Pretoriase skool gereed, sou betogers terugkom

Polisie moes intree tussen die groep ouers en lede van ‘n jeugbeweging (Foto: Skermskoot van video op GAC Risk Solutions, Facebook)

Die beheerliggaam van Laerskool Danie Malan sê hy sal die hof nader om ’n interdik teen ontevrede ouers in die gemeenskap te bekom indien hulle weer die skool se werksaamhede probeer ontwrig. Dit volg nadat ʼn groep ouers Maandag dié skool se hekke gesluit en ook gedreig het om Dinsdag weer by die skool op te daag.

Maroela Media het vroeër berig omtrent 25 ontstoke lede van die gemeenskap het Maandag omstreeks 05:30 die hekke reg rondom die skool met kettings en slotte gesluit. Die beheerliggaam het ouers reeds vroeg die oggend in kennis gestel om nie hul kinders skool toe te stuur nie. Die groep is ontevrede omdat hul kinders nie in Laerskool Danie Malan geplaas is nie. Dié leerders is glo in skole buite hul woongebied geplaas. Die groep wil nou hê dat die aantal Afrikaanse klasse verminder word om plek te maak vir Engelse kinders.

Volgens ʼn verklaring wat deur die beheerliggaam uitgereik is, het beheerliggaamverteenwoordigers probeer om met die betogers te onderhandel, maar die pogings was nie suksesvol nie. Die betogers het gedreig om Dinsdag verder te betoog, wat teen tyd van publikasie nie gebeur het nie.

Die beheerliggaam het ook verseker dat daar Dinsdag genoegsame wagte by die verskillende hekke van die skool sal wees en dat die skool ouers vroegtydig in kennis sal stel indien daar moeilikheid is.

Die beheerliggaam het verduidelik dat inskrywings vir gr. 1-leerders deur die Gautengse onderwysdepartement hanteer word en leerders geplaas word in volgorde van hul afstand van die skool. Persone naaste aan die skool word dus eerste geplaas. Die skool ontvang ’n lys van die departement en plaas leerders daarvolgens.

Die beheerliggaam sê plasing vir die res van die grade word deur die skool hanteer en hang af van die beskikbare plek. “Die gr. 2- tot 7-klasse is gewoonlik reeds vol, omdat die leerders wat reeds in die skool is, nie sommer die skool verlaat nie,” lui die verklaring.

Volgens die beheerliggaam het die ontevrede ouers versoek dat die aantal Afrikaanse klasse per graad moet verminder en dat daar meer Engelse klasse geskep moet word. Hulle versoek ook dat die skool 50% Afrikaans en 50% Engels moet wees.

“Baie van die betogers se kinders is reeds in buurskole en het nie eers by Danie Malan aansoek gedoen nie. Van die betogers was ook EFF-lede wat reeds in Desember gedreig het om die skool te kom ontwrig.”

Betogers het glo ook gekla dat daar nie genoeg onderwysers van ander rasse is nie. “Die skool het wel onderwysers en assistente van ander rasse. ’n Onderwyser wat aansoek doen by Danie Malan moet in Afrikaans en Engels kan onderrig en moet die twee tale vlot kan praat, lees en skryf. Die onderwysers wat aangestel word by die skool is in staat om in albei tale te onderrig.”

Volgens die beheerliggaam het van die betogers verlede week met die distrikskantoor en ’n verteenwoordiger van die LUR vir onderwys se kantore vergader, wat na al hul besware geluister het. Die distriksamptenare het toe na die skool se getalle gekyk en kon geen onreëlmatighede met die plasings vind nie.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het Maandag aan Maroela Media erken dat alle leerders in die omgewing van Pretoria-Noord reeds geplaas is. “Dit is nie waar dat van die leerders nie geplaas is nie. Dit is jammer dat ons onsself in so ʼn steurende situasie bevind. Ons vra ouers om nie skole te ontwrig nie,” sê Mabona.

Die DA het vrae aan Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys, gerig om duidelikheid oor die plasing van die leerders te kry. Die party het ook ʼn beroep op Lesufi gedoen om alle leerders wat nie aan ʼn skool toegeken is nie, dringend te plaas om te verseker dat leer en onderrig vir die akademiese jaar hervat word.

