ʼn Besoek aan hierdie besonderse museumkompleks is beslis die tyd en moeite werd. Of jy spesifiek daarheen wil ry, of daarlangs gaan op jou pad na die Natalse kus, sit sommer ʼn halwe dag opsy.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Anglo-Boereoorlog"
Te voet deur die Wesfront van die Anglo-Boereoorlog se slagvelde
Dit is nou byna ʼn maand sedert die Wesfrontvasbyt-2020-staptoer en die verlange brand in my: ʼn verlange na die Vrystaat, verlange na die stap en bowenal verlange na my vasbyters.
Kom tuis by Paul Kruger
Wanneer ons voertuig die oorspronklike houthekke wat na die Kruger-wonings lei, nader, stel ek my voor hoe dit in die 1800’s moes gelyk het. Die wind wat ook so saggies en gerusstellend deur die blare fluister – welkom tuis, boer, staatsman, Afrikaner.
Boerekinders en Mausers op die voorgrond in ‘500 Myl’
Phillip C Henn, skrywer van ‘500 Myl’, onthou dat foto’s van jong seuns met Mausers tydens die oorlog telkens ʼn invloed op hom gehad het. Dit het hom laat wonder oor die onvertelde stories van vegters.
Lees ’n uittreksel uit ‘Maggie: My lewe in die kamp’
Dit is ʼn aangrypende, maar ook hartverskeurende ware verhaal. Hier volg ʼn uittreksel uit “Maggie: My lewe in die kamp”:
Boek oor ‘hardegat’ boerekinders in oorlogtyd bekoor
“Die kinders het gebloei, swaar gekry en koud gekry, maar die jong boertjies was sterk ysters.”
Nuwe vrouemonument onthul
Die monument is opgerig om die Afrikanervroue te herdenk wat die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog oorleef het.
ʼn Jeugdag vir die Afrikanerkind
Die geskiedkundige gebeure van 16 Junie 1900 geniet weinig aandag in die hoofstroom.
Die puin en pyn van ons verskroeide land
Dit is op 16 Junie ’n 120 jaar gelede dat die verskroeideaardebeleid aangekondig is, wat tot die dood van duisende vroue en kinders gelei het. Petronel Fourie gee ‘n blik op die tydperk in geskiedenis wat Suid-Afrika onherroeplik verander het.
Nuwe beeld herdenk vroue, kinders van Anglo-Boereoorlog
Dit is vandag (Dinsdag) 120 jaar gelede dat die verskroeideaardebeleid aangekondig is, wat tot die dood van duisende vroue en kinders gelei het.
Die Slag van Donkerhoek 120 jaar later gedenk
Kraal Uitgewers het Vrydag die Donkerhoek-gedenkterrein en -begraafplaas besoek om dié slag te gedenk. Barend Uys, ’n nasaat van die Skotse regimentsersant-majoor van die 9th Lancers, Walter Grant, wat ook aan dié slag deelgeneem het, het die besoek meegemaak.
1902: ’n Bittere vrede word voltrek
Milner het vas geglo dat die Boere se eiendom vir hulle belangriker is as hul liefde vir die republieke. As die Boere die stryd in Junie 1900 laat vaar het, sou hierdie oordeel korrek gewees het. Die moed en deursettingsvermoë van die bittereinders het die verskil gemaak, soos wat Kitchener self erken het.
Twee onvergeetlike ontmoetings 120 jaar ná die ABO
‘n Tenger Engelse vroutjie en ‘n forse Nederlandse heer het my Boerehart raakgesien en nie weggekyk nie.
Woordskatte tussen die skrapnel
Saam met die letsels wat die oorlog aan die Afrikaner se siel gelaat het, het die stryd ook vir ʼn paar unieke benamings en interessante gebruike gesorg. Verder bevat die lys van oorlogsterminologie talle pragtige woorde met interessante herkoms. In hierdie rubriek soek ons tussen die skrapnel vir dié oorlogskatte en hul oorsprong.
Op die Anglo-Boereoorlogspad: 120 jaar later
In bloed gemeet, was die prys veel hoër. Daarom bly die Anglo-Boereoorlog ongetwyfeld ʼn kragtige gebeurtenis in die vorming van die geskiedenis van Suid-Afrika in die 20ste eeu.
Anglo-Boereoorlog verander koers van geskiedenis
Vanmiddag om vyfuur sal dit presies 120 jaar gelede wees dat die eerste skoot in die Anglo-Boereoorlog (11 Oktober 1899) geklap het. Dit was ’n skoot waarvan die klank weggesterf het, maar waarvan die skokgolwe steeds in Suid-Afrika gevoel word.
Nieu-Seelandse historikus gee Bybels terug aan boerefamilies
Die boerefamilies se verlies van hul erfenisskatte het geestelike en emosionele littekens op die Afrikanervolk gelos. Nie net word hulle van aardse goedere beroof nie, maar ook van hul erfeniswaarde.
Mag die Union Jack maar wapper?
Ek vra gevolglik aan die Nelson Mandela-stigting en regter Mojapelo wat die uitspraak gelewer het: As die ou vlag dan nie meer mag wapper nie, kan die bloedige Union Jack, wat oneindig meer pyn en lyding as apartheid meegebring het, maar ongestoord bly wapper?
Rees-Mogg en erfenis
Erfenisbewaring is ’n verpligting teenoor die geslagte wat ná ons kom en ’n betuiging van respek teenoor diegene wat voor ons hier was – hulle wat ons gemaak het wie en wat ons vandag is. As ons ons voorgeslagte nie ken en verstaan nie, kan ons nageslag dit ook nie doen nie en is selfs die konteks van uitdagings wat ons tans in die gesig staar, skeefgetrek.
ABO-konsentrasiekampie: Hier is die feite
Nadat die Britse LP Jacob Rees-Mogg egter ʼn hele paar kontroversiële uitlatings oor die konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog in ʼn BBC-program gemaak het, moet daar noodwendig weer ʼn paar ou oorlogskoeie uit die sloot gegrawe word. Hoe anders gaan ons die regte feite in die hande kry?