Mbeki: Samewerking, ook met Afrikaner, nou nodig  

Oudpres. Thabo Mbeki vandeesweek by Vryheidspark in Pretoria waar hy ʼn toespraak ter viering van 30 jaar van demokrasie gelewer het.(Foto: ANC / X)

Oudpres. Thabo Mbeki het die skuld vir talle van Suid-Afrika se probleme voor die deur van oudpres. Jacob Zuma en ʼn sogenaamde teenrewolusie gelê. Daarby het hy gesê hy dink wel dat dié probleme deur samewerking, ook tussen die ANC en die Afrikaner-gemeenskap, oorkom kan word.

Mbeki het vandeesweek by Vryheidspark in Pretoria in ʼn toespraak ter viering van 30 jaar van demokrasie gesê Zuma, wat hy as ʼn “wolf in skaapsklere” beskryf het, het die regering se vermoëns weggekalwe en die vordering uitgevee wat in die eerste 15 jaar ná demokrasie –  deels onder Mbeki se presidentskap – gemaak is.

Dit, sê Mbeki, is ʼn proses wat begin het met die verswakking van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Hy het hom ook uitgelaat oor die kragkrisis by Eskom en die Julie-onluste in 2021.

Afrikaner-verklaring

Mbeki meen daar is hoop vir die land deur samewerking – ook met die Afrikaner-gemeenskap.

Hy het vandeesweek versoek dat ʼn nasionale dialoog ná die verkiesing op 29 Mei plaasvind om die land se probleme te bespreek en die uitdagings te takel wat die teenrewolusie veroorsaak het.

Tydens dié dialoog kan die Afrikaner-verklaring ook bespreek word, sê Mbeki.

“Ek is aangeraak deur die uitsprake wat dié Afrikaner-landgenote in die verklaring maak, naamlik ‘dat ons hier wil bly en bydra tot die welstand van die land en al sy mense; ons bou om hier te bly; en dat die verlede nie ons almal se toekoms moet vernietig nie’.

Oudpres. Thabo Mbeki vandeesweek by Vryheidspark in Pretoria waar hy ʼn toespraak ter viering van 30 jaar van demokrasie gelewer het. (Foto: X / ANC Gauteng)

“Dit het vir my gelyk of die verklaring ʼn uiters belangrike toewyding kommunikeer – ʼn toewyding wat ek vertrou ons almal deel; dat ons sáám tot die land en al sy mense moet bydra.”

Mbeki-era vs. Zuma-era

Mbeki het onder meer na ʼn toespraak van dr. John Endress, uitvoerende hoof van die Instituut van Rasseverhoudings (IRV), verwys om sy uitlatings te staaf. Hy beskou Endress as ʼn geloofwaardige, objektiewe bron aangesien “die ANC en die IRV aan weerskante van die spektrum staan” en Endress geen rede sou hê om positiewe kommentaar op die ANC te lewer nie.

Endress het verlede jaar gesê die tydperk sedert die 1994-oorgang na demokrasie kan in twee eras verdeel word, waarvan die eerste van ongeveer 1994 tot 2007 geduur het. Die tweede era het in 2008 begin en is nou op sy einde, met Suid-Afrika wat binnekort na sy derde era sal oorgaan.

Luidens Endress se toespraak is dié eras duidelik in Suid-Afrika se ontwikkelingsaanwysers sigbaar.

Mbeki het hom spesifiek aangehaal waar hy oor die goeie ekonomiese en sosio-ekonomiese groei in die eerste era gepraat het. ʼn Era waar Suid-Afrika “op verskeie gebiede vooruitgang beleef het”.

Die BBP het in dié era teen ʼn gemiddelde koers van 3,6% gegroei en die aantal mense met werk het van 8 miljoen tot 14 miljoen toegeneem. Die land se beleggingsmededingendheid het verbeter, rentekoerse het gedaal en dienslewering het verbeter.

In die tweede era was ʼn aansienlike agteruitgang in die land sigbaar: Die ekonomie het drasties verswak met ʼn gemiddelde BBP-groei van 1,2% tussen 2008 en 2022. Die werkloosheidskoers het toegeneem, terwyl sakevertroue in Suid-Afrika beduidend gedaal het. Kerninfrastruktuur het in dié era ook beduidend agteruitgegaan.

Die ANC was egter tydens albei eras aan bewind, maar met een groot verskil: Mbeki was tydens die eerste era president (1999 tot 2008) en Zuma tydens die tweede era.

