Beleef die afgelope week se wêreldwye nuusgebeure in foto’s.
Lees meerAlles vir Sondag 21 Januarie 2024
Hondjie met ses bene nou weer viervoetige vriend
Die hondjie, ʼn cockerspaniël, is na die meermin Ariel van die Disney-treffer Little Mermaid vernoem weens die ekstra gedeeltelik saamgesmelte agterpote wat soos ʼn meermin se stert gelyk het.
Ospreys skok die Lions
Die Lions het Sondagmiddag op Ellispark die eerste keer ooit ʼn nederlaag teen die Walliese Ospreys gely.
Kaper vas ná vragmotor omslaan
“Die vragmotorbestuurder het tydens die voorval ʼn oproep ontvang, maar is deur die verdagtes gedwing om te sê dat alles onder beheer is. Hy is later in ʼn veld afgelaai en van sy selfoon beroof.”
Beurtkrag: Eskom spring van een fase na die ander
Eskom het omstreeks 16:00 Sondag, tydens die soveelste beurtkragbywerking die afgelope naweek, bekend gemaak dat fase 1-beurtkrag vir ʼn paar uur toegepas sal word voor beurtkrag weer opgeskort word.
Oom Paul se baadjie opnuut afgestof
“Ons is trots in wie en wat ons is en dit is my plig as trotse Afrikaner om hierdie soort goed in stand en netjies te hou – vir ons en vir geslagte wat nog kom.”
‘Dankie, Dricus,’ sê Rassie
Rassie Erasmus het Dricus du Plessis – Suid-Afrika se nuutgekroonde UFC-kampioen – op sosiale media gelukgewens.
Beredder swak matriekuitslae deur aksie te neem
“Om jou matriekjaar te druip, kan erg teleurstellend wees, maar dit is nie nou die tyd om op moedverloor se vlakte te gaan sit nie.”
SA wil help met vrede, stabiliteit wêreldwyd
“Suid-Afrika bly daartoe verbind om ʼn opbouende rol te speel in die bevordering van vrede en stabiliteit wêreldwyd en doen ʼn beroep op alle nasies om saam te werk om verdere lyding en bloedvergieting te voorkom en om burgerlikes teen leed te beskerm.”
Tiener verdrink in see by Vishoekstrand
Die tienerseun het glo van rotse af in die see ingeduik voor hy deur lewensredders uit die water gehaal en terug na die strand gebring is.
Uitspraak oor blokkering van ID’s verwelkom
Die afgelope week se hofuitspraak dat die departement van binnelandse sake nie willens en wetens identiteitsdokumente mag blokkeer nie, “sal verligting vir miljoene mense in Suid-Afrika bring”.
Dobson trots op Stormers-triomf in koue Parys
“Om vir ʼn uitspeelwedstryd op jou tuisveld uit só ʼn taai groep te kwalifiseer, is pleinweg net ongelooflik. Ons is baie tevrede met hoe dinge verloop het.”
‘Denemarke se prinses Kate’ nou koningin in eie reg
Koningin Mary is nie net die pasgekroonde Deense koningin nie, maar ook een van die wêreld se gewildste, moderne koninklikes.
Drama toe Kirsten Kluyts se ‘moordenaar’ in hof verskyn
“Die laaste keer toe ek in hierdie hof was, het jy my met ʼn volslae gebrek aan respek geminag,” het Itumeleng Masako, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, gesê nadat landdros Renier Boshoff die saak uitgestel het.
Soet en suur vir Cheetahs teen Oyonnax
Dis nie maklik vir enige Suid-Afrikaanse rugbyspan om in Europa se vriesende toestande op ʼn sintetiese veld te speel nie.
Mieke wil onkoloog word ná kankerstryd
Die blondekopdogtertjie moet ondanks haar remissie en drome vir die toekoms tot 2025 nog chemoterapie ontvang. Haar ma het vandeesweek met Maroela Media gesels oor hoe dit deesdae gaan.
Novak marsjeer voort in Melbourne
“Die eerste twee stelle was van die beste tennis wat ek in ʼn hele ruk gespeel het.”
SA wil Mandela-veiling in New York keer
ʼn Swart hemp wat Mandela gedra het toe hy Brittanje se koningin Elizabeth in 1996 ontmoet het, se openingsbod is $34 000 (R630 000), terwyl Mandela se ID-boekie vir ‘n minimum van $75 000 (amper R1,4 miljoen) opgeveil sal word.
Dricus bring die titel huis toe!
“Nou weet hulle wat ons weet!” het Dricus du Plessis geskree nadat sy arm ʼn kort rukkie gelede seëvierend in die lug ná sy UFC-titelgeveg gehou is.
Jaar later en seun kry stééds nie plek in skool
Wian van Biljon moes sy gr. 8-jaar aanlyn voltooi omdat hy nie plek in ʼn skool in Kempton Park kon kry nie. Sy ma kan dit egter nie meer bekostig nie, en nou sit Wian tuis.