Vermeende kardiewe vas ná teëspoed op pad

(Argieffoto: pixabay)

Hoofwegpatrolliebeamptes in Kaapstad wat stilgehou het om twee motoriste te help nadat hul voertuig twee pap bande opgedoen het, het dié twee gestrande motoriste sommer ook in hegtenis geneem.

Die twee beamptes het Saterdag omstreeks 07:30 op die N2 tussen Symphony- en Borcherds Quarry-weg by die motoriste stilgehou omdat die voertuig twee pap bande gehad het, sê Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapstad-metro-verkeersdiens.

Kort daarna het nog iemand egter daar aangekom en die beamptes ingelig dat hy die eienaar van die voertuig is en dat dit die vorige aand by sy huis gesteel is. Hy het in daardie stadium reeds ʼn klag van motordiefstal by die Lentegeur-polisie aanhangig gemaak en beamptes daar kon die besonderhede bevestig.

Die beamptes het daarna die 21- en 18-jarige vermeende motordiewe summier in hegtenis geneem. Hulle word by die Nyanga-polisiestasie aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peach ·

Praat van geluk met ongeluk gemeng….. het die regmatige eienaar toevallig op die toneel aangekom?

Amelia ·

Bly vir eienaar want hul haal als uitmekaar tot daar niks is waaraan jy kar kan uitken nie

Niklaas ·

Die motoreienaar (en sy versekeraar ) is natuurlik baie verlig en bly. Dit was ‘n gelukskoot dat hy daar kon aankom en sy voertuig sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.