“Dit is ondanks die feit dat die nasionale regering geen bydrae gelewer het tot rampfinansiering nie, weens rampspoedige begrotingsbesnoeiings.”
Lees meerAlles vir Maandag 4 Desember 2023
Dodetal styg ná oorstromings in Tanzanië
Minstens 57 mense is dood en talle meer moontlik vasgekeer onder puin ná grondstortings en oorstromings weens swaar reën in die noorde van Tanzanië.
Drankhandelaars verwerp tabakwetsontwerp
“Dit is onuitvoerbaar in die township-ekonomie, sal groot skade vir klein ondernemings veroorsaak, en die betrokke partye is nie behoorlik gekonsulteer nie.”
Sewe stropers in Pelgrimsrus betrap
Die karkasse sou na bewering aan onwettige mynwerkers in die gebied verskaf word.
Motor ploeg deur Ballito-restaurant
ʼn Motor het Maandagmiddag deur ʼn restaurant by ʼn winkelsentrum in Ballito in KwaZulu-Natal geploeg.
Kieswet-uitspraak: Soet en suur vir onafhanklike kandidate
Die Konstitusionele Hof het bevind dat die Kieswet se setelverdeling in die Nasionale Vergadering nie ongrondwetlik is nie. Die hof het wel ten gunste van onafhanklike kandidate beslis oor die aantal handtekeninge wat dié kandidate nodig het om aan ʼn verkiesing deel te neem.
Regulasies oor skoolbeheerliggame dop toets
Solidariteit is nie net gekant teen die voorgestelde wysigings aan beheerliggaamregulasies vir openbare skole in Gauteng nie – die organisasie meen ook dit is ongrondwetlik.
Luister: So het ToekomsVenster begin
Sowat twee jaar gelede is die opsigter, sy vrou en seun op ʼn vakansie see toe gestuur. Vir mense wat nie eers die binnekant van die nabye winkelsentrum ken nie, was dit ʼn lewensveranderende ervaring.
Afrikaanse Liedjietuin blom al 10 jaar
Vandag kan besoekers 55 liedjieborde, waarop groot geeste in die Afrikaanse musiekbedryf se lirieke pryk, en 200 unieke roosvariëteite in dié tuin besigtig.
Indeks wys watter wyn is ‘beleggingsbate’
ʼn Dosent in Finansiële Risikobestuur sê hulle het vyf jaar se data van 30 goeie wyne in die navorsing gebruik om ʼn indeks van SA se beste tien wyne te skep.
Bavuma gaan witbal-reeks teen Indië misloop
Krieket Suid-Afrika het Maandag die groepe vir die T20- en eendagtoer aangekondig, en sommige gesoute spelers uit die komende multiformaattoer in Suid-Afrika weggelaat.
Hoës in motorbedryf begin waarsku
Groot kommer bestaan oor die toekoms van Suid-Afrika se motorvervaardigingsbedryf veral omdat die regering nie betroubare krag of doeltreffende verskepingsnetwerke kan waarborg nie.
Saak teen Ballito-ma wéér uitgestel
Madelein Ackerman (45), die ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar kleuter in ʼn emmer water verdrink het, sal tot en met haar volgende hofverskyning in aanhouding bly.
Vermiste Bloem-tiener se liggaam gekry
Die liggaam van ʼn tienermeisie van Rocklands in Bloemfontein wat vermoedelik ontvoer is, is Maandag gekry.
Spotify sny rieme dunner; verloor nóg werkers
Soveel as 1 500 werknemers word deur dié besluit geraak.
Beredder jou finansies met Skuldhulp na ʼn skuldvrye toekoms
Die las van skuld kan oorweldigend wees en jou emosioneel en finansieel ontwrig. Vir baie Suid-Afrikaners is dit ‘n nagmerrie wat hulle ondervind, maar daar is ‘n lig aan die einde van die tonnel.
Geen borgtog vir man na wie Amerikaners in SA soek
Volgens die Amerikaanse federale dwelmpolisie (DEA) was Rahul Jaiswal se onderneming glo betrokke by die onwettige invoer en verspreiding van voorskrifmedisyne met verkeerde handelsmerke wat aan kliënte in die VSA verkoop is.
Finansiële las van klimaatsverandering moet deur skuldiges gedra word
Pres. Cyril Ramaphosa sê die behoefte om Suid-Afrika se energiesektor koolfstofvry te kry het selfs dringender geword in die lig van koolstofbelasting en ander maatreëls “wat deur ontwikkelende ekonomieë ingestel is in die stryd teen klimaatsverandering”.
Buhai bobaas in Australië
“Dit is ʼn lekker gevoel om die jaar op ʼn hoogtepunt af te sluit. Ek kan nou lekker gaan uitspan,” het Suid-Afrika se Ashleigh Buhai ná die sege gesê.
Luister: Moenie skuldig voel oor geliefde se drinkgedrag
“Die eerste ding wat ek vir hierdie geliefdes wil sê, is dat dit nie hulle drinkgedrag is nie. Dit is die persoon wat te veel drink se gedrag.”