Die week in foto’s

China: Hierdie lugfoto wys ʼn ineengestorte deel van ʼn snelweg naby Meizhou. Die dodetal het tot 36 gestyg nadat die hoofpad in die suide van China se Guangdong-provinsie weens swaar reën in duie gestort het. (Foto: CNS/CNS/AFP) / CHINA UIT)

Japan: T-hemde fladder tydens ʼn T-hemp-kunsuitstalling by Irino-strand in Kuroshio-dorp. Ongeveer 1 000 van hierdie hemde is deur lede van die publiek ontwerp. (Foto: Makoto Kondo/ Yomiuri Shimbun/AFP)

Verenigde State: Pro-Palestynse betogers wat Hamilton Hall aan die Colombia Universiteit in New York beset, hys ʼn melkkrat met voorrade by die gebou op. Die polisie het die Columbia Universiteit se kampus Dinsdag binnegedring. (Foto: Michael M Santiago/POOL/AFP)

Nepal: Brandbestryders, polisiebeamptes en plaaslike inwoners probeer om ʼn veldbrand te blus naby die dorpie Lubhu in die Lalitpur-distrik, aan die buitewyke van Katmandu. (Foto: Prakash Mathema/AFP)

Frankryk: ʼn Betoger hou ʼn koperblaasinstrument vas tydens ʼn optog ter viering van Internasionale Werkersdag in Lyon, sentraal-oos-Frankryk. (Foto: Jeff Pachoud/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.