude kamp! Heel veilig. Net die bere kon ons veiligheid bedreig. Ek doen tans aansoek om daar te gaan werk. En ek vat my drie jong kinders saam.

Deon ·

Die land het al so verval en net ‘n besoek aan ‘n ontwikkelde land ruk jou terug na die werklikheid wat besig is om hier uit te speel.

Elna ·

Dit was net nou onlangs dat n meneer Sun gesê het dat die nooddienste in Cosmos city SAL werk nou wonder ek wat gaan hy sê oor hierdie gevalle? Ek stem ook saam dat die nooddiens personeel nie in die tipe areas dienste moet lewer nie omdat dit lewensgevaarlik is vir hulle.

Leon ·

Hierdie gemeenskap benodig duidelik nie die hulp nie. Laat hulle na mekaar omsien en wend die diens eerder aan waar dit waardeer word.

Boosheid ·

Ons is ook in diens verskaffing en weier absoluut om in sekere areas te werk. Selfs in van die rykste woonbuurte is dit ‘n nagmerrie om vir hulle enige werk te doen.

Lindie ·

My seun is ‘n paramedic en brandbestryder, hierdie tipe nuus laat al my hare regop staan.
Begin ook kyk dat hy imigreer, waar sy werk omstandighede heelwat beter sal wees. Hy werk dikwels vir die gemeenskap, en hierdie voorvalle wat al hoe meer gereeld gebeur bekommer ons as sy ouers.

Jr ·

Gee vir hulle ń kruiwa met ń rooi lig. Dan kan hulle weer toi toi vir nog. Oooh diepste donkerste afrika

Jerry ·

Dit is soos die treinaanvalle in die kaap, trokaanvalle op die N2, soos plaasaanvalle landwyd, gemeenskappe se “mob justice” en die ZAMA, ZAMAS. As dit eers begin, dan stop dit nie! Anargie se beginfase is geskoei op n bloeddorstige kettingreaksie van wettelose “no go” areas waar geen onregte verdra word nie en probleme, opponente en uitdagings deur wettelose geweld aangespreek en opgelos word! Die “no go” areas word later so gevaarlik dat dit net deur sogenaamde “untouchable war lords” regeer kan word! Gewone wetsgehoorsame burgers hoef nie kundiges te wees om te weet dat SA is polities en ekonomies in die moeilikheid en dat die tempo waarteen hierdie tipe misdade toeneem, aandui dat die moeilikheid vererger!

Kallie ·

Dit is ‘n klassieke voorbeeld van die padda wat in lou warm water swem. Die dag sal kom wat jy die war lords sal moet betaal om jou huis en besittings op te pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.