Hof hoor oor kringtelevisie in saak teen Malema, Ndlozi

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi Dinsdag in die beskuldigdebank. (Foto: EFF/Twitter)

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het Dinsdag weer in die Randburgse landdroshof verskyn vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel.

’n Voormalige werknemer van die begraafplaas waar die voorval plaasgevind het, Deon Klingbiel, het vandag in die hof getuig oor hoe die kringtelevisiemateriaal oor die voorval bewaar is. Klingbiel het ook getuig dat hy die beeldmateriaal meer as een keer aan die polisie moes verskaf omdat die saakdossier glo verdwyn het.

Maroela Media het vroeër berig Malema en Ndlozi het na bewering ’n senior polisieman in uniform, lt.kol. Johan Venter, in April 2018 by Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang.

Kol. James Bronkhorst, ’n polisiebeampte wat by die polisie se interne ondersoek na die voorval betrokke was, het ook getuig dat Venter volgens hom die situasie korrek hanteer het deur Malema se motor voor te keer om toe te sien dat die nodige veiligheidsmaatreëls tydens die begrafnis toegepas word. Malema beweer dat Venter hom probeer verhoed het om die begrafnis by te woon.

Die saak sal môre verder aangehoor word, sê Carina Bester, mediaskakelbeampte by AfriForum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pieter ·

Hier in die ANC land kan jy mos die dosier en die regters koop. Die land is om van op te gooi. As dit nou n blanke was dan was daai dosier in die kluis toe gesluit.

Dries ·

Ek kan nie glo dat daai wit prokureur die polisie beampte en amptenaar van die begrafplaas so probeer verneder om die grootste rassis Malema te verdedig met sy lewe nie. Dit is walglik.

Maggies ·

Dankie Vader dat iemand die nodige insig gehad het om die kring televisie video veilig te bewaar. Die saak dossier het alreeds meer as een keer “verdwyn”.

Michal ·

Hulle sal nog aanvoer dat die video gedokter is, erens in hollywood. Op die ou end sal die polisie man n rassis wees en verder sal dit maar net blah blah blah wees.

JM ·

Stuur assebliefvir Malema en sy kornuite Siberië toe. Hoe verder weg, des te beter! Hy veroorsaak net moeilikheid en breek af.

Casper ·

Hoe verdwyn die dossier.Geld wat krom is maak alles reg wat stom is.

marius ·

Die vonnis vir aanranding op polisie is tronkstraf sonder die keuse van ‘n boete . Wat gaan julle maak as hulle skuldig bevind word lamolla ?

SomeOne ·

malema en kie is al soveel kere by / in die hof, die hof kan gerus vir hulle slaapplek gee, dan sal hul nooit laat of afwesig wees nie

Persheks Adri ·

Dit verbaas my eers nie! Die insident het al in 2018 gebeur regtig kom nou man sluit hulle toe asb hulle veroorsaak net moeilikheid in die land van pffft. Tyd dat sy rooi pakkie verruil word vir oranje!!!

Stefan ·

Deel die video op youtube, dan kan hy nie somer weer verdwyn nie.

Pierre ·

Laat die persoon/persone wat die dossier hanteer wat so gereeld “verdwyn” ook aan die pen ry, en maak ‘n oordentlike voorbeeld van hulle vir toekomstige “verdwynings”

Jakes ·

As ek na Malema kyk dan wonder ek of ek dalk swanger is want ek braak onmiddelik.

Regverdigheid ·

Sluit hom toe hy maak nes hy wil sou ding hys die Presedent ……maar ja !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.