Ramaphosa staan saam met Palestina

President Cyril Ramaphosa het Saterdag in Boksburg gesê hy staan in solidariteit met Palestina (Foto: VF Plus)

Die Israeliese regering se oproep dat 1,1 miljoen mense in Gaza die gebied moet ontruim, sal tot volksmoord lei.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag tydens ʼn vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) in Boksburg, Gauteng, gesê. Dít is te midde van die voortslepende konflik in die Midde-Ooste tussen Palestina en Israel.

Ramaphosa het met ʼn Palestynse vlag in die hand en ʼn Palestynse serp om die nek namens Suid-Afrika belowe dat hy in solidariteit met die mense van Palestina is.

Ramaphosa het wel meegevoel met Palestina én Israel betoon vir die duisende sterftes wat reeds aangemeld is. Hy het ook beklemtoon dat Suid-Afrika neutraal is.

“Ons neem op ʼn neutrale grondslag deel, soos ons altyd in verskeie konflikte oor die wêreld heen doen. Dít is selfs ten spyte daarvan dat van die partye wat in die konflik betrokke is dieselfde ideologiese posisie as ons beklee. Ons sal konflikte neutraal en met integriteit benader.”

In dieselfde asem het die president skerp kritiek vir Israel gehad en gesê die land word deur baie mense as ʼn “apartheidstaat beskou wat aanhou om die Palestynse mense te onderdruk”. Hy het gesê die ANC staan saam met Palestina en sy burgers, wat al langer as 70 jaar onderdruk is.

“As organisasie (ANC) het ons ook onder die onderdrukkende stelsel van apartheid gesukkel. Daarom pleit ons vir solidariteit met Palestina.”

Skok oor Hamas-steun

Die VF Plus het sy skok uitgespreek oor Ramaphosa se steun aan Palestina.

“Die VF Plus vind dit uiters betreurenswaardig dat pres. Ramaphosa nie ook bereid was om die Hamas-aanval op Israel as volksmoord te bestempel nie,” sê dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van internasionale betrekkinge.

“Suid-Afrika het vandag deur die president se steun aan Hamas en Palestina sy rug duidelik gedraai op Westerse waardes en sy steun toegesê aan lande en organisasies wat terreur aanhang as maatstaf en metode om te regeer. Suid-Afrika se inwoners wat enigsins beskaafde etiese en morele waardes aanhang, kan en mag hulle nie vereenselwig met verkragting, kindermoord en die ontvoering van onskuldige burgerlikes nie.

“Alle Suid-Afrikaners wat hierteen gekant is, sal ná vandag se uitsprake van pres. Ramaphosa hul kop in skaamte moet laat sak. Hierdie standpunt van die president het dit finaal onderstreep dat regdenkende mense nie langer in die skade en skadu van die ANC kan leef nie.”

‘Wereld kan nie wegkyk nie’

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sê die wêreld kan nie wegkyk terwyl miljoene Palestyne in die Midde-Ooste ly nie.

Pandor het afgevaardigdes toegespreek by ʼn konferensie wat deur die arbeidsorganisasie Numsa aangebied is, en sê sy sal haar daarteen verset dat Israel waarnemerstatus by die Afrika-unie kry.

Sy het ook ʼn beroep op die boikot van goedere uit Israel gedoen.

“Die voorsitter van die Afrika-unie-kommissie het ʼn uitnodiging aan Israel gerig om ʼn waarnemer by die Afrika-unie te word. Ek het dadelik besluit dat ek my hand sal opsteek en voorstel dat hierdie besluit herroep word,” het Pandor gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek sien hom ook nie as my president nie,hy het uit gewoonte ‘n manier om terorisme te ondersteun, vinnig om oor die hamas terroristegroep te praat maar doodstil oor plaasaanvalle en onderdrukking van die huidig benaadeelde minderhede in Suid-Afrika.

Hoekom ·

Ek het die videos en fotos gesien. Die ANC steun kinder moordenaars, verkragters en ontvoerders.
Dit was nie ‘n militere veldtog soos almal dit sien nie, dit was uit en uit gemik op die burgerlike samelewing van Israel. Dit was brutale terreur…

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die ANC en EFF word geken aan hul stink outoritêre despotiese muishond-vriende. Die ANC/ EFF en die muishonde is innerlik gevul met ‘n minderwaardigheidskompleks en ‘n gevoel van jaloesie en haat teenoor die Westerse kultuur, tegnologiese prestasies, demokrasië en voorspoede. “Shame on you ANC/EFF!”

Porseleintjie ·

Praat names jouself en die ANC Ramaphosa. Nie namens SA nie. Ek staan saam Israel. Jy huil oor volksmoord, maar wat van “kill the farmer, kill the boer?” Hoeveel in SA is reeds hulle eiendom ontneem? Vee dus voor jou eie deur en kry jou eie ” huis” in orde voordat jy klippe na enige ander land gooi.

Anel ·

Wens die ander partye wil nou ‘n slag opstaan en vir die res van die wêreld sê dat hulle nie saam met die ANC staan nie. Dat ons saam met Israel staan! Hoe kan die man vir my praat? Hy en sy vriendin Pandor, kan nie vir my praat nie, want hulle steun terrorisme! Ek nie!!!! Hoe dom kan hulle wees om dit nogal openlik te doen? Wat dink hulle gaan hier gebeur? Pleks hou hulle hul neuse uit ander lande se sake en probeer hier red wat te redde is!!!

madels ·

If only! Dis in tye soos hierdie wat hulle moet opstaan maar doen niks :-(

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Aldra gaan die ANC die Palestyne groen/ geel/swart serpe skenk met patrone van skilde en spiese daarop teenoor die blokkies patroon van die Palestyne se serpe. Die ANC-leierskap word by die dag al hoe meer koe-koes, “nuts”.

