Zuma hoor glo vandag of hy moet teruggaan tronk toe

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma sal na verwagting vandag (Donderdag) nog weet of die tronkdeure weer agter hom gaan toeslaan.

Makgothi Thobakgale, nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), sal na verwagting Donderdag ’n aankondiging doen oor Zuma se toekoms as ’n vry man. Dit nadat die DKD vroeër gesê het dat die kommissaris teen 10 Augustus sy besluit bekend sal maak.

Sover dit die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein én die Pretoriase hooggeregshof aangaan, behoort die oudpresident terug te gaan tronk toe.

Die Konstitusionele Hof het verlede maand Zuma se verlof tot appèl met koste van die hand gewys en dus bevestig dat die mediese parool wat Arthur Fraser, die voormalige kommissaris van DKD, in September 2021 aan die oudpresident toegestaan het, onregmatig was.

Die appèlhof en die hooggeregshof in Pretoria het soortgelyke bevindinge gemaak.

Thobakgale kan egter nou besluit dat hy Zuma se vonnis as uitgedien beskou of hom terugstuur tronk toe.

Luidens berigte is die polisie in aanloop tot die kommissaris se aankondiging op hoë gereedheidsgrondslag geplaas.

Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het vanoggend by navraag egter aan Maroela Media gesê die polisie gaan eers ná die aankondiging kommentaar lewer.

Die Konstitusionele Hof het Zuma op 29 Junie 2021 tronkstraf vir minagting van die hof opgelê weens sy versuim om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig. Hy het sy gevangenisstraf op 8 Julie 2021 by die Estcourt-gevangenis begin uitdien, waarna die sogenaamde Julie-onluste van daardie jaar gevolg het.

Die oudpresident was eindelik twee maande agter tralies voordat Fraser hom op 5 September op mediese parool vrygelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Charles ·

Kyk, ek sal hoop meeste weet by hierdie tyd Zuma is die minste van ons probleme. Almal wat oor is.

Mnr De Beer ·

Elkeen wat in die tronk moet wees maar wat buite die tronk rond wandel is n probleem. Zuma of nie. As n persoon skuldig bevind word van n oortredig en die hof se hy of sy moet tronk toe gaan, dan moet hy of sy gaan. Dit is mos dan n probleem as hy of sy nie in die tronk is nadat die hof se hy of sy moet in tronk wees.

Charles ·

Hoekom is dit n probleem as Zuma nie tronk toe gaan nie? Wat gaan hy nou weer aanvang?

Mnr De Beer ·

Daar is te veel om op te noem. Wat ek wel vir u kan noem is as n persoon deur die hof skuldig bevind word en beveel word om tronk toe te gaan moet die persoon tronk toe. Daar is nie n ander verduideliking nie. Dit gaan mos n probleem wees as die skuldige persoon nie tronk toe gaan nie.

Charles ·

Jy behoort natuurlik te weet dat dit wel n probleem gaan wees as ALLE skuldige persone tronk toe gaan. Jy behoort dit te weet.

Mnr De Beer ·

Korrek. Skuldige persone wat deur die hof skuldig bevind word en deur die hof tronk toe gestuur word

Charles ·

Te veel white collar skelms word tronk toe gestuur en té veel mense dink tronke is die een en alomteenwoordige oplossing vir hulle. Laat hulle werk vir hul straf, onder toesig, tussen die publiek. Tronke behoort vir gevaarlike mense te wees.

Althes ·

Zuma is en bly ñ enorme probleem. Onder sy leiding het hy diep slote van verdeeldheid gekalwe deur gedurig wit mense te blameer in sy openbare toesprake. Onder hom het hierdie land ñ geweldige ekonomiese stryd ondervind wat nog steeds voortduur. Hy en die EFF is ewe erg.

Charles ·

Maar nou kan jy netsowel van die huidige president praat. En jy noem nog steeds nie hoekom dit gaan help indien jou aardsvyand tronk toe sal gaan nie.

Marius ·

Dit is belaglik dat die DKD twee howe se besluit kan verwerp en teen gaan. Dit spreek ook boekdele van wat sekere mense van die regsstelsel dink. Die man moet soos enige ander krimineel behandel word sonder gevolge van enige aard soos afbrand of afbreek.

Sobymykoolkop ·

Waarom nog verder geld en tyd mors? Los nou die oom dat hy op sy ou dag vrede kan hê.

Sandra ·

hy wil mos volgende jaar weer vir president staan, so hoe kan hulle hom nou in die tronk stop?

Nettie ·

Waarom? Omdat ons Christene is en die Bybel beveel ons om vir GEREGTIGHEID op te staan. Ons sal nie ophou net omdat party mense dink geregtigheid het ‘n tydsduur soos ouderdom nie.

Sobymykoolkop ·

Nee Nettie. Daar is in elkgeval nie regverdigheid nie. Is daar kans dat die verlore bates teruggekry gaan word? Nee. So wat sou die punt wees om nog meer belastingbetalers geld te mors?

