Die week in foto’s

Palestynse gebiede: Mense op ʼn dak kyk toe ​hoe vuur en rook bo die Palestynse toringgebou opstyg nadat die gebou tydens ’n Israeliese lugaanval getref is. Duisende mense het nou al in die konflik tussen Israel en Palestina omgekom nadat oorlog verlede naweek hier uitgebreek het. (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Frankryk: Fidji se senter Waisea Nayacalevu hou die bal vas tydens ʼn groepwedstryd van die Wêreldbekerrugbytoernooi tussen Fidji en Portugal by die Stade de Toulouse. (Foto: Charly Triballeau/AFP)

Myanmar: Inwoners spook met hul kruideniersware terwyl hulle deur ’n oorstroomde straat stap ná swaar reën in die Bago-nedersetting neergestort het. Vloede wat deur rekordreënval in Oktober veroorsaak is, het paaie en velde in dele van suidelike Mianmar verspoel. (Foto: Sai Aung Main/AFP)

Amerika: ’n Plaaswerker verwerk bosbessies by die plaas Mann in Buzzards‑baai, Massachusetts. Die bosbessiebedryf by Buzzards‑baai is ’n integrale deel van die gebied se ekonomie en kultuur. Sowat 20% van Amerika se -oes word in die streek verbou. (Foto: Joseph Prezioso/AFP)

China: Suid-Korea se Hur Yoon-seo en Lee Ri-young ding op 7 Oktober mee aan die eindronde van die artistieke swembyeenkoms vir vroue tydens die Hangzhou Asiatiese Spele in Hangzhou. (Foto: Manan Vatsyayana/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.