Super-Dinsdag vir Trump

Oudpres. Donald Trump op Super-Dinsdag, (Foto: CHANDAN KHANNA / AFP)

Dit was omtrent ’n superdag vir oudpres. Donald Trump toe hy Dinsdag, op die grootste dag van die Amerikaanse voorverkiesings, oorwinnings in 14 van 15 deelstate behaal het.

Nikki Haley het egter gekeer dat Trump skoonskip maak met haar oorwinning in Vermont – haar tweede oorwinning van 2024.

Pres. Joe Biden het ook sy enkele Demokratiese mededingers in die voorverkiesings ore aangesit en oorwinnings oral, behalwe in die klein Stille Oseaan-gebied van Amerikaans-Samoa, behaal.  Hier het ’n relatief onbekende kandidaat, Jason Palmer, hom geklop.

Dit wil dus voorkom of vanjaar se Amerikaanse presidentsverkiesing ’n herhaling van 2020 gaan wees met Trump as die Republikeine en Biden as die Demokrate se presidentskandidaat.

Nóg Trump nóg Biden het teen Dinsdag die benoeming van hul onderskeie partye verseker, maar hul herbenoemings as Republikeinse en Demokratiese presidentskandidate blyk in die stadium bloot ’n formaliteit te wees.

Benoemings word binne die volgende twee weke verwag.

‘n Kieser plaas haar stem op Super Dinsdag. (Foto: GEORGE FREY / AFP)

Super-Dinsdag

Miljoene kiesers uit 15 state en een Amerikaanse grondgebied het gister aan die voorverkiesings deelgeneem.

Die VSA het egter nog nie ʼn voorverkiesing met so min mededingende spanning gesien sedert politieke voorverkiesings die benoemingsproses in die 1970’s begin oorheers het nie.

Sommige van Trump se oorwinnings was verbysterend in hul grootte: hy het 70% van die stemme in Alabama en Kalifornië en 61% in Texas op hom verenig.

“Hulle noem dit Super-Dinsdag vir ʼn rede,” het die Republikein aan ʼn juigende skare by sy Mar-a-Lago-woning in Florida gesê.

“Dit is ʼn groot een. Hulle sê vir my, dié wat weet en dié wat nie weet nie, dat daar nog nooit een soos hierdie was nie.”

Oudpres. Donald Trump op Super-Dinsdag. (Foto: CHANDAN KHANNA / AFP)

Biden en Trump het albei in hul onderskeie voorverkiesings oorwinnings in Kalifornië, Virginia, Noord-Carolina, Maine, Massachusetts, Oklahoma, Tennessee, Texas, Arkansas, Alabama, Colorado en Minnesota behaal.

Biden het ook die Demokratiese koukus in Iowa en Vermont gewen.

Haley, Trump se enigste mededinger en ʼn gunsteling onder welgestelde kiesers in voorstedelike gebiede en universiteitsgegradueerdes, het versuim om enige noemenswaardige struikelblokke in Trump se pad na die benoeming te gooi sedert hy in Januarie ʼn verre derde in die openingswedstryd in Iowa geëindig het.

“Ek verwag dat Nikki Haley sal klaarmaak en uitval. Daar is geen pad na vanaand vir haar om die benoeming te kry nie,” het Kenny Nail, ʼn Republikeinse aktivis, aan AFP by Trump se Florida-wagpartytjie gesê.

Trump het selfs ’n oorwinning in Maine behaal – een van drie state wat probeer het om hom van die stembrief af te hou weens sy poging om die verkiesing in 2020 omver te werp.

Die Amerikaanse federale hooggeregshof het egter Maandag beslis dat Trump in aanmerking mag kom om as presidentskandidaat te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

George ·

Hier kom groot riots in Amerika die jaar. Hou maar dop hoe val die dollar tot met R15. (vir n dag of twee)

Dirk ·

Trump is ‘n groot gevaar vir die wêreld en moet nooit weer sulke mag besit nie.

piet ·

Het hy al die 500 miljoen dollar bymekaar gemaak om teen sy skuldigbevinding vir bedrog te appelleer? Ek wonder ook hoekom hy nie krimineel vervolg is vir die verkragting en seksuele aanranding voorheen nie maar net ‘n siviele vonnis van amper ‘n 100 miljoen dollar gekry het.

Deon ·

Verbysterend is dat daar nie uit die Demokratiese Party se gelefere ‘n kandidaat was om stotterende Biden te onttroon nie, of weet die Demokratiese Party iets wat ons nie weet nie.

Gaitsigubib ·

Deon die demokrate het vir Robert F Kennedy ( jr ) gehad, maar hy het te veel vrae gevra oor die cavid 19 spuit en ook gepraat oor CIA betrokkenheid in sy oom se sluipmoord en daar verban hulle hom as kandidaat vir ewig. Hulle hou van iemand soos Biden want hy kan gemanipuleer word en as hulle hom wel aankla vir iets se hulle net hy is nie toerekeningsvatbaar nie.

Cherokee ·

Baie interessant, ek vind die komende Amerikaanse verkiesing, nogal meer interessant as die komende lokale verkiesing. As dit sou gebeur dat die anc die verkiesing verloor, sal ons juig. Ek wonder egter daaroor. Intussen drink ek ‘n drankie op Donald Trump se oorwinning.

Sobymykoolkop ·

Demokrate en cnn kykers glo steeds daai Rusland storie. Soos RS sê. Raak solank aan die gedagte van MNR Trump in die Withuis.

John ·

Trump jy het my ondersteuning……..ons het iemand soos Trump nodig in SA

Deon ·

Gaitsigubb, Ja-nee, dit is so. Kennedy het hulle uitgewerk want hy het sekere opvattings wat nie strook met DA sentimente nie. Dat Biden nie toerekeningsvatbaar is nie, behoort eintlik geweldig teen hom te tel in ‘n verkiesingstryd. Alle aanduidigngs is dat Trump gaan wen. Peilings het ook so in 2020 voorspel maar die onverwagte sprong in stemme vir Biden het die bordjies verhang wat gelei het tot die 6 Januarie ‘opstand’. All bewyse dat bedrog gepleeg is, is uit die howe gegooi. Die verwagte ‘rooi golf’ vir die 2022 sentaat verkiesing was toe net ‘n rimpeling en die senaat is steeds in Demokratiese Party beheer. Nou is daar weer baie sterk aanduidings dat Trump gaan wen maar ‘n mens wonder of dit nie ‘n herhaling van 2020 gaan wees nie.

Gaitsigubib ·

Piet, Trump is nie krimeneel vervolg in daardie geval nie want dan moes hy in n kriminele hof verhoor word, waar jy bo alle twyfel skuldig bevind moet word. Daar moet dus behoorlike bewyse gelewer word. Ag, as jy net die saak gevolg het sou jy weet die klaer het geen kans in die apelhof nie, maar ek het n idee dit is nutteloos om dit onder jou aandag te bring.

Koen ·

Die verkiesings debat tussen trump en biden sal nogal iets wees om te aanskou.

Cherokee ·

Gaitsigubib, jy’s heeltemal reg., Nutteloos want hy verstaan nie. Onthou jy hom vanaf die inentings? Hy verstaan steeds nie.

Cherokee ·

Jy sien piet, wat die inentings aan jou gedoen het! Julle was gewaarsku, maar wou nie hoor nie. Nou verstaan jy ook niks van die Amerikaanse poliiek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.