MJLS ·

Net ‘n paar berigte voor hierdie een is ‘n persoon wat nog ouer as Zuma is gearresteer. Daardie persoon gaan ook beslis toegesluit word. Wát maak Zuma beter as die ander om nie tronkstraf te moet uitdien nie?

Andre ·

Met ‘n polisiemag wat nie eers die effe erger as gewoonlik onluste in die Kaap kan hanteer nie, wil jy jou lewe in volskaalse anargie waag net om te kan sê “so ja, nou is hy agter tralies”? Wat gaan verbeter in die normale persoon op straat se lewe as hy tronk toe gaan?

Aai ·

Niemand is bo die hoogste hof hoe kan iemand van korrektiewe dienste laaste besluit he hoe?

Jaco ·

Die ANC-regering se appèlhof sê die oud ANC-president moet terug na ‘n tronk wat deur die ANC-regering beheer word. Sou dit gebeur, dan kom klomp ANC-ondersteuners in opstand en word dan verjaag en gevang deur die ANC-regering se polisie.
Die hele zuma saak is ALLES net ANC. Sekerlik kon dit lankal binne die ANC-huis opgelos gewees het.
Lyk my die ANC het NIKS tydens hulle ballingskap jare in kommunistiese lande in Europa geleer nie. Party en staat was EEN daar. Goed soos dié Zuma ding sou nooit daar gebeur het nie.
En net terloops: daardie kommunistiese lande was ook SONDER goed soos:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys standaarde
Min of geen munisipale dienslewering
En en en
Daardie lande was VEEL beter as die huidige SA

Charles ·

Waarom is tronke daar? En hoe vol kan n tronk? En wat baat ons wanneer n nie geweldadige krimineel tronk toe gaan? Ek sien die volkere gil dat mense moet tronk toe gaan. So asof dit ooit n verskil gemaak het. Ek glo geweldadige aanranders en ander soortgelyke misdade moet tronk toe. Die ander kan werk vir hul vergifnis tussen die publiek onder toesig.

Mnr De Beer ·

Tronke is daar om persone te akkomodeer wat skuldig bevind is deur die hof. Of die tronk vol is of leeg is, n krimineel moet tronk toe. Die ander kan mos werk vir hul vergifnis in die tronk. Moes daaraan gedink het voor hulle die wet verontagsaam het.

JohanR ·

Maar ‘n hof en ‘n regeter het gese hy MOET terug gaan tronk toe. Wat het die departement van korrektiewe dienste (DKD), nou met die saak te doen. Sekerlik al wat hulle moet doen is die tronk deur oopmaak?

Vonkprop ·

Ek glo nie vir ‘n sekonde dat hy twee maande in die tronk was nie. Waar is foto’s of videos om dit te bewys? Ek kan ook met groot duur karre by ‘n tronk opdaag en voorgee iemand word afgelaai. Almal werk baie mooi saam om Zuma te beskerm. Hy moet sy volle termyn uitdien.

Koen ·

Tyd dat ons besef dat zuma is veel slimmer as ons. Hy sal nooit tronk toe gaan nie. Aanvaar dit, bou ‘n brug en word slim.

liesl ·

Hierdie is ‘n baie laaaat April fool grappe wat hulle wil he ons moet glo!

Mnr De Beer ·

Tronke is daar vir die wat skuldig bevind word deur die hof vir n wet oortreding en beveel word deur die hof om tronk toe te gaan. As Mnr Zuma tronk toe moet gaan moet hy gaan sit. Wat maak hom beter as enige ander persoon om as skuldige nie tronk toe hoef te gaan nie? Die skuldige kan hul vergifnis verwerk in die prop vol tronk. Die land gaan juis agteruit oor kriminele wat nie in die tronk is nie.

Johann ·

Watter provinsie gaan die skelm selfsugtige magsmal ANC kader de keer laat plunder? En ons weet tot vandag toe nie watse “siekte” die kameraad onder lede het nie?

Hannelie ·

In your dreams. Hy gaan seker weer kastig te oud en siek wees om tronk toe te gaan.

Anel ·

Wat ek nie kan verstaan nie, hoe hoe kan DKD die howe weerspreek? Wat is dan die doel van die howe, as die besluit ‘n krimineel moet ‘n sekere tyd tronk toe gaan en die DKD kom en besluit anders? Wie is hulle ook om appel aan te teken teen iemand se vonnis! Is hulle nie veronderstel om na die misdadigers in hul tronke om te sien nie? Of verstaan ek nou die hele spul verkeerd?

Nettie ·

Hoe besluit een persoon hieroor? Is daar nie wette rondom so iets wat gevolg MOET word nie?

Carolina ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar nog mense is wat vasthaak op Zuma!! Konsentreer asselbief op wat vandag gebeur soos vrouens wat vee diewe en “n boer wat onwettige Zama Zamas by polisie te raporteer en hulle vind hulle in die tronk! Die ou wat die brand in die parlement in Kaapstad miljoen skade veroorsaak het is nou nie instaat om te getuig nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.