Ses vas oor AKA-moord, nog een gesoek

Kiernan “AKA” Forbes en die sjef en sakeman Tebello “Tibz” Motsoane is op
10 Februarie verlede jaar buite ʼn bekende restaurant in Durban doodgeskiet. (Foto: Instagram)

Ses mense is aangekeer in verband met die opspraakwekkende moord op die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes en die sjef en sakeman Tebello “Tibz” Motsoane. Die twee is op 10 Februarie verlede jaar buite ʼn bekende restaurant in Durban doodgeskiet.

Die polisie het laat Dinsdagaand bekend gemaak die 35-jarige musikant is van die Durbanse lughawe tot by sy hotel in Umhlanga en daarna tot by die Wish-restaurant waar hy en Motsoane (34) doodgeskiet is, gevolg.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiehoof in KwaZulu-Natal, sê die verdagtes het verskillende rolle in die sluipmoorde gespeel. Dit sluit in die “koördineerder”, twee skieters, twee mense wat uitkyk gehou het – ook deur Forbes van die lughawe te volg en vanuit die restaurant dop te hou – asook die persoon wat na bewering die voertuie en vuurwapens voorsien het.

Vier van die verdagtes word ook met ander moordsake verbind. Twee van die ses is in Eswatini (voorheen Swaziland) aangekeer en moet nog na Suid-Afrika gebring word. Daar word steeds na ʼn sewende betrokkene gesoek.

Die polisie het vroeër gesê hulle het die moordwapen en die voertuie wat tydens en ná die moord gebruik is, opgespoor, maar in daardie stadium is geen inhegtenisnemings nog gedoen nie.

Vier van die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Durbanse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Prinses Bella ·

Hoekom word dit nooit bekend gemaak wat die motiewe vir sulke georganiseerde misdade is en wie die hoofbrein daaragter is nie? Komaan, ‘n kletsrymer en ‘n chef…dis absolute waansin. Patetiese Mbeki wat geen handvatsel of beheer oor georganiseerde misdaad in die land het nie.

Piet 6 ·

@Prinses Bella, wat het Mbeki hiermee te doen? Jy bedoel seke Beki Cele

George ·

@bella, verskeie redes hoekom hulle nie nou al sal se nie. Daar kan moontlik grootter ondersoeke wees wat tans plaasvind, name kan nie bekend gemaak word voor hul nie gepleit het nie, nog minder van die “hoofbrein” as daar geen direkte evidence is wat gelink kan word nie. So ook moet daar seker gemaak word daar is genoeg om hof toe te kan gaan. Daar is baie redes ook vir sulke moorde, kan enige iets wees van geld tot verhoudings. Kyk ook so na die Tupac moord. AKA was baie gewild.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.