Gedagte vir die dag: Ontplooi sy banier

Argieffoto (Foto: Aaron Burden/Unspalsh)

“Mag ons juig oor u oorwinning, en baniere hys in die Naam van ons God. Mag die Here al jou gebede verhoor.” (Psalm 20:6)

Skrifgedeelte
Psalm 20:6 (NLV)

Oordenking
In hierdie verse gaan dit oor oorlog maak. Dawid skryf oor die oorloë van Israel, maar ons ken ook stryd in ons eie lewe, nie waar nie? Let op dat die stryd “in die Naam van ons God” gevoer word en dat die oorwinning deur Hom kom – dit is “u oorwinning”. Daarin lê vir ons ʼn sleutel. Ons moet leer om die gevegte aan die Here oor te laat.

Laat ons dus daarop fokus om God se stryd te stry – om sý vyand aan te pak, sý belange te bevorder, sý Naam te eer, sý koninkryk te laat kom. As ons God se stryd stry, sal ons oorwin – dit is vir seker so – en sal ons sý baniere oor die strydperk laat wapper.

Gebed

Here, stry my stryd soos U belowe het. Laat ek dan in u Naam u stryd stry. Amen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

OW ·

Begin by die sigbare Laeik,die Evangelies en dit gaan oor na die onsigbare,die Heilige Gees,wat dan die aanwesige word,wat nooit weer afwesig sal wees deur te glo nie.Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.