
Bokvreugde sonder einde. Pieter-Steph du Toit en Handré Pollard vier Suid-Afrika se oorwinning op die Stade de France. (Foto: Thomas Samson/AFP)
Vergeet van ʼn vuurwerkvertoning op oujaarsaand of jou eerste hoërskoolkys; vanaand se Wêreldbeker-kwarteindstryd was baie meer opwindend.
Ná 80 minute se spel in ʼn aksiebelaaide wedstryd in Parys het die Springbokke vir Frankryk met 29 – 28 geklop om vir die halfeindstryd van die internasionale rugbyskouspel te kwalifiseer.
Natuurlik het die Franse al hul groot wapens op die Bokke losgelaat.
Daar was Antoine Dupont (met kopskerm en al) se flinke lopies en slim skoppies, Grégory Alldritt se kragspel en Peato Mauvaka wat met sy fisieke teenwoordigheid sy stempel op die kragmeting afgedruk het.
Tussendeur alles was die passievolle Franse toeskouers as’t ware die 16de tuisspanspeler op die Stade de France; ʼn speler wie se tartende stem nie met enige kleur kaart stilgemaak kan word nie.
Maar die Bokke is – net soos die All Blacks – gebou vir Wêreldbeker-toernooie en hulle het doodeenvoudig geweier om handdoek in te gooi.
Elke punt wat die Hane aangeteken het is in eie munt terugbetaal, die skrums het in die hoogste rat voortgestoom en Franco Mostert het saam met Jesse Kriel uitstekend verdedig
Daarbenewens het Kurt-Lee Arendse, Damian de Allende, Cheslin Kolbe en Eben Etzebeth vir die Springbok-drieë gesorg, met Manie Libbok en Handré Pollard wat die tuisspan onder verdere druk met hul skopkelkievaardighede geplaas het.
Veral een van Pollard se stelskoppe verdien spesiale vermelding.
Die 29-jarige losskakel, wat in skaars sy tweede wedstryd van die 2023-toernooi speel, het in die 70ste minuut nadergestap om ʼn strafskop binne sy eie halfgebied te behartig.
Hy het teruggetree en met sy regtervoet die bal oor die dwarslat gejaag om die Bok-voorsprong na 29 – 25 te rek.
Dit was ʼn deurslaggewende skop want daarna het Deon Fourie en Kwagga Smith dinge nag vir die Franse by die afbreekpunte gemaak.
Handre Pollard take a bow ????#RWC2023 | #FRAvRSA pic.twitter.com/WdQtFLjTKR
— Rugby World Cup (@rugbyworldcup) October 15, 2023
Ja, dit was deurgaans ʼn geskarrel om die Hane se vinnige spel te tem, maar die Bokke is deur na nóg ʼn Wêreldbeker-halfeindstryd.
Gʼn wonder die platejoggie het (waarskynlik effens teësinnig) teen die einde van die wedstryd Mandoza se Nkalakatha oor die stadionluidsprekers laat dreun nie.
Bravo, Bokke!
- Puntemakers:
Suid-Afrika: Drieë: Kurt-Lee Arendse, Damian de Allende, Cheslin Kolbe en Eben Etzebeth. Doelskoppe: Manie Libbok (2) en Handré Pollard. Strafskop: Pollard.
Frankryk: Drieë: Cyril Baille (2) en Peato Mauvaka. Doelskoppe: Thomas Ramos (2). Strafskoppe: Ramos (3).

Wat ‘n wedstryd!
Bravo Bokke! Om die Hane in hul eie agterplaas voor ‘n groot tuisskare te klop wil gedoen wees! Dankie Johann Gresse – uitstekend geskryf soos altyd!
Wat ń wedstryd. MOOI BOKKE
Cheslin Kolbe se doelskop afstorm was vir my die wedstyrydwenner. Wat n poging. In n klas van sy eie.
Puik gedoen Kolbe, dit het ons die wedstryd laat wen!!
….en Pollard se skop binne sy eie halfgebied, die Franse het hom so uitgejou maar hy het koelkop gebly
En onwettig. Ver oor die voordeellyn.
Watter voordeellyn?
Hahaha! Lag ek nou lekker in my mou vir die stukkie asyn
Suur soos ou wyn ….
Huh??
Leer die reels van die spel. Hoe se hulle: het die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie.
Heeltemal wettig volgens ALLE artikels oraloor wat deur kenners geskryf is. Die hele wereld het vir Kolbe net praise oor daardie stukkie meesterlike spel.
Jy maak jou naam Toffie met jou onkunde.
