Te min geld vir junior dokters, maar staat wil NGV bedryf

(Argieffoto)

Die regering se “vals stellings” oor die stand van die gesondheidsektor in sover dit die dokters wat hy in diens neem betref, laat gevaarligte flikker as dit kom by die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Volgens Solidariteit het dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, gesê daar is geen tekort aan dokters in die land nie en dat die departement inteendeel “op die oomblik sukkel om al die dokters wat kwalifiseer werk te gee”.

Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê die ware rede vir die versuim om dokters te plaas is eerder ʼn tekort aan geld om al dié dokters te betaal.

Maroela Media het vroeër berig dat nie alle mediese interns wat die departement se internskap-en-gemeenskapsdiensprogram (ICS) voltooi het geplaas is vir hul verpligte gemeenskapsdiensjaar nie. Dit is omdat daar probleme met befondsing vir dié mediese personeel is.

“Dit is duidelik dat die departement van gesondheid ernstige finansiële en bestuursuitdagings ervaar, wat lei tot ʼn onvermoë om afgestudeerde gesondheidsorgwerkers te plaas,” sê Du Buisson.

“Dit is die kernprobleem wat dr. Crisp kies om te ignoreer.”

Du Buisson sê die probleem strek egter verder as die kwessie van werkloosheid en frustrasie by jong dokters. Die versuim om dokters weens finansiële uitdagings nie te plaas nie, het “natuurlik ook ʼn impak op toegang tot gesondheidsorg vir miljoene Suid-Afrikaners, veral in gemeenskappe waar dokters in hul gemeenskapsdiensjare die enigste beskikbare dokters is”, sê hy.

Hoewel Crisp aanvoer dat daar geensins ʼn tekort aan dokters is nie, sê Du Buisson dit is bloot onwaar. Suid-Afrika het wel ʼn ernstige tekort aan dokters.

“In Kanada is daar 2,77 dokters per 1 000 pasiënte en daar word dit as hopeloos te min bestempel. In Suid-Afrika is die verhouding 0,8 dokters per 1 000 pasiënte,” sê hy.

“Baie dokters het boonop reeds gesê dat hulle onder die NGV-stelsel sal emigreer.

“Hierdie probleem met die plasings van jong dokters sal ook nie deur die NGV opgelos word nie. Tog kan dit verbeter word deur dokters toe te laat om hul gemeenskapsdiensjare in die private sektor te voltooi en om die private sektor toe te laat om dokters op te lei.”

Solidariteit het intussen ʼn beroep op die regering gedoen om dringend strukture daar te stel om dokters geplaas te kry.

“Solidariteit hoop ook dat hierdie toedrag van sake, wat jaarliks herhaal, ʼn wekroep vir die regering sal wees om hom van die NGV te laat afsien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Blikkies ·

Die Adjunk Direkteur Generaal moet eerder vir hom ‘n ander job gaan soek.

Karoo ·

Dis net ‘n “voor die stem” foefie…. net jammer mense is dom genoeg om dit ook te glo.

Karoo ·

Stuur die Cubaanse Dr. terug dat ons eie mense werk kan kry. As die Dr’s nie hulle “Zuma” jaar doen noe, kwalifiseer hulle nie en kan hulle dus nerens anders werk nie. Hoe betaal hulle dan hulle studie gelde terug?

Waarnemer ·

En cyril gaan na Soliraditeit luister en die ngv laat vaar!!!Dream on….net soos die DA droom om ministers afgedank te kry….

Johanncb ·

Ek vermoed Dr Crisp is self ‘n ANC-kader! Met súlke persone in beheer, kan géén gesondheidstelsel slaag nie!

Euodia ·

Alle stelsels wat hulle wil instel is ‘n groot gemors. Ramsposie weet nie wat in die land aangaan nie en dan steek hy sy neus in ander lande se sake.

Casper ·

Onthou net dat die NGV ‘n nuwe bron van inkomste is vir Ramarama en sy korrupte,geldgierige en patetiese kaders.

Johann ·

Dis maklik. Die ANC gaan jou beperk om siek te wees. Sulke kwotas uitgee van wanneer mag wie wat makeer. Die duurste verkiesings foefie ooit!

piet ·

Ek het iewers gehoor dat ‘n dokter wat sy hospitaaljaar doen, ‘n salaris van R60000 ‘n maand deur die departement betaal word. Mense. as dit so is, is dit ‘n verskriklike salaris vir ‘n beginner wat nog nie eers praktiese ondervinding het nie. Daar is geen manier dat so ‘n dokter daai salaris in die privaatsektor op intreevlak by ‘n privaatpraktyk waar hy dalk gaan werk. sal verdien nie. Geen wonder die departement het nie geld nie.

Johann ·

So ek neem aan Dr Crisp en sy kamerade in die ANC se mags mal kripvreet kader status gaan ook nie omgee as hulle nie betaal word nie? As ALS dan vorhniet es…kan hy en hulle ook mos vorhniet “werk”.

Martie ·

Eerstens Dr Crisp is al lank verby sy vervaldatum, hy sit en aas nou ook vir na ure geld deur die NGV wat hy as praktisyn wat jare in die staat en privaat gewerk het en weet nie gaan slaag nie te adverteer. In hierdie land is hopeloos te min dokters werksaam in die staatshospitale en klinieke, dit getuig die rye en rye pasiente tog van. Dan wat die salaris van die interns aanbetref ek dink jy sit die pot ver mis, maar indien dit wel so is wil ek maar net se dit is die salaris van ‘n ambagsman en nog meer en dis presies wat hulle is na 7 jaar van leer, professionele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.