Foto’s: Faf se baba is hier: welkom, klein Remi-Ré

Faf de Klerk en sy vrou, Miné, kort voor klein Remi-Ré se geboorte. (Foto: Instagram)

Die Springbok-held Faf de Klerk en sy vrou, Miné, het Woensdag die eerste foto’s van hul pasgebore babadogtertjie gedeel.

Luidens ʼn plasing op die glanspaar se Instagram-rekening is klein Remi-Ré de Klerk verlede Dinsdag (27 Februarie) op 37 weke en vier dae gebore. Sy was 48 cm lank en het die skaal by geboorte op 2,85 kg laat stilstaan.

Talle boodskappe van gelukwensing het reeds ingestroom vir Faf, ʼn kookwaterskrumskakel en Miné, ʼn apteker van beroep.

Die paartjie het pragtige swart-wit foto’s gedeel van die twee van hulle net voor die kleinding se geboorte in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein – van die stralende ouers met hul baba kort ná haar geboorte en weer net voor ma en baba uit die hospitaal ontslaan is. Op dié foto lê ʼn slapende Remi-Ré in haar pa se arms.

“Ons is lief vir jou,” lui die inskrywing by die foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anna84 ·

Ek is nou nie ‘n groot “star struck” tipe mens nie, maar ek het soveel respek vir bekendes wat graag spog met hul kleintjie. In my jonger dae het jy net gehoor die baba is gebore en dan word hulle duisende rande betaal vir ‘n tydskrif se voorblad. Dis verblywend om te sien dat geld nie noodwendig vir almal, als is nie. En mense mag dalk sê gun hulle hul privaatheid… glo my ek doen, maar as jy jouself oopstel vir die publieke oog, moet jy maar ook verstaan mense gaan graag nuuskierig wees. Daarmee bedoel ek nie jy moet jou kind in die openbaar in ‘n winkelsentrum op “display” gaan sit nie, maar die publiek is saam met hulle bly en dankbaar en dit sê soveel van hulle dat hulle bereid is om dit met ons te deel. Baie geluk met die kleinding, mag sy vir julle baie vreugde verskaf!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.