Die reaksie op die aankondiging van Suid-Afrika se heel eerste Mobile Photography Awards was oorweldigend.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Maart 2021
Oud-werknemer van gesondheidsdepartement skuldig aan bedrog, korrupsie
Dié oud-werknemer het meer as R357 000 van die departement gesteel.
Nóg ʼn pandemie-optog teen SA regering beplan
Mense in lande wêreldwyd gaan in solidariteit met Suid-Afrika aan die optog deelneem.
Gevangenes mag weer besoekers ontvang
Besoeke moet 48 uur vooraf gereël word met die betrokke korrektiewe sentrum.
Telkom staak sy diens aan Emfuleni-munisipaliteit
Die munisipaliteit se agterstallige skuld aan Telkom het sedert einde Januarie tot sowat R1 miljoen toegeneem.
ToekomsVenster: Die reis na binne
Wat van jou seer?
Hof hoor oor kringtelevisie in saak teen Malema, Ndlozi
Die beeldmateriaal moes meer as een keer aan die polisie verskaf word omdat die saakdossier glo verdwyn het.
Dodetal in Guinee-ontploffing styg skerp
Die staatsbeheerde televisienuusdiens het tonele gewys wat herinner aan ʼn oorlogsone, met reddingswerkers en gewone burgers wat probeer om liggame uit die smeulende puin te haal.
Polisie-opleiding gestaak weens Covid-19
Polisiestasies landwyd moet nou sonder duisende nuwe rekrute klaarkom wat sou help om misdaad te beveg.
Dié toestel kan jou help om borskanker vroeg op te spoor
Vroeë opsporing en gepaardgaande behandeling kan nie genoeg beklemtoon word in die stryd teen borskanker nie. Dié toestel kan jy in die gerief van jou eie huis gebruik.
Leerder ‘het gejok’ oor dade van onthoofde onnie
Die skoolmeisie het nou erken dat sy nie eens in die klas was toe die Franse onderwyser Samuel Paty karikature van die Moslemprofeet Mohammed gewys het nie.
Boekresensie: Christine le Roux Keur 6
Dit is die tipe boek waarmee jy jouself bederf wanneer die lewe en al sy probleme swaar op jou gemoed rus en jy ontvlugting soek in stories wat jou hartsnare roer, jou maak sug van genoegdoening en jou laat met ’n gevoel van tevredenheid
Verreynne: Kan die Cobras-held ’n Protea-superheld word?
In 67 eersterangse beurte het die rooikop reeds 3 158 lopies teen ’n spoggemiddeld van meer as 55 gemoker. Daarbenewens het hy pas 216* teen die Warriors geslaan.
Koster en Swartruggens: Politieke inmenging en die pad vorentoe
Die hofuitspraak het ʼn verreikende presedent geskep wat sake baie makliker vir moedelose plattelanders sal maak.
Meer as helfte van kinders aanlyn geboelie
Digimune dink boonop daar is selfs meer gevalle omdat kinders dikwels onwillig is om hul ouers van ʼn kuberaanval te vertel.
Pretoriase skool gereed, sou betogers terugkom
Betogers eis dat die hoeveelheid Afrikaanse klasse by die skool verminder word om plek te maak vir Engelse leerders.
Agrizzi se borgtogvoorwaardes verslap
Angelo Agrizzi is steeds ernstig siek.
Prokureur sê só weet jy iemand lieg
ʼn Prokureur se raad oor hoe jy ʼn leuenaar kan uitken, is baie gewild op sosiale media.
Ambagstudente sal baat by ‘historiese ooreenkoms’
Luidens dié ooreenkoms sal NEASA-lede voorkeur gee aan Sol-Tech studente.
Oudminister se eks ook by korrupsiesaak betrek
Bongani Bongo se eksvrou word nou ook daarvan beskuldig dat sy die departement van menslike nedersettings uit geld bedrieg het.