Maroela Media het vroeër berig dat Mbeki in sy toespraak daarop gesinspeel het dat Zuma ʼn sogenaamde apartheidsagent was en deel van die sogenaamde teenrewolusie wat die ANC ná 1994 ingedring het.

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Mbeki sê hierdie agente se werk het al in 2002 begin met die besluit om die ANC se leierskapstruktuur te verander – agente wat in Desember 2007 in hul doelwit geslaag het toe Mbeki as president van die ANC ontsetel is en kort daarna ook as president van die land.

In oënskynlike kritiek op Zuma se nege jaar lange ampstermyn as president het Mbeki gesê een van die teenrewolusie se grootste doelwitte was om te sorg dat die ANC in sy taak misluk om Suid-Afrika behoorlik te regeer.

Mbeki het wel gesê dat die resessie wat die wêreld in 2008/’09 getref het toe een van die VSA se grootste banke, Lehman Brothers, in duie gestort het, tot enorme werksverliese in Suid-Afrika gelei het.

In hierdie tyd, sê Mbeki, het die land baie in infrastruktuur belê – veral ter voorbereiding vir die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi – en dat Suid-Afrika eintlik, soos ander opkomende ekonomieë, in die posisie was om gou van die resessie te kon herstel.

Maar, weens endogene politieke veranderinge het die teenoorgestelde plaasgevind, aldus Mbeki.

‘Teenrewolusie en die SAID’

In sy toespraak het Mbeki spesifiek melding gemaak van Zuma se “pogings om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te vernietig” en onder meer verwys na die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID, gelei deur afgetrede regter Robert Nugent, asook die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping.

Die kommissie het onder meer bevind dat die SAID ʼn sprekende voorbeeld is van hoe die private sektor en uitvoerende regering, insluitend Zuma, saamgesweer het om ʼn gesiene instelling te kaap en te verwoes.

“Volgens dié regterlike kommissies het ons hier ʼn staatshoof wat betrokke raak by ʼn proses om die einste inkomste te verminder wat hy nodig het om die regering in staat stel om sy pligte na te kom – tot op die punt van die moontlike ineenstorting van daardie regering.

Oudpres. Thabo Mbeki. (Foto: ANC / X)

“Hoe verduidelik jy so iets? Die enigste logiese manier is dat ons hier met ʼn wolf in skaapklere te make het.”

As ʼn mens só daaroor dink, sê Mbeki, is dit eintlik nie verrassend dat so ʼn “wolf” by pogings betrokke sou wees om die SAID te vernietig nie, aangesien dit juis die doelwitte van die teenrewolusie onderskryf.

Mbeki het verder gesê dat pres. Cyril Ramaphosa op aanbeveling van die Nugent-kommissie opgetree het toe hy die destydse hoof van die SAID, Tom Moyane, met Edward Kieswetter vervang het. Sake by die SAID het daarna weer aansienlik beter begin verloop.

Die teenrewolusionêre rolspelers het volgens Mbeki ook probeer om dieselfde verbrokkeling by instellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag, die polisie en die departement van gesondheid te veroorsaak.

Oor Eskom en die jare lange kwessie van beurtkrag het Mbeki gesê daar is ʼn “valse narratief” dat die regering van voor 2007 waarskuwings van kundiges verontagsaam het dat die land van 2007 ernstige beurtkrag sou ondervind, indien geen onmiddellike stappe gedoen word om nuwe opwekkingskapasiteit te genereer nie.

Hy meen die kragkrisis wat die land in 2007 en 2008 ervaar het, is van binne Eskom veroorsaak en het niks met enige regeringsmislukkings te doen gehad nie.

“Eskom-stasiebestuurders het eenvoudig opdragte verontagsaam om hul steenkoolvoorraad aan te vul totdat dit heeltemal opgeraak het. Dit was ʼn doelbewuste poging om die voorsiening van elektrisiteit in gedrang te bring,” het Mbeki gesê.

2021-oproer

Die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng was ook die werk van die teenrewolusie – ʼn beproewing van hul vermoë om die land te destabiliseer, het Mbeki verder gesê.

Volgens hom is daar ook ander gevalle van skade en geweld wat die teenrewolusie in die openbare sektor berokken het. Hy het egter nie daaroor uitgebrei nie.

Hy gee verder toe dat probleme in die regering direk verband hou met sekere lede van die ANC, maar dat die ANC dit ook besef het en nou wil voortbou, soos vervat in die party se 2024-verkiesingsmanifes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

tweeling ·

Orals waar die cANCer betrokke is sal niks goeds gebeur nie.

KB ·

Julle is net 30 jaar te laat. Niemand wil met julle praat nie – julle het julleself reeds bewys. Ons mors nie meer ons tyd nie.

