Jong rugbyspeler sak langs veld inmekaar, sterf

Kaiden Bowie (16) is glo kort ná sy span se wedstryd teen Hoërskool Die Anker dood. (Foto: Jeppe High School for Boys/Facebook)

Ouers, afrigters en leerders van Hoërskool Die Anker in Brakpan en Jeppe High School for Boys in Johannesburg het glo spontaan bymekaar gekom en begin bid nadat ʼn jong Jeppe-speler Dinsdag by ʼn rugbywedstryd inmekaargesak het.

Die 16-jarige Kaiden Bowie van Jeppe is glo kort ná sy span se wedstryd teen Hoërskool Die Anker dood. Kaiden het van die veld gestap en skielik inmekaargesak. Die oorsaak van sy dood is in hierdie stadium nog onbekend.

Na verneem word het paramedici verbete maar uiteindelik vergeefs, probeer om Kaiden te red.

“Jy is gewoond dat daar dalk ʼn stryery op die rugbyveld kan uitbreek, maar vandag het twee skole soos een man saamgestaan in hul verdriet. Al het ons hom nie persoonlik geken nie, was hy deel van die rugbygemeenskap”, het ʼn ingeligte bron aan Maroela Media gesê.

Heath Samuel, beheerliggaamvoorsitter van Jeppe, het aan Maroela Media gesê dat geen formele onderrig Woensdag by die skool gevolg is nie. Die skool het ook hulde gebring aan Kaiden en selfs 25 eksterne beraders betrek om leerders by te staan.

“Die welstand en veiligheid van ons seuns is ons hoogste prioriteit en ons sal altyd poog om ons beste te doen om hulle te beskerm”, sê Samuel.

Hoërskool Die Anker het in ʼn plasing op Facebook sy diepe medelye met Kaiden se gesin, maats en die Jeppe-gemeenskap met die “geweldige verlies” betuig.

“Weet asseblief dat julle almal in ons gedagtes en gebede is terwyl julle hierdie hartverskeurende oomblik probeer verwerk.

“Kaiden sal onthou word vir sy passie vir die spel waarvoor hy so lief was en sy gees sal voortleef in die harte van diegene wat hom geken het,” lui die inskrywing.

Talle ander mense het ook hul innige meegevoel met die jong man se familie betuig.

“Dit was hartverskeurend om te sien, ʼn jong man wat sy droom en passie gevolg het op die rugbyveld. Ons innige meegevoel aan sy ouers, familie en die hele Jeppe. Julle is in ons gebede,” lui een van die inskrywings op Facebook.

Nog ʼn inskrywing lui: “Rus saggies, seun. Baie sterkste aan sy ouers, familie en spanmaats. Ons almal bid vir julle.”

Hilton College en Durban High School was ook onder diegene wat medelye met die reuseverlies betuig het.

Kaiden se ouers kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie. Maroela Media het ook ʼn navraag aan die departement van onderwys gerig en enige terugvoer sal bygewerk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ore ·

Voorstel. Almal wat Covid inenting ontvang het moet vir ‘n INR toets gaan. Ek sê maar net.

Di ·

Dis skokkend hoeveel jong mense net inmekaar sak! Meeste van hulle is aan hartaanvalle oorlede, selfs die Chirurg wat paar dae gelede ook oorlede is. Ek persoonlik dink dat die Covid vaccine aandeel het in die meerderheid van hierdie mense se dood. Sjoe, sterkte aan sy familie en vriende, dis moet ‘n groot skok wees om jou seun so vroeg aan die dood af te staan

Gert ·

Nou wonder ek of hierdie stukkie uit n ander rubriek op Meroela Media nie dalk tog water dra nie.
“Die applikante het in die hof aangevoer dat hulle “vreemde en ongewone” mediese toestande opgemerk het onder diegene wat ingeënt is, maar dat die respondente nie op hul klagtes gereageer het deur inentings te staak of behoorlik ondersoek te doen na die gevolge van die entstof nie.”
Ek hoor te veel deesdae van sulke gevalle en soveel jong afgetredenes in die SALM wat in hul vroeg 50″s sterf.

Kobus ·

Jy het gespeel soos n held innige meegevoel jy is en was n held Jansen en Oosterlig oupa

Lettie ·

So hartseer. Baie sterkte aan sy ouers, familie, vriende en skoolgemeenskappe wat teenwoordig was. Mag die Here jul vertroos.

