‘Dankie, Dricus,’ sê Rassie

Dricus du Plessis spog met sy titel. (Foto: X/UFC Europe)

Die meesterbrein agter die Springbokke se eenpuntoorwinnings in die afgelope Wêreldbeker-toernooi in Frankryk, Rassie Erasmus, het Dricus du Plessis op sosiale media met sy puik vertoning gelukgewens.

Du Plessis het vanoggend sy titelgeveg teen Sean Strickland in Toronto gewen en net soos die Springbokke het hy die tweestryd met een punt beklink.

“Dricus, ons is almal vreeslik trots op jou. Dankie vir wat jy beteken en vir Suid-Afrika doen. Jy is ʼn absolute yster en warrior,” het Erasmus getwiet.

Volgens die Wêreldbeker-wenafrigter is Du Plessis nie bang om die eensame pad na sukses in sy sport te stap nie.

“Maar jy het dit gedoen! Geniet die feesvieringe; jy het dit verdien. Lekka!”

Du Plessis praat oor sy geveg

Die Suid-Afrikaanse gemengdegevegskunsheld het ná afloop van sy Strickland-tweestryd gesê dat dit die beste oomblik van sy lewe is.

“Jy kan soveel as wat jy wil daaroor droom, maar dit voel nooit soos die ware jakob nie. Toe die gevegsbeamptes se punte uitgelees word, het dit gevoel of my hele lewe verby my flits. Ek het niks in die tenk oorgelos nie,” het Du Plessis gesê.

“Dit was terselfdertyd die gelukkigste en vreesaanjaendste paar sekondes van my lewe. Hul beslissings kon netsowel teen my getel het, maar om daardie woorde te hoor met die Suid-Afrikaanse vlag op my skouers was ongelooflik.”

Hy het selfs die vyandige Toronto-toeskouers na sy kant gedraai en teen die vierde ronde het hulle met ʼn “DDP”-dreunsang begin.

“Dit het my ongetwyfeld aangemoedig. Ek het juis vooraf gesê dat ek die uitjouery met toejuiging sal vervang.”

Wie is volgende op sy gevegslys?

“Israel Adesanya. Ek het niks persoonlik teen hom nie, maar dit is wat die ondersteuners wil sien en ek wil vir hulle baklei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wit Leeu ·

Jou yster ! Alle voorspoed op die pad voorentoe ! Julle verdien elke sent en roem wat jy kry !

George ·

Vince Mcmahon smile al die pad. Hulle slaan mekaar dalk regtig, maar die res is alles WWE.

Gaitsigubib ·

Die mense wat niks weet maar tog voorspellings maak, mag seker maar hoor dat hulle “nie weet wat ons weet nie”??? Dis nog lank nie die einde van DDP nie, daar is nog tyd vir hulle om weer verkeerd te voorspel!

SjN ·

Baie geluk Dricus, knap gedaan jou yster, 30 Februarie sal seker nou ook n publieke vakansie wees, die grootste fout wat Stricland gemaak het was om jou oog toe te slaan want as jy train is dit mos gewoonlik loadshedding.

SwartBees ·

Strickland se grootste fout was om Dricus se oog toe te slaan. Dricus oefen tydens loadshedding.

Vriendelike Frikkie ·

Ek kan nog nie verstaan hoekom hulle tot geweld oorgegaan het nie. Kon hulle dit nie maar net soos grootmense uitgepraat het nie… ;-)

Jaco ·

Is sy ras “reg” om SA te verteenwoordig? Sy ras pla my nie, maar wat dan nou van die ANC en EFF se gekerm oor “transformasie in sport”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.