Johannes ·

Hoekom nou skielik. Beee bly en moorde gaan voort maar nou praat jy so

Ore ·

Ons weet dat Mbeki nie ‘n Zuma ondersteuner is nie en was tot nou toe ook nie ‘n Rampposa aanhanger nie. Skielik is hy Rampposa se koningmaker en besing hy die regering asof hulle op water loop. Sy VIGS beleid het meer as 300,000 sterftes tot gevolg gehad maar geen ANC kader gesels daaroor nie. ……’n party wat hom oor die “armes” en weerloses ontferm. En ja, die kiesers stem steeds vir die ANC!

Strandloper ·

Altyd maklik om na die tyd n eier te le. Jyt jou kans gehad maar was heel bewusteloos en het skaars n kopknip gemaak?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die tydperk 1994 tot 2007 was ook gekenmerk deur sterk internasionale groei. Daar was wel ligte ressesies in 1999 en 2004. Mbeki kon nog steun op die pre-1994 deurdra effek. Maar Eskom was reeds onder druk. So ook ander SOEs en infrastruktuur. Die staatsdiens het begin verswak. Hy was bloot ‘n toeskouer. Sal ons ooit sy stille diplomasie rakende Mugabe vergeet. Dit was die begin van onbeheersde instrominings. Of sy uitsprake oor MIV en Vigs. Nee wat, jy was ook hopeloos en steeds onbetroubaar.

Henk ·

Ek wens die agbare oud president wil sy kommentaar op die media plaas waar al die oningeligte anc ondersteuners daarvan kan kennis neem.

Pieter ·

Mbeki, samewerking het julle al lankal. Wanneer kry ons bietjie julle samewerking?

Wakkerslaper ·

Ons moet ophou droom en die realiteite in die oë begin kyk! Die sg. “Afrikaner Verklaring” is ‘n totale klug! Dit is gemaak deur ‘n klein groepie mense gelei deur dieselfde links-liberales wat my volk aan hierdie regime uitgelewer het deur verraad te pleeg. Daai verklaring verteenwoordig MY NIE! Die ANC terroriste het nog NOOIT belang gestel in “samewerking” met die Boere/Afrikaners nie. Deur die loop van hierdie land se geskiedenis was die houding van die swart volke teenoor die blanke nog altyd vyandig, ten spyte van hoeveel pogings om in vrede saam te leef. Die ANC se terreur aanvalle en hulle rol daarin om SA in die 1980s “onregeerbaar” te maak was net ‘n voortsetting van daardie haat en vyandigheid.

Martie ·

Ek verstom my aan die mense wat gedurig van Afrikaners praat wanneer daar van Afrikaanssprekende Suid Afrikaners gepraat word. Hoekom word daar nie van Zoeloes of Xhosas gepraat wanneer daar van ander Suid Afrikaners gepraat word nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Marti, Suid-Afrika was reeds in 1910 gedoem tot mislukking. Dit was ‘n klug wat deur die Britte in London en verloopte boeregeneraals bewimpel is.

Amelia ·

Wakkerslapper stem met jou saam hul sal nooit verander nie onthou maar vir piet retief

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Die olifant in die kamer is dat Suid-Afrika haas geen sekondêre industrie het wat ekonomies wêreld mededingbaar is met produk vervaardiging nie.

christo ·

Die geskiedenis het oor en oor bewys dat onderhandelinge in Suid-Afrika tot ‘n ramp uitloop, en die Afrikaner altyd die slegste daaruit kom. Vir wat wil enigiemand met ‘n korrupte ANC onderhandel, terwyl ons stelselmatig vernietig word. Dink net aan korrupsie, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, die Bela wet, plaasmoorde en dies meer.
Hoeveel keer wil die Afrikaner sy kop stamp? Daar is nie medisyne vir onnoselheid nie.

JohanR ·

Ja ou Mbeki jy en Bob Mugabe het lekker saam gekonkel sodat Morgan Tsvangirai nie die regverdige president van Zimbabwe word nie.

annie ·

Nee wat, om Mbeki te prys toe als nog gewerk het en witnense nog die land gedra het, is bloot onkunde en optimisme wat destyds nog in die land geheers het. Hierdie ou het op die golf gery en hom as akademikus en glo intellektuele reus probeer voordoen. Sy destydse verklaring dat vigs glo deur wittes versprei word om die swart bevolking by te kom moet ons waarsku dat sy oggend en aand praatjies erg verskil. Hy gaan witmense help uitwerk en afwerk en uitvee by die agterdeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.