Bejaarde egpaar se liggame op Vrystaat-plaas gekry

(Argieffoto: Maroela Media)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Die polisie het ʼn grootskaalse soektog gelas ná die liggame van ʼn 76-jarige man en sy 73-jarige vrou op ʼn plaas naby Glen in die Vrystaat ontdek is.

ʼn Bekommerde buurman het die Glen-polisie Saterdag ontbied nadat hy nie die egpaar telefonies in die hande kon kry nie.

Met hul aankoms op die plaas is die polisie na die plaashuis, waar die deure oopgestaan het, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“In die huis was daar bloed op die vloer. Die opstal is geplunder, maar die bejaarde egpaar was nie daarbinne nie,” sê hy.

ʼn Multidissiplinêre aktiveringsplan is in werking gestel en ʼn soektog na die man en vrou is deurnag volgehou.

Volgens Kareli is die man se liggaam sowat 300 m weg van die plaashuis gekry. Sy vrou se liggaam is in ʼn septiese tenk op die plaas aangetref. Die egpaar se Toyota Land Cruiser is naby Majwemasweu by Brandfort gevind.

Albei slagoffers het oop wonde aan die bolyf gehad en hulle is op die toneel dood verklaar. Gereedskap en elektroniese items is onder meer uit die huis gesteel.

Die Glen-polisie ondersoek sake van moord en huisroof.

Die soektog na die aanvallers duur voort, maar niemand is nog aangekeer nie.

  • Enigiemand met inligting kan kol. Ben Bolsiek van die polisie se provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad by 082 466 8530 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael ·

Dit is om van te skree, die boere word stelselmatig uitgewis deur suurstofdiewe onder die vaandel van misdaad.

Riaan ·

Baie hartseer en so is dit maar net nog ‘n statistiek op hierdie rassistiese regering van ons se boeke………

Melanie ·

EK IS SO MOEG OM TE HOOR HOE ONS OU MENSE VERMOOR WORD EN WREED BY DIT, EN ONS REGERING STAAR HUL BLIND. SOLANK HUL DAAI MILJOENE ELKE MAAND KRY MAAK NIKS VERDER SAAK NIE. ONS LAND SE REGEERDERS IS N TERLEURSTELLING!!

Ditsim ·

Almal worry net oor die palestyne en wat daar gebeur. Maar niks oor die boere wat vermoor word nie.

Dries ·

En dit vir gereedskap,ens. Ek vermoed dit is n werker met binnekennis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.