Verkeerde afdraai lei glo tot Britse toeris se skietdood

Die Britse toeris, Kar Hao Teoh, wat tydens die taxi-staking doodgeskiet is (Foto: Twitter)

Die Britse toeris wat verlede week gedurende die taxistaking in Kaapstad doodgeskiet is, het bloot ʼn verkeerde afdraai geneem en hom in Nyanga bevind waar stakers hom toe om die lewe gebring het.

Patricia de Lille, minister van toerisme, het Donderdag gesê Kar Hao Teoh (40) was verlede Donderdag na bewering saam met twee ander familielede in Kaapstad toe hulle ʼn verkeerde afdraai vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe geneem en in Nyanga beland het.

ʼn Aantal boosdoeners het die toeris se voertuig genader en hom doodgeskiet.

AFP berig Teoh, ʼn konsultant-voet-en-enkelchirurg by die staatsbeheerde Princess Alexandra Hospital NHS Trust in Engeland, is na bewering voor sy vrou en tweejarige seuntjie doodgeskiet.

“Sy professionele toewyding was ongeëwenaar, maar dit was sy persoonlike warmte, sy toewyding aan vriendskap en sy onwrikbare ondersteuning wat ons die meeste sal onthou,” het sy vriend en mede-ortopediese chirurg, Paul Lee, in ʼn aanlyn huldeblyk gesê.

Die staking in Kaapstad het die afgelope week ook die lewe van vier ander mense, onder wie ʼn polisiebeampte, geëis. Teen Donderdag het gemoedere egter begin kalmeer.

Sporadiese voorvalle van onrus word egter nog plek-plek aangemeld.

Die Verenigde Koninkryk en die VSA het intussen ʼn reiswaarskuwing aan hul inwoners uitgereik wat beplan om Kaapstad te besoek.

“Dit is regtig hartseer dat ʼn besoeker so ʼn verwoestende ervaring in ons land gehad het. Hierdie misdadige gedrag is teenstrydig met die algehele gees en aard van Suid-Afrikaners wat oor die algemeen warm en verwelkomend is,” het De Lille vandag in reaksie gesê.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) het vanmiddag met verteenwoordigers van die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering vergader, onder wie die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, en premier, Alan Winde.

Hill-Lewis en Winde het ná die vergadering gesê hulle het ʼn “baie redelike” voorstel ter tafel gelê, wat hulle hoop Santaco se leiers sal aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Casper ·

Is dit hoe ‘n mens optreë wat verwelkomend en warm is de Lille om besoekers dood te skiet.In daai geval gaan ek eerder iewers anders heen.

Michael ·

Welkom in Suid Afrika die land van moord en roof, hier kry jy goggas in jou drinkwater en die riool dryf strate af, en hier word links en regs vermoor, innige simpatie vir sy familie.

Elmarie ·

Wát kan mens nóg sê wat nie alreeds honderde kere gesê is om mens se walging uit te spreek nie! Hoe regverdig die spul taxistakers hierdie? Absolute skande!

Andries ·

Dink net dis n taxistaking wat gepaard gaan met moord en plunder en brandstigting,hoe dom kan sommige van ons is,skande is nie die woord nie,want hulle verstaan dit nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Tragies. Die ANC het oor dekades ‘n kultuur van burgerlike ongehoorsaamheid in Suid-Afrika geskep. Die ANC/EFF is een groot Mzansibabwe e Africa Marxistiese Mafia Sindikaat Ingely, nes Rusland en meeste ander Afrika lande.

Sharmane ·

Weet nie hoekom mmense na SA toe wil kom nie. Ons land is was altyd mooi en veilig , nou is dit net moord en wettelose mense in ons land!! Bly weg uit SA hier is julle nie veilig nie!

Porseleintjie ·

De Lille die toeriste het die resultaat beleef van die algemene gees en aard van Suid Afrika. Jou inkleurpotlood gaan beslis nie ‘n ander kleur gee nie. Haal jou gekleurde lense af en sien die verotting van die land.

Yolandie ·

My innige meegevoel met sy vrou (kind) en familie. So jammer vir julle verlies. So ‘n klad op Suid-Afrika as ‘n land waar ons daagliks toeriste het wat hier instroom om vakansie te hou of hier aan te doen vir besigheid. Die taxi stakers het bloed op hulle hande.

