Die jongste episode van kykNET se “Kokkedoor Vuur & Vlam” het nie net vir trane van spanning én blydskap gesorg nie, maar ook vir ʼn paar skokoomblikke.
Lees meerAlles vir Donderdag 10 Augustus 2023
‘’n Groot ramp’: 36 dood ná brande in Hawaii
Die Amerikaanse president, Joe Biden, het Donderdag die staat Hawaii tot rampgebied verklaar nadat vernietigende veldbrande ’n hele kusdorpie in puin gelê en die lewe van 36 mense geëis het. Die dorpie het Donderdag soos ’n oorlogsone gelyk.
Verkeerde afdraai lei glo tot Britse toeris se skietdood
Kar Teoh, ʼn konsultant-voet-en-enkelchirurg van Engeland, is na bewering voor sy vrou en tweejarige seuntjie in Nyanga doodgeskiet.
Tshwane stuur nóg 55 afdankingsbriewe uit
Die stadsraad het nou nie minder as 93 afdankingsbriewe binne twee weke gestuur aan werknemers wat nog steeds nie vir werk opgedaag het nie.
Man kry tog lewenslank (vir verkragting) ná vryspreking van moord
Die man wat enkele dae gelede vrygespreek is van die moord op klein Bokgabo Poo, is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van ’n ander kind.
Alternatiewe energie-ekspo gaan van krag tot krag
“Die voortdurende groei van KragDag is nie bloot die gevolg van die ewigdurende krisis van staatsverval by Eskom nie, maar eerder die onwrikbare strewe na meer selfstandigheid en voorspoed vir besighede en gemeenskappe.”
Duncan Pieterse nuwe DG by tesourie
Dié aanstelling kom sowat ʼn jaar nadat die vorige direkteur-generaal, Dondo Mogajane, bedank het.
Taxi-staking: Byna 200 klagtes reeds aangemeld
ʼn Vergadering tussen die leierskap van Santaco, die Wes-Kaapse regering en Kaapstad-metro is Donderdag om 12:00 belê om oplossings te vind.
ToekomsVenster: Gekom om die wet sy volle betekenis te gee
Jesus sê Hy gee die wet en die profete hul volle betekenis.
Tugstappe teen verskeie ná skandaal by Tembisa-hospitaal
Die skorsings vorm deel van die voortgesette ondersoek na beweerde korrupsie wat die fluitjieblaser Babita Deokaran haar lewe gekos het.
Lewenslank vir Mihalik se moordenaars
Die drie mans wat ná byna vyf jaar eindelik skuldig bevind is aan die moord op die strafregprokureur Pete Mihalik, is Donderdag gevonnis. Só lyk hul straf:
Syngenta-bestuur twee vroue ryker
Hierdie aanstellings val saam met Vrouemaand en weens ʼn beduidende tekort aan die skoner geslag in landbou kan daar nooit genoeg dames tot dié sektor toetree nie.
Video: Situasie kalm ná brand by Tshwane-kantoor
Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê hulle is bewus van die sporadiese voorvalle van geweld en intimidasie wat steeds in sekere dele van die stad voortduur.
Triumph van krag tot krag met nuwe 400-reeks
Die twee modelle wat bekendgestel is, is die Speed 400 en die Scrambler 400 X.
Nog g’n teken van 17-jarige wat in see verdwyn
“Ondanks ʼn uitgebreide see-, lug- en kuslynsoektog was daar geen teken van die tiener nie. Die soektog duur voort.”
Eddie gaan WB toe sonder Cooper en Hooper
“Dit is ʼn jong span. Dit is ʼn opwindende span en dit sal ʼn suksesvolle span wees,” het Eddie Jones in ʼn kort verklaring gesê.
Zuma hoor glo vandag of hy moet teruggaan tronk toe
Daar word verwag dat Makgothi Thobakgale, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, Donderdag ’n aankondiging gaan doen oor Zuma se toekoms as ’n vry man.
Partye vra raad voor konvensie
Die DA, VF Plus, IVP, ActionSA, die United Independent Movement (UIM) en die Spectrum National Party (SNP) bied volgende week saam ʼn nasionale konvensie aan waartydens die moontlikheid van ʼn pakt-regering bespreek sal word.
kykNET-dokkie werp lig op plaasmoorde in SA
Daar gaan nie ʼn maand verby sonder ʼn plaasaanval of -moord nie.
Au revoir, Bokke! (en bring die beker terug)
Daar word Saterdag groot makietie gehou om die Springbokke te groet voor hul vertrek na Frankryk vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat volgende maand in Frankryk afskop…