Luister: Moenie skuldig voel oor geliefde se drinkgedrag

“Baie mense voel skuldig oor ʼn vriend of geliefde se drinkgedrag. In die huwelik, byvoorbeeld, wonder lewensmaats dalk wat hulle aandeel in die ander persoon se drinkery is? In gesinne, sal kinders dalk partykeer wonder wat hulle verkeerd doen dat pa of ma so baie drink?

“Die eerste ding wat ek vir hierdie geliefdes wil sê, is dat dit nie hulle drinkgedrag is nie. Dit is die persoon wat te veel drink se gedrag. Jy het geen skuld daaraan nie, trouens, dit is onregverdig wat besig is om met jou te gebeur.”

Dit is Willie Pienaar se boodskap en woorde van bemoediging aan vriende of familie wat aan ʼn persoon se drinkgedrag blootgestel en daardeur beïnvloed word.

Hy sê verder dat die pad na genesing by erkenning en herkenning van die probleem begin, en dat die persoon wat van alkohol afhanklik is uiteindelik self verantwoordelikheid vir sy of haar gedrag én die situasie moet neem.

“Daar is professionele hulp en behandeling, maar dan moet die persoon wat alkoholprobleme het, eers self besef dat hy of sy iets daaromtrent sal moet doen.

“Geliefdes moet nie moed opgee of verskoning vir daardie persoon se gedrag soek nie, want dan gaan die wat afhanklik is, nie gemotiveer of aangemoedig word om verantwoordelikheid vir alkoholmisbruik te neem nie.”

In die laaste aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik gesels Willie oor die pad na genesing. Die reeks is gegrond op Pienaar se boek, Sober: ʼn Praktiese gids na vryheid van verslawing, wat deur Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, uitgegee is.

  • Luister boaan na die sewende episode van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.
  • Sober kos R240 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.