Die Stad Kaapstad soek oplossings vir die minstens 32 miljoen liter onbehandelde rioolvuil wat elke dag by drie seestortingspype in die see gestort word.
Lees meerAlles vir Saterdag 10 Februarie 2024
Etniese spanning kan ANC stemme kos
Kenners meen die invloed van etnisiteit moet nie in die komende verkiesing buite rekening gehou word nie.
Hollywood: ‘Moana 2’ op pad; Oscars kry nuwe kategorie; sangers sorg vir tranetrekoomblik by Grammys
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
Britse jurie bevind oud-krieketspeler Roebuck hét eie lewe in SA geneem
ʼn Britse jurie het nou, 13 jaar ná die gebeure, eindelik ook ʼn bevinding oor sy dood gemaak.
Bokke se nuwe afrigters: Nog Rassie-meesterskuiwe?
Erasmus het vandeesweek die All Black-oud-losskakel Tony Brown en die Ierse oud-haker Jerry Flannery by die Bokke se afrigtingspan betrek. Dié aanstellings sal heel waarskynlik weer ʼn meesterskuif wees, een van daardie waaraan Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar al gewoond geraak het.
Chris Pappas styg uit bo identiteitpolitiek in KZN
In sy netjiese blou baadjie en kakiebroek, en sy short back and sides netjies gekam, staan Pappas uit op ʼn besoek aan ʼn groep motorwerktuigkundiges – geklee in oorpakke – in die Mpophomeni-township. Nietemin is hy ʼn welkome besoeker, dié wit Zoeloesprekende burgemeester.
Strykyster of skaal vir Valentynsdag? Dalk liefs nie …
Valentynsdag is om die draai en as jy dalk nog wonder wat jou geliefde se hart tjoklits gaan laat klop, is hier ʼn paar geskenkidees oor wat dit waarskynlik nié gaan laat gebeur nie.
Waar regering erfenis faal, wys gemeenskap hul staal
“Al het ons die mees progressiewe wetgewing ter wêreld, is die uitvoering daarvan gebrekkig en die inhoud dikwels onbekend aan regslui en erfenisowerhede.”
Aussie-vroue vee Proteas uit hul pad
Nadat daar Woensdag breë glimlagte op die Proteas se gesigte was omdat hulle die Aussies die eerste keer ooit in ʼn eendagwedstryd geklop het, was die verwagtinge groot om ʼn geskiedkundige reeksoorwinning te behaal. Maar die glimlagte het gou opgedroog.
Regstappe kom ná jong man sy been verloor weens ‘nalatigheid’
Rynard de Waal Silver (19) se been moes bo die knie afgesit word, nadat hy ʼn infeksie in die Ermelo- provinsiale hospitaal opgedoen het.
Ramaphosa se ‘nuwe dagbreek’ is beurtkragdonker
Dit is ongelooflik, maar ook die werklikheid, dat daar van Suid-Afrikaanse gesinne, gemeenskappe en sakeondernemings verwag word om florerende en produktiewe lewens te lei terwyl hulle in ʼn 24-uur-siklus amper 12 uur lank sonder krag sit.
Opgebeur, aangevuur: EFF stel verkiesingsmanifes bekend
Durban as keuse om die veldtog te begin, is noemenswaardig. Die hawestad in KwaZulu-Natal is Suid-Afrika se tweede digs bevolkte stad en ʼn deurslaggewende kiespunt. Die regerende ANC stel sy eie verkiesingsmanifes boonop oor twee weke op presies dieselfde plek bekend.
Pedikuur hou troetelvarke in tiptoptoestand
Dié pedikuris rits die hele Frankryk vol met haar smuktassie en troetelvark, Couscous, om na die slagtande en hoewe van die land se mees gepamperlangde varke om te sien.
Video: Jong musiekgenie maak plan vir eie klavier
Op sesjarige ouderdom het Jason Haas homself ingewikkelde musiekstukke op gehoor geleer speel. Dit is eers onlangs dat hy geleer het om bladmusiek te lees.
‘Ons sal jul nooit ophou jag’; Leap-beampte se ‘moordenaars’ vas
“Ek het Magwa se familie en sy kollegas beloof dat ons alles moontlik sal doen om sy moordenaars aan die pen te laat ry. ʼn Aanval op een is ʼn aanval op almal.”
Ramaphosa na Namibië om medelye te betuig
Ramaphosa het opnuut sy medelye namens die Suid-Afrikaanse regering en die land se burgers met Geingob se weduwee, Monica Geingos, en die Namibiese nasie betuig.
Met panga aangeval, maar vrou kyk ‘aanvaller’ nou in die oë
Al wat Lorraine Prinsloo onthou, is die houe wat op haar bly reën het. Sy het eers later besef dat sy in haar eie bloed gegly het, soos sy gedwing is om geld te soek.
Bottelnek op Royal Cape
Dit gebeur nie aldag nie dat tien spelers saam voorloop in ʼn gholftoernooi.
Semigrasie, eerder as emigrasie, kan verkiesingsuitslag swaai
Die ANC se steun lê op die platteland, sê kenners, en dié party kan benadeel word deur grootskaalse verstedeliking die afgelope paar jaar.
Eskom-werker vas wat ook tender het
Eskom het Magagula in Julie 2015 as risikobestuurder aangestel, terwyl sy terselfdertyd ʼn direkteur van die maatskappy Montoza Engineering and Project 9 was.