Nóg ʼn pandemie-optog teen SA regering beplan

Die foto is tydens ‘n optog geneem wat verlede jaar in protes teen die regering gehou is (Foto: SA United Voices, Facebook)

Talle lande wêreldwyd gaan volgende Saterdag saam met Suid-Afrika aan ʼn wêreldwye massa-optog deelneem in protes teen die Suid-Afrikaanse regering se hantering van die Covid-19-pandemie.

Mense wat aan die optog wil deelneem, kan op 20 Maart in Johannesburg, Soweto, Kaapstad, Pretoria, Bloemfontein en Durban byeenkom en in hul voertuie in konvooi saamtrek.

Hierdie optog is om Suid-Afrikaners vir die soveelste keer die geleentheid te gee om hul stem dik te maak teen die afsonderingstydperk en -regulasies wat nie net die ekonomie steeds negatief beïnvloed nie, maar ook lewens verwoes het.

Mense in Londen, Madrid, die Oekraïne, Australië en België – om maar ʼn paar te noem – gaan in solidariteit met Suid-Afrika in hul onderskeie lande aan die massa-optog deelneem.

“Mense gaan wêreldwyd saamstaan – nie net teen die Suid-Afrikaanse regering nie, maar ook omdat hulle self te na gekom is. Hul eie regerings het hulle in kwarantyn geplaas. Mense in ander lande is ook, nes ons, deur wetstoepassers geteister en in sommige gevalle aangerand,” sê Clay Wilson, die nasionale organiseerder en direkteur van die organisasie South African United Voices. Hierdie organisasie is in beheer van die reëlings rakende dié beoogde optog.

“Suid-Afrikaners is aangesê om ten tyde van die afsonderingstydperk hul ondernemings te sluit. Hul reg om hul geloof te beoefen, is ontken terwyl hulle gedwing is om ʼn kwarantyn te handhaaf wat ongrondwetlik en onmens

lik was. Die sigaret- en alkoholverbod het die voedsel- en drankbedryf negatief beïnvloed. Boonop was die strandverbod ook die laaste spyker in die doodskis van wat van ons vakansieseisoen oorgebly het.

“Dit alles is gedoen ‘tot ons eie beswil’ en om ons ‘veilig’ te hou. Suid-Afrikaners en mense oor die hele wêreld het wakker geskrik met die besef dat dit nie oor almal se veiligheid gaan nie; dit gaan daaroor om ons stil te hou.”

Volgens Wilson beoog hulle met hierdie optog om Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om hul stem te verhef en hul menings oor die pandemie uit te spreek. Hy sê die groot boodskap wat die organiseerders ook met hierdie optog wil uitstuur, is dat Suid-Afrikaners in ʼn diverse eenheid sal saamstaan vir dieselfde doel.

“Suid-Afrikaners gaan saamstaan teen dít wat ons nie vir Suid-Afrika wil hê nie.”

Wilson sê meer besonderhede oor elke optog in die onderskeie stede sal in die komende dae beskikbaar gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Boerkind ·

Stem 100% saam. Raak ook asb. betrokke om RSA van die grootste pandemie ooit (ANC / EFF) te red…

Vlooitjie ·

Dis beter as om net in ons huise te sit en grom en moan hieroor

Jan ·

Pandata se wetenskaplike evaluering van die data bevestig dat, selfs indien daar 360 000 sterftes weens covid in die eerste golf sou wees soos wat sekere doemprofete voorspel het (dit was slegs 20 000) dan sou die kollaterale skade van die “maatreëls” steeds erger gewees het. Sodoende het die regering ‘n molshoop tot ‘n berg verhef.

Casper ·

Nou will almal hulle ontevredenheid toon deur optogte te hou.Die grootste werkloosheid is veroorsaak deur besighede wat nie geldelike hulp van die regering ontvang het nie en hulle deur moes sluit.Wys julle ontevredenheid by die stembus.

Vlooitjie ·

Ek stem, maar ek dink ons moet op elke liewe platvorm ons ontevredenheid wys

Dirk Mostert ·

By die stembus (iewers in die toekoms) en nou met die optog.

Oljetter ·

As mense so gretig was om te werk en produktief te wees, eerder as om liberale twak uit te dink om tyd op te mors sal dit beslis beter gaan met ons bedremmelde land. Om nademaal te wil optogte hou oor iets wat jy nie kan verander nie beteken soveel as laasjaar se salaris.

SwartBees ·

Kan n wereld wye optog gehou word om asseblief die huidige verwoestende-goewerment te ontroon?!!?

Realis Thailand ·

Alle optogte protes aksies help niks. Die lae IK anc steur hulle nie aan die mense van die land nie
Vernaamlik as dit wit steun het.
Ek het geen antwoord op die kriminele se optrede behalwe as om die land te verlaat
Daa is geen ander oplossing van die Afrika verval nie

quartus ·

ons moet ook daarop aandring dat Dlamini-Zuma uitgeskop word uit die sg bevelsraad.

John ·

Pandemie?? Ha…..1.5 Miljoen mense besmet uit ‘n bevolking van bykans 52 mil is skaars ‘n pandemie. As ek nou reg verstaan is daar 50000 oorlede (Wat ek nie gevoeloos oor voel nie maar met groot simpatie aan die families saam treur) Maar ‘n pandemie sal afmaai links en regs. Verder word daar geskryf dat daar mense in Israel wat die inenting geneem het positief getoets is vir die virus…….wat nou ??

Dirk Mostert ·

Die toets wat ‘n monster deur jou neus tot by jou brein neem toets vir komponente van coronavirusse (nie net “Covid-19″nie). Die bloedtoets wys teenliggaampies (nie net die teen Covid-19 nie). Die doel van inenting is juis om teenliggaampies te laat ontwikkel. Wat in Israel gebeur is verstaanbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.