Boland Nooi – Kolbe het saam met die Du Pont mannetjie in Frankryk gespeel dus ken hy die “ins and outs” en tydsberekening en spel van Du Pont wat hom die voordeel gegee het om soos n pyl op die man af te storm. Ek stel voor jy gaan luister hier erens op hierdie bladsy na Arnold Geerdts se kommentaar want hy verduidelik dit so baie mooi sodat leke die spel kan verstaan … o.a. die afstorm en ander aspekte van die spel.
Dit was vir my een van die hoogtepunte.Sien dit baie min.
Gelukkig maar ons sal die wen vat.
Geen geluk ter sprake. Dit was HARDE werk deur beide spanne. Niemand was “gelukkig” nie. Net reeds 4 driee versus 3 driee is dit duidelik wie die wen verdien het. Al was dit naelskraap.
Dit was n lekker tawwe wedstryd en altyd die moeite werd om te kyk veral wanneer die Bokke speel. Geluk Springbokke!!!
Lekker naelbyt rugby. Welgedaan Bokke julle is en bly TOPS
Wel gedaan Bokke! Nog 2 wedstryde dan sien ons julle terug in SA met die beker!
En Pollie het weer gewys hoekom hy no 10 verdien
Manie ook.
Briljant gewees, gaan lank vir die Bokke speel.
Definitief. En sy kalmte, verdediging en akkurate skopwerk maak hom ‘n wedstryd wenner. Min spelers sou daai 50 m strafskop oorgeskop het.
Ja-nee, dit moet ek toegee. Daai strafskop vanuit 5m buite die Bokke se helfte speelveld was briljant!
final sa vs nz soos 1995
Baie sterk moontlikheid
Net een verskil – die Bokke gaan nie wen nie.
Jy praat te vinnig.
Daar is net een span wat nog nooit ‘n werelbeker finaal verloor het nie,
Waar is Sir Clive Woodward se 4 noordelike half fond spanne????????
Hy weet te min van rugby af. Dorp rugby op sy beste gewees.
Dink Sir bly stil. Moes hom eerder ‘n lord gemaak het. Omgedraai.
…ek verneem hy is skoonveld, of soos hulle in Engels sê MIA
Sir Clive hou nou vakansie iewers in afgeleë Mongolië waar hy onbereikbaar is , na sy sotlike opmerkings.
Selfs Manie se stelskoppe is meer akkuraat as Woodward se voorspellings.
Bokke was uitstekend. Pollard jou yster !
Dit het aansienlik beter gegaan toe sekere spelers vervang is, Kwagga jou yster.
Kwagga was stukke beter as die speler wat hy vervang het.
By myle ver beter.
Kwakkies was verbasend goed. Was woelig en oral.
Net jy is verbaas Piet ons weet reeds vir baie lank.
Wat n riller van n wedstryd wat enige kant toe kon gegaan het- Die Bokke het weereens bewys dat hulle sal veg tot die bittereinde vir n wen- EN DANKIE TOG Pollard was reeds op die veld toe hy daai langafstand skop deur die pale gejaag het
This was top rugby !!!! SUID AFRIKA BO!!!!!
Uitstaande– absolute voorbeeld vir ons almal van samewerking– deursettingsvermoe — selfrespek en integriteit — natuurlik met Genade van Bo !
Wanneer land die bokke op die lughawe met die beker?
Eh …. nooit nie. Die beker gaan dié keer NZ toe.
Jy is dalks reg , maar dis steeds nie lekker om sulke kommentaar te lees nie.
Some light in the lives of us unhappy, miserable Safricans. Thanks bokke
Some unhappy and miserable South Africans. Most of us are positive and don’t want to be anywhere else.
Dis was ‘n emosie belaaide wedstryd. Hoendervleis oomblikke. Welgedaan aan elke Bok!
‘n “Lucky win”, was dit. Die ref het die Bokke bevoordeel met twee vorentoe-verloor balle wat dit net gesê is “play on” en Kolbe was vêêêêr oor die voordeellyn met daardie “charge down” van ‘n Franse verdoeling, wat waarskynlik die bordjies sou verhang het. Ramos het daardie een “veld-wen” skop ook liederlik verbrou. En as Les Blues gekies het om eerder kantlyn toe te skop met die strafskop wat hulle in die laaste 15 minute van die wedstryd gekry het en toe gegaan het vir ‘n oorstoot-drie, was húlle, en nie die Bokke nie, in die semi-finaal teen die Rose.
Bokke het n geel kaart gekry en nogsteeds vir Frankryk gewen. Daar is n rede hoekom die Springbokke 3 keer die wereld beker al gewen het vanaf 1995. Frankryk het nog nie.
En die All Blacks het 2 geel kaarte en n straf drie teen hulle gekry en nog steeds die Iere getroef………wat SA nie kon doen nie
En tog het die All Blacks in die vorige wedstryd teen die Bokke ‘n rekord nederlaag gehad.
