Vrotsige polisiekantoor: Openbare werke wil ingryp

Deur Matthew Hirsch, GroundUp

Só lyk dit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoofkantoor in Pretoria. (Foto: GroundUp)

Die departement van openbare werke en infrastruktuur het met ʼn interne ondersoek begin na die wanbestuur van die Telkom Towers-kompleks in Pretoria, waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoofkantoor geleë is. Dié kantoor staan tans leeg nadat dit verlede week ongeskik vir menslike gebruik verklaar is.

Die ondersoek sluit ook ander eiendomme in wat die departement in die Pretoriase middestad besit.

Siza Sibande, die nuut aangestelde hoof van die eiendomsbestuurshandelsentiteit (PMTE) in die departement, het lede van die parlement se portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur Dinsdag oor die ondersoek toegespreek.

Die sluiting van die gebou aan die einde van Februarie het gevolg op ʼn inspeksie deur amptenare van die departement van arbeid, die polisiebestuur en die vakbond Solidariteit.

Politieke hoofde van die departement, insluitend minister Sihle Zikalala, adjunkminister Bernice Swarts en die nuutaangestelde direkteur-generaal Sifiso Mdakane, het die vergadering bygewoon.

In ʼn onlangse verslag wat deur die ouditeur-generaal (OG) uitgereik is, word slegs een van die nege geboue in die kompleks deur die polisie gebruik.

Só lyk dit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoofkantoor in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Die oorblywende leegstaande geboue het die regering minstens R592 miljoen uit die sak gejaag.

Zikalala en die minister van polisie, Bheki Cele, was reeds met mekaar in verbinding om die Telkom Towers-ondersoek te bespreek.

Die ministers het die ondersoek verwelkom om sodoende “soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed”.

Sibande en die OG is tans in gesprek om kwessies wat in die verslag genoem is te takel.

“Die departement van arbeid is tans besig om geboue regoor die land te besoek. Vakbonde het ook hul kommer oor die omstandighede rondom geboue uitgelig,” het hy gesê.

Die onroerende bateportefeulje, onder die departement se bewaring, lys ongeveer 29 955 grondtoewysings wat gelykstaande aan ongeveer 4,7 miljoen ha is. Dit sluit meer as 88 000 geboue in.

“As jy na die totale portefeulje kyk, het Telkom Towers alleen sowat 102 000 m² onbenutte ruimte. Opknappings kan die gesig van Pretoria verander,” het Sibande oor Pretoria se middestad bygevoeg.

“Ons is ook besig om na die sekuriteit rondom daardie eiendomme te kyk.”

Die topbestuur van die polisie sal die parlement na verwagting Woensdag oor die kwessie toespreek.

Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

ANNAMARé ·

Kan nie vanself so lyk nie, die mense wat daar werk is die oorsaak van die vullis en gemors wat oral rondlê

George ·

Hoe kan jy trots in jouself en in jou werk he, as die plek so lyk?

Anon ·

Gaan besoek gerus al die polsiestasies. Kyk hoe lyk diensvoertuie en verduidelik aan die belastingbetaler waarom ons hierdie disrespek van SAPD se personeel wat SELF die plek so verwoes het moet aanvaar en vir die regmaak moet betaal?

JohanR ·

Het niemand gesien die plek is ‘n varkhok? Nou moet die belastingbetaler ten duurste betaal om die plek weer tot standard te kry….nog R900 miljoen?

Sandra ·

Die boks is vrot en daarom die goed daarin ook. Net jammer hulle val hulle nie te pletter nie

Andre ·

…Cele is besig met ander dinge; instandhouding is nie op die lys nie!

Lesly ·

Dit is basiese vandalisme en diefstal van diegene wat die geboue gebruik. As jy ‘n huis of woonstel huur word jy verantwoordelik gehou vir enige skade wat nie val onder “wear & tear” nie. Maar nie die skepsels nie. Hulle trek maar net na ‘n ander plek en die belasting betaler moet maar opdok.

Johan ·

100% reg Jackie. CR moes lankal van daai nikswerd minister ontslae geraak het, maar klou vas aan hom soos bababollie aan n wolkombers. Wonder hoekom. As daar nie eers n beter kader is om in sy plek aan te stel nie, is dit n betreurenswaardige situasie!

agnes ·

En dit is nou die mense na wie ons moet opsien. Sies , regte varkhokke

Di ·

Ag asseblief! eerstens moet die klomp wat daar werk nie die plekke so te bemors nie en tweedens hou die ANC NIKS in stand die afgelope 30 JAAR nie

trotsNAMSA ·

en soms moet die gewone lede in varkhokke intrek omdat die “Chiefs” opdrag gegee het. Van die 35 jaar in die SAPD, het ek net 5 jaar in ‘n skoon, werkende plek gewerk, nogal in Namibië.

annie ·

G’n wonder lêers raak soek nie. Seker die vetterige vreetvingers aan die dokumente afgevee en lê nou op die vloer tussen die rommel… Who cares? Goeie maniere behoort een van die hoofvakke te wees in opleiding.

Papsak ·

Het geen trots nie daarom verwoes hulle alles so slaan n tent op laat hulle daarin werk want hulle ken geen netheid nie pateties hoop SA se mense sien om hulle wat aan gaan klomp onbevoegdes !!!!!!

Catherina ·

Disgusting. What does it take to keep your place of employment clean. Spring self in elke oggend en maak skoon maar, hoekom lyk dit so in die eerste plek??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.