Gedig: Kaggel

Die kunstenaar Jako Meyer, solokunstenaar en lid van die musiekgroep Moses Metro Man. (Foto: August Photography)

Die musikant Jako Meyer, solokunstenaar en lid van die musiekgroep Moses Metro Man, wat bekend is vir liedjies soos “Mooirivier” en “Huigelaar”, het ʼn besondere passie om met woorde te werk en iets daaruit te skep. As dit nie liedjies is wat uit sy pen vloei nie, is dit digkuns waarin hy dieperliggende gedagtes verwoord.

Hier is sy gedig “Kaggel”, wat vroeër vanjaar by Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin voorgedra is. Die geleentheid is in samewerking met Maroela Media en Van Loveren aangebied.

Die vuurvretende sekelbos
klap onophoudelik hande –
terwyl die reuk in die vertrek
komberswarm is.

In my mond is daar rooiwyn
wat met elke sluk
nog ʼn knop verwyder
totdat my inkstempel homself beywer

Alles is rooi,
alles is so mooi –
hierdie graafskap rivierbloed plas,
wat elke aand my diefliefde se voete was.

  • Die gedig word met die skrywer se toestemming op Maroela Media gepubliseer.
  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die digter versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.
  • Die Wyndigters is ʼn intieme konsert waar die musiek, digkuns en stories van die kunstenaars Jako Meyer en Deon Meiring in ʼn gemaklike styl byeenkom. Vir navrae en om besprekings vir konserte te maak, kan jy ʼn e-pos stuur aan Jako Meyer na [email protected]

Die kunstenaars Deon Meiring en Jako Meyer op die verhoog tydens ‘Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin’. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Die kunstenaars Deon Meiring en Jako Meyer op die verhoog tydens ‘Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin’. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

‘Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin’ is ‘n konsert deur die kunstenaars Deon Meiring en Jako Meyer. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.