As is verbrande hout. Punte is op die bord, bokke het gewen. Au revoir le coq sportif……
As, as , as…verbrande hout sou ek sê. Well done bokke.
No 3 van die Franse is keer op keer gewaarsku vir dieselfde oortreding, daardie “play on” was seker okay. Tog het die ref ons net in die volgende scrum vir die presiese ding gestraf. Het jy darem daardie raakgesien??
Diegene wat so negatief is, julle herinner my ‘n engelse slagspreuk. “Some people just want to see the world burn.” Hierdie land het bitter nodig dat diegene wat nog bietjie commin sense het, saam staan as een. Hier is genoeg hartseer en sleg rondom ons. Gun ‘n man bietjie blydskap, magtag!!
Ek is saam met jou bly oor daardie verdiende (beslis nie lucky) WEN!
Dis nou n fantastiese artikel! Lekker gelees.
Iewers moet iemand n Cheslin Kolbe monument oprig.
Dis net vir my kommerwekkend dat ons voorspelers nou in 2 wedstryde (Ierland en Frankryk) eintlik 2de beste was behalwe in die skrums..
Toe die plaasvervangers opgaan het als verbeter. Veral Kwagga het die speler wat hy vervang het oorskadu ….
.Maar kan daai speler nie vir jou sing nie in die gange en op die velde dit is al rede of natuurlik die regte een vir die kwota ?
Indien hy as ses gekies word in Frankryk waar hy as ek reg is na die WB gaan speel gaan hy nie lank speel nie .
Kwagga was puik en sy waarde by die wedstryd(twede fase en verdedeging) word of nie gesien nie of onderskat.
Stem saam gesingery kry nie punte op die telbord nie…….Kwagga is ‘n beter speler die kaptein is daar om die massas se ondersteuning van rugby in SA te behou en om politici stil te hou.
Stem saam. Die spelers in die Springbok span soos Kwagga onder andere dra die span met harde werk. Dit is om op te maak vir singende kaptein en kie se gedoente waar ons almal weet daar is veel beter spelers as singende kaptein en kie om van te kies. Maar spelers word nie meer gekies op hoe goed hulle speel nie, maar hoe hard hulle sing en die knieg buig.
Dink mooi hieroor, julle kwotas het eintlik die wedstryd vir die Bokke gewen van die speler van die wedstryd af regdeur…
ek dink ook nogal so.
Nope. Dit was n span wat saam gewerk het om die wedstryd te wen en van die spelers en kwota spelers te dra in hul eie span wat nie so goed speel.
Hele span het goed presteer. Ander meer so. Kwagga het die oog gevang en ‘n wesenlike verskil by die afbreekpunte bewerkstellig. O, nie geweet Pollard was ‘n kwota speler nie….
Dit was MOOI!
Na dankbaarheid vir die Bok Sukses — n moeilike vraag deur n dom geindoktrineerde sportliefhebber van Sport Sonder Politiek !
Waarom is die swart kleure en klere ingeweef in feitlik al die Bokke se truie,sweetpakke, aanbieders se kleure en klere ? Waarom die SWART ? Is dit goedkoop bemarking vir volgende jaar se verkiesing? Kan daar enigeen in die land wees wat met trots die bekende kleure ( met die treurige profiel ) vrywillig sal wil bemark ? Hoekom word die Bokke nog onder hierdie druk ook geplaas ? Gaan ons dit toelaat, as n Politieke Party die volgende verkiesing wen , met Pers/Blou/Rooi/ Wit of so-iets as kleure? Gaan die Bok trui dan weer aangepas word? Met sommer n Hamer en Sekel, of n AK 47 geweer en gebalde vuis embleem daarby ??
Wie laat dit toe? Is daar nie n patentreg geregistreer of betrokke — wat ook kleure en klere insluit en beheer nie ?
Kom ons kyk —of Vryheid van Spraak gerespekteer word ? Dit gaan maar baie onwillig soms ??
Dit lyk vir my politieke inmengery in sport is n gereelde ding om te doen in Suid Afrika. Dink nou net hoeveel hoogtes sport in Suid-Afrika sou bereik het as politiek nooit in gemeng het. Dan sou spelers gekies gewees het op hoe goed hy of sy is sonder druk van politieke inmengery.
As daar nog 5 minute langer speel tyd was , kon die uitslag beslis in Franse se guns gewees het.
As. As die Franse nie in 80 minute kon wen nie sou hulle nie.
Maar daar was nie, so wat is jou punt?
As die son nie geskyn het nie was dit nag ipv dag…….jou “as” is nou verbrande hout. Boy Louw het gesê “looks at the scoreboard”……