Verdagtes in Joslin Smith-verdwyningsaak Donderdag in hof

Joslin Smith (6) van Saldanhabaai word sedert verlede Maandag vermis. (Foto: Facebook)

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat mense wat vroeër in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslin Smith vir ondervraging ingeneem is, Donderdag in die landdroshof op Vredenburg sal verskyn.

Die Wes-Kaapse polisiehoof, lt.genl. Thembisile Patekile, en die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sal onder meer die hofverrigtinge bywoon.

Maroela Media het vroeër berig twee mans en twee vroue, tussen 26 en 34 jaar oud, is in verband met die dogtertjie se verdwyning vir ondervraging ingeneem. Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het vroeër ook aangedui nóg inhegtenisnemings kan dalk binnekort volg.

Joslin het op Maandag 19 Februarie in die Middelpos- informele nedersetting by Diazville in Saldanha oënskynlik spoorloos verdwyn.

Die gr. 1-leerder aan Diazville Primêre Skool se ma, Kelly, het haar ʼn dag later as vermis aangemeld.

Smith het Joslin glo op 19 Februarie in haar kêrel, Jacquin Appollis, se sorg gelaat nadat die dogtertjie na bewering siek gevoel het. Smith kon ook aanvanklik glo nie vir Appollis opspoor nie en toe hy later opdaag, kon hy glo nie sê waar Joslin is nie.

Die soektog na Joslin is die afgelope week verskerp nadat daar oor die naweek items gevind is wat nou vir forensiese ontleding gestuur is. Saterdagaand is daar tydens een van die vele soektogte na Joslin op bebloede klere in ʼn oop veld in die gebied afgekom.

Joslin is egter steeds nie gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andrè ·

Was van die begin af ñ slang in die gras,geen trane,emosie of iets dergeliks nie. Wat word van die mensdom

Miena ·

Ek hoop van harte dat een van die persone sal vorendag kom met bruikbare info.

Ore ·

Ons stem almal saam dat bendes ‘n enorme probeem is , maar nou die vraag. Waarom word bendes nie betrokke gemaak by die opsoor van hierdie dogtertjie nie? Ek is seker die bendeleiers is aan die owerhede bekend en glo dat hulle beslis sal help indien gevra word. Dit is ‘n noodgeval. Hulle inligtingnetwerk is uitstekend .

Catherina ·

Dit is erg maar hoekom al die aandag aan net een vermiste persoon…….daar is baie ander maar Cele gryp nie in nie????????

trotsNAMSA ·

Glo my, die bendes is nie by die kind se verdwyning betrokke nie. Hulle is wel goeie bron van inligting.
Maak ook vrede met die feit dat BAIE kinders vermis is en nog is. Familie speel ‘n groot rol in die situasies.
Die SAPD en Minister Cele is nie verantwoordelik vir vermiste kinders nie, slegs die insameling van inligting, bewysstukke en natuurlik soektog. Families is verantwoordelik vir hul kinders.

Dandeleen ·

Elke kind wat vermis word se saak behoort net soos Joslin se saak behandel te word, elke liewe kind is belangrik. Dit gesê volg ek hierdie kind se saak, daar is net iets wat aan ‘n mens se hart raak, voel so baie soos die Charldene Human saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.