Saak teen Ballito-ma wéér uitgestel

Die landdroshof in KwaDukuza. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Madelein Ackerman (45), die ma van Ballito wat teregstaan vir die moord op haar vierjarige dogtertjie, het Maandag weer in die streekshof in KwaDukuza verskyn.

Die saak is egter opnuut uitgestel.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal, sê die saak is tot 29 Januarie vir ʼn voorverhoorkonferensie uitgestel.

Ackerman bly intussen in aanhouding.

Aanklaers het vroeg verlede jaar al aangedui dat Ackerman na verwagting skuldig sal pleit, maar dit het nog nie gebeur nie. Maroela Media het ook in Oktober verlede jaar berig dat die ondersoek na die voorval reeds afgehandel is.

Ackerman word daarvan beskuldig dat sy haar dogtertjie, Layla, op 26 April verlede jaar in ʼn emmer water by hul huis in Ballito verdrink het. Haar man, Layla se pa, was nie in daardie stadium tuis nie.

Die kind se hande was vasgebind en nooddienswerkers het haar by die huis dood verklaar.

Ackerman het ná die gebeure glo aan die polisie gesê dat die dogtertjie moeilik was en haar gepla het. Sy is sedert haar aanvanklike inhegtenisneming in die Westville-gevangenis.

Haar voormalige regsverteenwoordiger, Alistair Janssens, het verlede jaar in die hof gesê dat Ackerman deur haar hele familie ondersteun word.

Janssens het homself aan die begin van die jaar amptelik aan die saak onttrek, en Ackerman het aangedui dat sy ʼn nuwe regsverteenwoordiger aangewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bekkie ·

Ag nee, dit is so siek – hoekom moet sulke siek mense kinders he?

Cindy ·

Om sulke tipe berigte te lees is hartverskeurend. My dogtertjie is 4 en ek kan nie my indink om so iets te doen nie. Veral nie met die belaglike verskoning van dat sy my pla nie. Wat kan so belangrik wees dat jou kind jou pla. Op 4 is hulle bedrywig en soek verskriklik aandag maar dis jou voorreg en plig as ma om in jou kind se behoeftes te voorsien.

skurweberg ·

Omdat hulle deur toelae vanaf die regering aangemoedig word. “Menseregteskendings” Daar is nie werk nie. Bid dat hulle oe sal oopgaan voor Des. 2024

Because they are encouraged by grants from the government. “Human rights violations” There is no work. Pray that their eyes will be opened before Dec. 2024

Hendrik ·

Ek kan my nie indink dat daar in die lewe sulke moeilike omstandighede kan wees om jou te beweeg tot so n daad nie.
Wat is in n mens om selfs onder sulke omstandighede nog wil aandring op regsverteenwoordiging?

Jillian ·

Ek weet dis net die joernalis se werk om die berigte te plaas en die media se inkomste en bestaan. Maar as ek elke keer weer sulke berigte lees krap dis soveel ou wonde oop en dan is ek sommer weer van voor af omgekrap en hartseer. Dis hoe ‘n mamma hart voel wat haar eie klein dogtertjie het en haar teen al die boosheid in die wêreld wil beskerm:(

Sues ·

Ek kan nie glo haar familie ondersteun haar nie, so hulle dink sy het die regte ding gedoen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.