Manie ·

Die vent weerspreek homself om elke hoek en draai. Die een oomblik sê hy SA kies nie kant nie en dat ‘n oplossing vir vrede gevind moet word, net om daarna te sê die ANC ondersteun Palestina.

Zollie ·

Ek dink nie Ramaphosa weet wat die woord neutraal beteken nie. Dink hy moet sy skoolgeld gaan terugvra indien hy daar was.

George ·

Gelukkig Ramaphosa en Phandor julle siening is slegs die siening en ondersteuning van uit julle ANC geledere en kommunistiese siens wyse en nie die hele bevolking van SA nie !!!..julle ANC kaders vergeet gerieflikheids halwe toe julle bomme geplant het voor 1994… toe was julle nie bekommerd oor onskuldige lewens verliese gewees nie…maar nou het julle baie te se…kyk wat se die Woord van God oor Israel Ramaphosa en Phandor dan sal julle mening dalk verander .

Dandeleen ·

Ons president sien nie eers die Volksmoord raak in sy eie land nie, hoe gaan hy dit raak sien in ander lande?

madels ·

Neutraal?????????? Wanneer jy mr President met die Palestynse vlag om jou nek staan???? Jy staan 100% VIR Palestyne (eintlik die terroris vleuel, Hamas) EN 0% vir Israel!!! Punt!

Cassie Carstens ·

Hierdie Ramaphosa is nie my president en Pandor nie my verteenwoordiger van SA as minister van Internasionale betrekkinge nie. Hulle praat terrorisme goed waar mense in hulle slaap vermoor en babas se koppe afgekap is. Maar hulle het net simpatie met Palestina wat terrorisme toelaat. Ek dink die tyd het gekom vir die ANC om uitgestem te word in 2024. Die skade wat hulle nou aanrig sal lank neem om herstel te word. Om te dink dat ek positief was in 1994 stem my tot diepe teleurstelling in die huidige regering..

domheks ·

Skaam ek my nou! Ou ramaliegbek wil namens my/ons praat! Kyk hoe lyk sy eie huis! Kan nie eers hier erken hy/hulle het misluk nie, nou wil hy in ander lande SLIM wees!

Papsak ·

Ek stem lankal gese hy nie my president nie hy voel niks oor SA se plaasmoorde nie maar hy staan agter terroriste daar wil hy sy se se gaan bly sommer daar dan is hy mos by hulle

Di ·

Ek is sprakeloos dat hierdie korrupte regering hulle ophou met ander lande se probleme terwyl ons eie land in absolute chaotiese toestand is! Vee eers voor julle EIE deur dan meng julle in met ander lande se probleme! Honderde birgers word DAAGLIKS vermoor in ons eie land en het een van die HOOGSTE kriminele statistieke in die WERELD maar hy druk sy neus in ander lande se gevegte. SKOKKEND

Keelvol ·

Waar was jy Pandor in 1972 toe die palestyne die israeliese atlete vermoor het?
Waar was jy pandor in 1976 toe die palestyne air France se airbus gekaap her en die Israëliese passasiers uitgesonder het?
Waar was jy pandor toe jou held, Idi ammin in 1976 n weerlose Israëliese vrou het die hospitaal bed in entebbe laat sleep het en soos n hond laat dood skiet het?
Pandor, waar was jy toe idi ammin oor die 200 Kenia se mense laat uitmoor het omdat kenya israel goedgesind is in 1976?

Mariana ·

Hy sê hulle is neutraal maar ondersteun die terroriste. Die ANC is die grootste gevaar vir die land en sy mense. Ek is beslis nie aan Palestina se kant nie, so hy moenie namens my en miljoene praat nie. Sies hulle ondersteun kindermoordenaars, maar God slaap nie en eendag sal hulle ook voor Hom staan en moet rekenskap gee.

minnie muis ·

ek het laas week gesien op die regering se amptelike web wef daar is dokters wat graad in Israel gekry het..ek kry dit nie weer nie , die goed is seker afgehaal , ek het die vrystaatse dept of health gesoek , en toe sien ek die een pronk

My siening ·

Sy opinie tel nêrens in die wêreld want sy eie land is in meer gemors as Gasa! Hy so arrogant dat hy sy mond oop maak! Nou wens hy die bokke geluk nadat hy hul verraai het met amper nie n volkslied of vlag! Leier van bankrot ANC en 30 jaar se vernietiging van SA na ‘n “Failed State”!

Blikkies ·

Die ANC praat glad nie namens my nie, en ek Belowe ek staan Trots in Solidariteit met Israel en sy mense.

JohanR ·

Jy kan seker doen wat jy wil, maar moenie dink ek, of die land staan agter jou!

My siening ·

Pandor jy beter kyk na wat jou army doen in die UN troepe, jy kan die verkragters nêrens in die wereld vat, ingesluit ‘n Generaal!

Eugene ·

Ramaphosa en pandora wys dat hulle self nog steeds terroriste is. Dit is hoekom ons land so agteruit gaan. Hulle leef nog steeds in stryd met die inwoners van Suid Afrika

Marius ·

Sien nie vir hom as president nie of hoof van Suid-Afrika nie. As hy praat, praat hy namens die cANCer wat die hele Suid-Afrika vrot maak. Waarom gaan bly hy en sy cANCer nie daar nie… Dan kan ons die land weer reg ruk… Hulle breek in elk geval net af, daar is niks opbouend aan die cANCer nie…

Marthinus Johannes ·

Neutral, Hy laat ons lag. Met Rusland en Ukrain sê Hy niks maar onderlangs skasr Hy hom by Putin. Nou met Palestna en Isreal kies Hy openlik Palestina se Kant ( Isreal het Glo gesoek daarnna). CR is n huigelaar en n Kommie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.