Volgens onbevestigde gerugte is daar reeds goedkeuring vir die mynregaansoek toegestaan, maar volgens AfriForum word dié goedkeuring nog geheim gehou.
Lees meerAlles vir Woensdag 6 Maart 2024
Verdagtes in Joslin Smith-verdwyningsaak Donderdag in hof
Die Wes-Kaapse polisiehoof, lt.genl. Thembisile Patekile, en die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sal onder meer die hofverrigtinge op Vredenburg bywoon.
Hlophe, Motata formeel as regters verwyder
Die Grondwet laat geen ruimte vir die president anders as om ʼn regter uit die amp te verwyder sou tweederdes van LP’s ten gunste van ʼn resolusie daarvoor stem nie.
Foto’s: Faf se baba is hier: welkom, klein Remi-Ré
Die stralende paartjie het pragtige foto’s gedeel van hul babadogtertjie wat verlede week, effens vroeër as verwag, gebore is.
Stapelberg bly agter tralies
Nadine en Ruandré Terblanche is in November verlede jaar in hul huis in Randhart, Alberton, vermoor. Nadine se lewensmaat, Freddie Stapelberg, is kort daarna in verband met die dubbelmoord aangekeer.
Britse Ope maak geen toegewings vir LIV-spelers
Punte op die wêreldranglys is nie beskikbaar vir spelers wat by die omstrede Saoedi-wegbreektoer aangesluit het nie – en dit maak dit toenemend moeilik om op daardie manier vir die Britse Ope te kwalifiseer.
Jong rugbyspeler sak langs veld inmekaar, sterf
Die 16-jarige Kaiden Bowie, ʼn leerder aan Jeppe High School for Boys is glo kort ná sy span se wedstryd teen Hoërskool Die Anker dood.
Fase 4-beurtkrag gou weer ingestel
Die kragvoorsiener sal Vrydag ’n vooruitsig vir die naweek gee.
ToekomsVenster: Waar is die vissie?
Feit van die saak is dat ek al ʼn geruime tyd voel die Here sê die fase het verbygegaan. Ek hou vas maar Hy wil iets nuut doen. Die Here sê, Hy is ernstig, al moet Hy met my praat deur die vis wat nie meer daar is nie.
Neef en niggie glo in Noordwes ontvoer
Die polisie in Noordwes is op soek na drie verdagtes wat glo ʼn niggie en haar neef by ʼn skool in Brits ontvoer het.
KTM se buksie word groot
Hier tussen 300 cc en 500 cc is daar heelwat skitterende fietse wat jou van oor tot oor sal laat grynslag sonder om die bank te breek. Een so fiets is die KTM 390 Duke wat ’n vars nuwe baadjie gekry het vir 2024.
Shoprite steeds tops
Dié kleinhandelreus het vandeesweek bekend gemaak dat hy in die tweede helfte van verlede jaar nie minder nie as R121 miljard met verkope verdien het – ʼn indrukwekkende styging van 13,9%.
Vrotsige polisiekantoor: Openbare werke wil ingryp
Die ministers het die ondersoek verwelkom om “soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed”.
Video: Oud-Bittereinder Devon wil nou vir álle SA’ners veg
“Ons is geduldig, maar hoor my lied, die UIM sal die nuwe leierskap van Suid Afrika wees.”
Wen: Deel jou gesin se hartskos en wen ʼn resepteboek
Omdat Gesinsdag (1 April 2024) om die draai is, wil ons graag een gelukkige Maroela-leser bederf met ʼn Huis-huis-resepteboek sodat jy jou gesin en hartsmense kan bederf met van die lekkerste etes!
Mazda SA staak invoere van BT-50
Mazda sê dié bakkie het nie noemenswaardige aftrek gekry nie, veral nie in Suid-Afrika met sy geweldige mededingende dubbelkajuitmark nie.
Maroela se Bruid van die jaar: Wen ʼn tweede wittebrood
Skryf in as Somerbruid en staan die kans om ‘n tweede wittebrood te wen!
Twee doodgeskiet wat KZN-familie glo afmaai
Die polisie in KwaZulu-Natal het twee vermeende moordenaars doodgeskiet wat na bewering op die vlug geslaan het.
Hof beslis teen aansoek oor Covid-entstof
Die applikante het in die hof aangevoer dat hulle “vreemde en ongewone” mediese toestande opgemerk het onder diegene wat ingeënt is.
Luister: Jo Black oor rol as vlerksleepvriend, nuwe musiek en buitelandse konserte
“Agter die skerms is dinge snaaks en my raad is meer direk, maar as die kameras rol, kies ek my woorde mooi om nie te klink of ek hom te hard uittrap nie, maar ook dat dit nie moet klink asof ek ʼn gunsteling het nie.”