Ses dood toe taxi deur huis ploeg

(Argieffoto: Hansie Linde)

Ses mense is dood toe ʼn taxi die naweek deur ʼn huis op Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap geploeg het.

Die taxi het Saterdag in M-straat gery, toe die remme glo onklaar geraak en dit deur die huis in O-straat gebars het, lui ʼn verklaring van Anele Mjekula, burgemeester van die Makana-munisipaliteit.

Die taxibestuurder, vier passasiers – onder wie ʼn munisipale werker – en ʼn tienerseun wat getref is terwyl hy op ʼn sypaadjie gestap het, is in die voorval dood.

Verskeie munisipale amptenare, onder wie die speaker van die raad, Mabhuti Matyumza, is inderhaas na die toneel waar hulle omstanders probeer vertroos het.

Die burgemeester het ook ʼn oproep gedoen op mense om nie ʼn video van die ongeluk, wat wyd op sosiale media aangestuur word, verder te versprei nie. “Wees bedagsaam teenoor die families wat hul geliefdes op so ʼn hartverskeurende manier verloor het,” het Mjekula gevra.

Hy het ook sy medelye met die geliefdes van die slagoffers betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amelia ·

Hoekom is sommiges so lief om video van als te maak ai tog kan hul nie dink is ander se vriende familie ens wat gedood is nie moet sulke mense sommer n boete gee

Bolandse Nooi ·

@Amelia, as daar nie mense is wat op die toneel van ‘n ramp of ongeluk video’s maak nie, sal jy nie daarvan in die nuus kan lees nie. Dit is die dom ape wat dit op sosiale media DEEL met ieder en elk (“public”) wat aangevat moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.