Nuwe vuurwa vir burgemeester terwyl Sedibeng-dienste inplof

Lerato Maloka,burgemeester van Sedibeng-distriksmunisipaliteit (Foto:
Sedibeng Munisipaliteit- webtuiste)

Die Sedibeng-distriksmunisipaliteit het sy begroting verhoog om vir die uitvoerende burgemeester, Lerato Maloka, ʼn luukse voertuig van R700 000 te koop. Die raad het egter erken dat hy nie geld het om behoorlike dienste aan inwoners te lewer wat daagliks ernstige diensleweringsprobleme moet trotseer nie.

Maloka was glo ongelukkig met die Mercedes-Benz GLB (X247) wat die Sedibeng-raad in 2022 vir haar aangekoop het. Dit het die belastingbetalers destyds sowat R700 000 uit die sak gejaag.

In minder as drie jaar het die burgemeester se voertuigkoste die bankrot munisipaliteit en sy inwoners R140 000 gekos; aanvanklik omdat die burgemeester motors gehuur het eerder as om met die ampsvoertuig te ry. Die motor het sedert 2022 meestal stof vergaar. Volgens Maloka het hierdie motor nie aan haar standaarde voldoen nie.

Kingsol Chabalala, die DA se kieshoof vir Emfuleni-Noord, sê hierdie geld moes eerder gebruik gewees het om die diensleweringsprobleme op te los.

Die DA gaan ook ʼn versoek aan Mzi Khumalo, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), rig om ondersoek in te stel na die vreemde middel wat in die voormalige burgemeester se motor ontdek is en wie daarvoor aanspreeklik gehou is.

Die DA sal ook ʼn versoek by die LUR indien oor die kostedoeltreffend van die munisipaliteit rakende die nuwe aankope vir die burgemeester.

Chabalala sê die Sedibeng-munisipaliteit se gebrek aan respek vir sy inwoners en sy swak diensprestasie is afgryslik.

“Die Sedibeng-munisipaliteit se minagting van inwoners en dienslewering aan hulle is onaanvaarbaar. Dit is tyd om die bestaande regering te verwyder en met die DA te vervang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

GWS ·

Dit was dieselfde in Brits. Riool loop in die strate, water is ondrinkbaar en gate die strate vol, maar die burgemeester voel ‘n veer en kry ‘n nuwe motor!!!+

Wondermaarnet ·

Niks gewoond nie. Hopelik gaan die massas dit bestorm en verinneweer omdat dit geld is wat beter spandeer kon word.

Danie ·

Om kommentaar oor dit te lewer is uiters moeilik want dit wat op my hart le sal my in n tronk laat beland maar daar is een ding wat ek van my hart af moet kry. Jy witman met jou besigheid wat jou rug gedraai het op jou mede witman om jou geldkoffers vol te stop, jou tyd en hul tyd is besig om uit te loop. 29 Mei is om die draai en wen of verloor. Moeilikheid gaan kom en op groot skaal. KZN se onluste was n babatjie.

CHRISTINE ·

Dit is verregaande, en besef hulle steeds nie wat hulle doen nie.
Toe ek ‘n kind was het die burgermeester dit as diensplig aan die gemeenskap gedoen, en was sy Mercedes, sy eie wat hy self gekoop het!

Manie ·

Gister nog toon geklap en vandag voldoen ‘n Mercedes nie aan haar standaarde nie?

skurweberg ·

Daar is nie meer plek vir hierdie materialisme in SA nie. Ek wonder of sy weet wat dit beteken. Stuur haar na Oukasie toe en kyk wat die inwoners aan haar gaan doen.

antieklimaks ·

Die realiteit is dat GEEN politikus of politieke party nog ooit die belange van die gewone man op straat op die hart gedra het nie. Dit gaan oor mag en self-verryking en status.

Papsak ·

Ja daar gaan alles se geld heen blink luukse motors maar niemand van hulle wil werk nie pateties kyk dienste wat nie eers gelewer wil word nie kyk hoe lyk alles maar word voluit betaal

Andre ·

…die trog – eters maak nou amok!
Elkeen maak vir oulaas geld bymekaar!

Di ·

Sy kan seker NIE BESTUUR NIE! Hierdie tipe moet vinnig uit hulle poste geskop word

Henker ·

@Danie: Hoor hoor
Hulle sal rekenskap gee vir hulle besluite gedoen teenoor hul medemens

Cassie Carstens ·

Baie mense in leiersposisies is ongelukkig materialisties ingestel, omdat dit nie hulle eie geld is wat bestee word nie.

Mariana ·

Hulle moet begin om hul eie luukse voertuie te koop. Hierdie gratis en verniet moet end kry. Sy kan mos sien dat die munisipaliteit dit nie kan bekostig nie. Ongelooflik,hulle wil hê wat hul wil hê ongeag………verdomde kaders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.