Dit wil voorkom of die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2024 ’n herhaling van 2020 gaan wees met Trump as die Republikeine en Biden as die Demokrate se onderskeie presidentskandidate.
Alles vir Woensdag 6 Maart 2024
Siya weer op operasietafel
“Ek sal gou weer op my pos wees,” het Siya Kolisi Dinsdag op sosiale media beloof nadat hy ʼn operasie aan sy hand ondergaan het.
Nuwe vuurwa vir burgemeester terwyl Sedibeng-dienste inplof
In minder as drie jaar het die burgemeester se voertuigkoste die bankrot munisipaliteit en belastingbetalers R140 000 gekos omdat sy eerder motors gehuur het in plaas daarvan om met die ampsmotor te ry.
Gebruik die krag van ‘nee’
Deur grense te stel, kan leiers, veral vroue, ’n meer gefokusde, produktiewe en vervullende werkomgewing skep.
Vyf weer in hof oor AKA-moord
Nog twee bykomende aanklagte is intussen tot die saak gevoeg.
Vurige Sainz laat die vonke spat
“Ek was oortuig dat Carlos op só ʼn manier sou reageer,” het Ferrari-spanbaas Fred Vasseur gesê.
Gedig: Kaggel
“Die vuurvretende sekelbos klap onophoudelik hande.” Lees hier Jako Meyer se gedig “Kaggel”.
NVG prioritiseer wél WVK-sake
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy ondersoek wel beweerde misdade uit die apartheidsera en dat verskeie ondersoekers spesifiek hiervoor toegewys is.
Lasbriewe vir twee senior Russiese offisiere
Pres. Wladimir Poetin is nie die enigste Rus wat dit nie kan waag om sy voete in enige van die Internasionale Strafhof se meer as 120 lidlande te sit nie.
Djoko: ‘Ongelooflik om terug te wees’
Novak Djokovic het laas in 2019 by die Indian Wells-toernooi in Kalifornië afgeslaan.
Video: Margit en Jurg oor ‘ouerwees’ vir teaterrestaurant, aktrise-tiener
“Ons spot gereeld en sê ons is ʼn sirkushuis, want daar is roetine, maar geen twee dae lyk dieselfde nie.”
Skokdiagnose vir tiener ná 7 kg-kankergewas verwyder word
In net ʼn paar maande het Carien Jacobs se lewe ingrypend verander en is sy nie meer die sorgvrye 16-jarige wat sy eens was nie.
Die pad na selfbestuur: lesse uit Orania
Terwyl die Seklers onsuksesvol probeer om elke jaar ʼn statuut vir outonomie in die Roemeense parlement deur te voer, het die Afrikaners begin deur selfbestuur in hul eie dorpie Orania te vestig.
132,1 km/h: Shabnim die vinnigste nóg
Suid-Afrika se Shabnim Ismail het die spoednaald in die rooi gedruk in ʼn Indiese Premierligawedstryd tussen die Mumbai Indians en die Delhi Capitals.
Lesersbrief: Onteiening sonder vergoeding is terug
In Afrikaans is daar die mooi uitdrukkings dat mens nie die tak moet afsny waarop jy sit nie. Dit is presies wat Suid-Afrika gaan toelaat indien die Wysingswet op Outeursreg (WOO) aanvaar word.
Nuwe stelsel moet vee help naspoor
Lede van Vrystaat Landbou (VL) het ʼn projek van stapel gestuur om dit makliker te maak om bek-en-klouseer in diere op te spoor.
Gebruik van glifosaat teen waterslaai in Vaalrivier gestaak
Die waterslaai op dele van die Vaalrivier gaan nou eerder met ʼn ander gifdoder, as die omstrede glifosaat, bespuit word.
Troostante glo stories moet subtiel gedagtes los
ʼn Christelike boek propvol avontuur, opwinding, natuur- en ander rampe en gierigheid, pryk tans op die gesogte Nielsenlys se topverkopers.
Joslin Smith: Polisie bevestig ondervraging van vier mense
Die polisie in die Wes-Kaap het pas bevestig dat vier mense ondervra word in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslin Smith.
Polisie rep nog gʼn woord oor Joslin Smith-saak
Daar word onder meer berig dat persone vir ondervraging ingeneem is in verband met Joslin se verdwyning en dat hulle uiteindelik in hegtenis geneem is nadat daar glo sekere bekentenisse gemaak is.