Kaapstad-marathon bly ’n hoogtepunt

Die Kaapstad-marathon is weer eens ’n hoogtepunt. (Foto: Cape Town Marathon/Facebook)

Suid-Afrika se Stephen Mokoka kon nie daarin slaag om sy Kaapstad-marathontitel suksesvol te verdedig nie. Hoewel hy alles in die stryd gewerp het, kon hy net nie in die pylvak by Adane Gebre bly nie.

Die Ethiopiër is die uiteindelike wenner met sy tyd van 2:11:29, gevolg deur Mokoka (2:11:33) en Bernard Kipkorir (2:11:51).

Tog is Mokoka beslis ʼn marathonkrag waarmee daar rekening gehou moet word.

Die 38-jarige boorling van Mahikeng het verlede jaar die Kaapstad-wedloop met sy tyd van 2:09:58 gewen, terwyl hy in 2018 die marathon in ʼn rekordtyd van 2:08:31 voltooi het.

In die vroue-afdeling het die Ethiopiërs beslis nou die septer geswaai.

Tsige Abreha (2:14:17) het die wedloop gewen, gevolg deur Melesech Beyene (2:26:23) en Shewarge Amare (2:27:27).

  • Uitslae:

Mans:

  1. Adane Kebede Gebre: 2:11:29
  2. Stephen Mokoka: 2:11:33
  3. Bernard Kipkorir: 2:11:51
  4. Joshua Kogo: 2:11:54
  5. Zewudu Bekele: 2:11:57
  6. Bayelign Yegzaw: 2:12:12
  7. Dagnachew Maru: 2:12:19
  8. Sila Kiptoo: 2:12:39
  9. Blessing Waison: 2:12:49
  10. Desmond Mokgobu: 2:13:21

Vroue:

  1. Tsige Abreha: 2:24:17
  2. Melesech Beyene: 2:26:23
  3. Shewarge Amare: 2:27:27
  4. Sheila Chepkech: 2:27:41
  5. Lydia Simiyu: 2:29:04
  6. Ayinadis Birle: 2:29:14
  7. Cynthia Kosgei: 2:29:34
  8. Emane Hayile: 2:30:23
  9. Tamryn Mckie: 2:32:36
  10. Alina Armas: 2:36:08

Rolstoel – mans:

  1. Geert Schippers: 1:32:09

Rolstoel – vroue:

  1. Eden Rainbow-Cooper: 1:52:58.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.