Soorte resepte:

Resep: Kiwi-braaihoender met brandsous

Kiwi-braaihoender. (Foto: SAMFA)

Toets jou braaivernuf met hierdie unieke hoenderresep. Die peri-peri-sous kan ʼn dag of twee vooraf gemaak word.

Bestanddele

Brandsous

  • 1 rooi brandrissie, ontpit en in groot blokke gesny
  • 1 rooiui, geskil en in kwarte gesny
  • ½ t paprika
  • ½ t gerookte paprika
  • ½ t cayennepeper
  • 1 t sout
  • ½ t koljanderpoeier
  • 2 knoffelhuisies, geskil
  • 2 rissies, ontpit
  • 2 rooirissies, ontpit
  • 4 e olyfolie
  • ¼ t witpeper
  • ¼ t rissievlokkies
  • ¼ t roosmaryn
  • 1 e rooiwynasyn
  • skil van 1 suurlemoen
  • 1,5 t suurlemoensap

Hoender

  • 1 oopgevlekte hoender (butterfly hoender)
  • 4 medium rooiuie, geskil en in kwarte gesny
  • sout

Peri-peri-room

  • 2 e peri-peri-sous
  • 2 e Griekse jogurt

Metode

Brandsous

  1. Verhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die rooi brandrissie, rooiui, paprika, gerookte paprika, cayennepeper, koljanderpoeier, knoffel, rissies, sout en 3 eetlepels olyfolie in ʼn mengbak.
  3. Plaas die mengsel op ʼn bakplaat in die oond en bak vir 20 minute.
  4. Verwyder dit uit die oond, laat dit afkoel en plaas dit in ʼn mengbak. Voeg die res van die bestanddele by die mengsel en meng totdat dit glad is.

Hoender

  1. Verhit ʼn ketelbraai tot matige hitte.
  2. Droog die hoender met ʼn papierhanddoek af en plaas die hoender met die vel na bo in ʼn aluminium braaibak.
  3. Besprinkel die hoender goed met ʼn ¼ koppie van die peri-peri-sous. Laat dit vir ongeveer 30 minute by kamertemperatuur marineer.
  4. Plaas die rooiuie rondom die hoender en geur met sout.
  5. Braai die hoender in die ketelbraai vir ongeveer 45 minute, totdat die sappe van die hoender helder is.
  6. Terwyl die hoender kook, meng die bestanddele vir die peri-peri-room saam.
  7. Bedien dit warm saam met peri-peri-room en ʼn groenslaai.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.