Charles ·

Dit is soos die Duitsers wat met leeus wou gaan speel het in die Wildtuin. Bly weg van sekere gebiede.

anko ·

Die man het verkeerde afdraai geneem. Ken obviously nie die area nie. Ek het ookal verkeerd gery. Steeds behoort daar nie n moord gepleeg te word nie. Onnodig e verlies

Leon ·

Nee, dis nie die verkeerde afdraai wat sy dood veroorsaak het nie. Mens is veronderstel om te kan verdwaal sonder gevolge in ‘n normale samelewing. Die skuim (wat onder Hoed se swak polisiëring maak net wat hulle wil), het hom vermoor. Sê dit soos dit is.

Miskruier ·

Isoleer dié buurte dat onskuldiges nie verkeerdelik daar in ry nie.

Magda ·

Volgend ANC gebeur dit nie hier nie. Dankie DA enigste PP wat Vir Alle SA opstaan.

Helene ·

Absoluut onaanvaarbaar! Dit kan net nie so gelos word nie. Die buiteland moet nou regtig hul stem dik maak.

Anna-marie ·

Die buiteland trek net hul skouers op en reik reiswaarskuwungs uit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die buiteland het hul eie probleme. Maak jy jou stem dik oor gebeure in Minyamar, onderdrukking van minderhede in Iran en China, of vroue se lot in Afghanistan? Suid Afrika is net nog ‘n land met probleme.

Kobus ·

Hulle máák hul stemme dik met graderingsagentskappe wat ons land na rommelstatus afkeur.

Yvonne ·

Hoe meer geweldadig die mense raak hoe meer simpatie kry hulle….so lyk dit my??????
Dit kan mos nie so aanhou nie!!!!

Leana ·

Ek hoop daar word eise teen SANTACO en die taxi eienaars ingestel vir al die skade wat hulle aangerig het asook die mense wat hul lewens verloor het. Hulle is vinnig om bakhandjie te staan as iets met hul mense en taxis gebeur, tyd dat hulle bietjie hoes.

christo ·

Hierdie was nie ‘n geval van roof nie, maar uit en uit ‘n rasse moord.

Danie ·

Ek hoop regtig sy familie versprei hierdie walglike daad in hul die lande. Die lande is al vir dekades blind en kan niks leliks in die oorgrote meerderheid van SA se bevolking sien nie. Ek hoop regtig dat almal in SA verstaan wat vrye assosiasie beteken en dat dit gerespekteer sal word as mense dit beoefen.

mattk ·

… en die edele dame de Lille gaan seker weereens aan die buiteland verkondig dat SA een van die veiligste besoekers bestemmings in die wêreld is. Die kaders en hul comrades sal niks hiervan sê nie want hulle word mos deur ‘n horde lyfwagte beskerm.

hpven ·

Die grootste twee probleme in die land is Malema en besluitlose Ramaphosa. Malema hits moord aan en Ramaphose keur dit stilswyend goed!

Zietsie ·

Ek woon al 26 jaar in Nederland en kom elke jaar na Suid Afrika. Ook ek het al twee keer die verkeerde afdraai by Kaapstad lughawe geneem. Misken beter en logiese rigtingwysers en dan voorkom mens dat iemand die verkeerde afdraai neem.

Kobus ·

Waarom is daar sprake van “verkeerde” afdraaie? Dóén iets aan die chaos, ANC!

Pieter ·

Welcome to SA, enjoy your stay because you might not be going home, moet elke stad in SA se welkom borde lees.

Vanessa ·

Welkom in Suid-Afrika. Hier is ‘n altyd ‘n water tekort, geen krag, hier word jy toegelaat om misdrywe te pleeg sonder enige tronkstraf. Verkragting en moord is deel van ons daaglikse bestaan. Stakings vind gereeld plaas dan word alles geplunder en gebrand sonder dat dit vervang word, omrede die land geldelik in sy dinges is. As jy bietjie wil lag gaan kyk wat in die parlament aangaan. Hier word haatspraak goedgekeur. Daar is net een ding wat nie hier geduld word nie is om ‘n vinger te verroer om jouself teen die misdadiger te beskerm, dan is die hel los. Ag klink dit nie te lekker om toeruste oor te nooi na ons pragtige land nie.

anko ·

Of daar word gou gou veranderinge aangebring sodat jy losgelaat word na 2 ure. Tronke oorvol. Was al die jare oorvol. Pasop hier kom weer n klomp losgelates wat net weer misdaad gaan pleeg om terug te gaan tjoekie toe vir gratis verblyf ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.