Altesaam 63 Israeliese gyselaars glo teen Sondag vrygelaat

ʼn Skermskoot uit ʼn video wat deur Hamas vrygestel is, wys hoe ‘n Israeli gyselaar vrygelaat word. (Foto: Alex MITA/Hamas/AFP)

Altesaam 63 Israeliese gyselaars is glo teen Sondag deur Hamas vrygelaat, aldus ’n berig deur AFP.

Na raming is sowat 175 gyselaars, onder wie vroue en kinders, steeds in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig dat ’n wapenstilstand tussen Hamas en Israel Vrydag in werking getree het – onder meer om 50 Israeliese gyselaars en 150 Palestynse gevangenes vry te laat, asook om humanitêre hulp in te kry.

Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, het aan Maroela Media verduidelik onderhandelinge om nóg gyselaars vry te laat, kan tot ʼn kort verlenging van die stilstand lei.

Israel het vroeër aangedui dat hy die vier dae lange wapenstilstand met ’n een dag sal verleng vir elke tien gyselaars wat Hamas bykomend tot die ooreengekome 50 gyselaars vrylaat.

AFP berig dat 13 Israeliese gyselaars glo Vrydag vrygelaat is, en nog 13 Saterdag. In ruil daarvoor het Israel 39 Palestynse gevangenes vrygelaat.

ʼn Verdere 39 gevangenes is Sondag deur Israel vrygelaat, terwyl Hamas 39 gyselaars vrygelaat het.

Nog gyselaars is later Sondag deur Hamas vrygelaat, wat die totaal op 65 te staan bring. Die gyselaars sluit bejaardes, vroue en kinders in.

Kleynhans het vroeër aan Maroela Media gesê dat die wapenstilstand egter net tydelik is en allermins beteken dat die oorlog en geweld nou verby is.

“Israel sê Hamas moet vernietig word, en dat hy [Israel] nog nie klaar is om Hamas en sy infrastruktuur te vernietig nie. Dit sluit in Hamas se tonnels en plekke waar wapens vervaardig word. Natuurlik ook die doodmaak van Hamas se senior leiers.

“In dié opsig sê Israel dus dat die oorlog ná die wapenstilstand sal voortduur,” het Kleynhans gesê.

  • Bykomende bron: AFP

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Nou vra ek jou, wasr lê die regverdigheid hier in??? Israel word nou as die sondebok uit gemaak! Hoekom kan al die gyselaars aan weerkante, nie vrygelaat word nie? Ek vermoed meeste wat in Israel asngehou word is Hamas moordenaar en teroriste. Hulle moet bly. Maar die Israel gyselaars, onskuldiges moet ALMAL vry gelaat word. Ek kan nie verstaan dat die wêreld so siek is om nog terorisme goed te praat nie!!! Om nie eens van die anc te praat nie en dat sê dat SUID AFRIKA Hamas ondersteun nie!!!!!

Schalk ·

Ek is 100% agter Israel, ek hou net nie van die telbord op hierdie stadium nie. Hamas 1- Israel 0. Tussen Biden in sy volwasse doeke en Qatar, kan n mens verwag dat Israel nerens gaan kom met die onderhandelinge nie. Qatar finansier Hamas en Biden kan nie onthou wie of wat Israel is nie.

Fanie ·

Kyk alle sake het twee kante, en Ek gaan nie op die geskiedenis in gaan nie. Maar daar is geen verskoning vir die ontvoering van kinders en oumense nie. Hulle is lafhartig. Maar hulle het geweet wat hulle doen, en hetnie verwag dat Israel en die wereld so verdoemend sou optree nie. Ek steun Israel, maar ek wil vir hulle vra om met meer omsigtigheid op te tree, hoe moelik dit ook al mag wees. israel moet versigtig wees dat hulle nie met selfde teerkwas as Hamas geverf word nie. Wat my verstand te bowe gaan is dat mense nie besef dat Hamas en hulle ondersteuners ‘n gevaar vir hele wereld in hou nie – nie net Israel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.