Carel ·

NIEMAND gaan my oortuig dat die “JAB” is nie verantwoordelik vir al hierdie sterftes nie. Pragtige jong man

Suzette ·

Dis waar Carel, jy kan dit met n oop gemoed se. Ek stem saam. Beslis die “JAB” wat dit veroorsaak. Nou al hoeveel jongmense wat net inmekaar sak en sterf, maar gister het hy nog 2 ure in n gym deur gebring. Moes al hoeveel geliefdes loop begrawe wat die satans sap ingekry het. Hetsy vrywillig of verpligtend. So ja NIEMAND sal my ook anders oortuig nie. Rus in vrede Kaiden. Sterkte aan sy ouers, skoolmaats en geliefdes

Philip ·

Carel. Hou tog asb op met hierdie ou holrug deuntjie, jy het geen besonderhede van die geval nie asook geen feite nie.
Dit klink asof geen mens ooit skielik dood is voor die ‘jab” nie, hier is ‘n vinnige stukkie statistiek: gedurende die 90s het tienersteftes in die VSA met 10% toegeneem, 3000 persone tussen 15 en 34 het in 1996 aan hartaanvalle gesterf teenoor 2719 persone in dieselfde ouderdomsgroep in 1989, kom ons bly tog ‘n bietjie objektied en by feite.

Frances ·

Nee rerig en wat van uiterste hitte toestande? Miskien is al die jab kommentaar nou so n bietjie oorbodig!

Jan Jacobs ·

Dit is baie hartseer maar, wat jy se is waar. Die publiek maak die studies wat gedoen is af as “conspiracy theory”.

Sonblom ·

My innige simpatie aan Kaiden se gesin, familie en vriende en almal wat hom geken het. Hierdie is hartverskeurend.

Jan Jacobs ·

Kuver ek is in 2019 met hartversaking gediagnoseer. En het al 5 stente in my hart. Van 2022 af is daar n waglys as jy kardio probleme het, glo my ek weet.

pieter ·

Vroeër in die week die jong trauma chirurg wat ook aan n hartaanval dood is. Kyk net op Telegram “covid vaccine victims” bloedjong mense, sak net inmekaar, hartaanval??????

kragaap ·

Baie aanmerkings hier totaal ongegrond sonder enige feite. Ongelukkig word die hartseer gebeurtenis gebruik om ‘n ongegronde aantyging te probeer bewys. Die teorieë het gelukkig uitgespeel as bangmaakstories. Die wêreld het aanbeweeg.

Skappie ·

Baie sterkte aan sy gensin en spanmaats en almal wat hom geken het. Mag onse Liewe Heer julle almal deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle dra.

Retha ·

Innige simpatie aan die ouers en geliefdes. Bespiegel diekant toe en daai kant toe-maar op die ou einde is ‘n pragtige jong man oorlede en die geliefdes moet met die hartseer saam lewe. Baie sterkte.

Jillian ·

Innige simpatie aan sy hele familie en almal wat hom lief gehad het. So jonk dis hartverskeurend. Mag God julle almal dra in die hartseer tyd.

Jacques ·

Vriendelike Frikkie, motorsterftes mag dalk toegeneem het maar hartvatsiektes het definitief toegeneem. So ook kanker. Vanaf 1960 tot 2020 is 1264 mense dood op die sportveld. Vanaf 2020 is meer mense al dood as is daardie tydperk. Mense rondom my, wat geen geskiedenis van kanker het nie val om. Ek weet van 3 net al hierdie jaar in my persoonlike kring. So ook met hart en vatsiekters. Ek weet al van meer wat gedooi het van dit as die Coof self. Die ONS van Engeland het twee weke terug die manier hoe hulle statistiek doen verander dat ‘excess deaths’ minder voorkom. So verlede jaar het hulle dit reggekry dat 40000 mense uit die dood uit opstaan. Dis ń wonderwerk.

Retha ·

Ek is bly MM het besluit om die publiek se comments oor die vax te publiseer. In die verlede is dit uitgesensor.
Dis tyd om openlik oor die ding te praat.

Koen ·

@retha. En jy weet 100% onder eed dat die seuns gevax was? Indien nie, is jou kommentaar walglik.

Philip ·

Jacques Jy besef seker dat anekdotiese bewyse soos wat jy in jou kommentaar noem nie bewyse is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.