“Die ontwrigting by die skool is ʼn miskenning van die leerders se reg tot basiese onderwys,” sê Adriana Randall, DA-LP. “Hoewel die DA die frustrasie van die vertraagde plasing van leerders verstaan, is dit onaanvaarbaar dat onderrig en leer ontwrig word. Ons leef in ʼn “nuwe normaal” as gevolg van die Covid-19-pandemie en elke minuut van onderrigtyd is waardevol en kan nie verlore gaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Fedup ·

Demand?
Well, excuse me.
I demand this country to be cleansed.

Elize ·

Hoekom is lesufi so stil? Berei hy voor vir sy hofsaak of is hy besig om skole te bou? Elke jaar dieselfde probleem? Selfs ‘n donkie stamp sy toon nie elke keer teen dieselfde klip nie!!

Kokerboom ·

Hy stress alhoewel ek nie dink hy weet wat dit is!!Altyd ANDER se probleem!!

JM ·

Die EFF floreer op ontwrigting en moeilikheid maak. Hulle deug vir niks beter as om te lawaai nie.

Annette ·

Die spul se koppe raas. Dit gaan nie oor die kinders se belang as alles polities gedrewe is nie. My eie kleinkinders was in ‘n skool 5 km verder van die huis af omdat die nader skool nie plek gehad het nie. Dit was ongerieflik, maar nie een van ons het in opstand gekom en dinge ontwrig of eise gestel nie, die situasie aanvaar en voortgegaan met die lewe.

Lourens CFG ·

Ek moes 3km stap oor ‘n kop tot by trein stasie, met trein gery tot by ‘n ander stasie, waar ek die Durban trein gehaal het tot by Rossburough stasie, en dan moes ek 2km loop tot by die skool. Donker skool toe, en donker weer by huis.
Die goeie ou jare sonder geklaery.

LANA is ELANè ·

So word elke Afrikaanse skool in SA die een of ander tyd geboelie. Plaas hierdie mense die regering verantwoordbaar hou vir die te kort aan skole, maar nee, nou sal die Afrikaanse skole geteiken word net omdat die voertaal Afrikaans is en skole reeds tot oorbodens vol is met kinders wat bereid is om in Afrikaans onderrig te word ongeag hul eie moedertaal of kultuur.

Mariana ·

So hulle het skole maar is net nie tevrede daarmee nie, skole het nou maar eers begin. Die ouers dra nie hul kinders se belange op die hart nie en soos gewoonlik is die EFF reg in die middel. Hulle is die probleem. Lesufi skitter natuurlik in sy afwesigheid, hoe dan anders.

Dup ·

Hulle optrede vertoon maar net ñ gebrek aan opvoeding en n baie groot verskil in kulture.
Bou eerder op en wees kreatief,die alternatief is anargie en verval.

Adriana ·

Gaan bou julle eie skole dan kan julle in julle eie tale en engels onderrig word en soveel kinders daarin plaas soos julle wil, los ons Afrikaanse skole uit dat ons in vrede in ons taal onderrig word en vorentoe gaan.

anniekiewiet ·

Weer ‘n nuwe strategie, net soos skelms nuwe veiligheidsmaatreëls altyd een voor is. Wonder wie het die nuwe klip uitgedink dat skole nou Afrikaanse klasse moet verminder om plek te maak vir engelse klasse.

Casper ·

Dit gaan nie oor plasing van kinders of onderwysers van kleur nie.Daaraan voldoen die skool.Dit is polities gedrewe.

Gabriel Hoffman ·

EFF wil net vernietig alles maar wat groei EFF iets beter of bevorder? NIKS…

Anel ·

Dis ‘n Afrikaanse skool. As die Afrikaanse verminder miet word, wat klaar vol is, waarheen moet daardie kinders gaan? Geen logika nie . Gaan bou julle eie skole en leer in die tale wat julle wil. Maar my!!

Foefie ·

Ja hulle sal hand en tand baklei om in te kom ÑET om n punt te bewys…. en dan betaal niemand skoolfonds nie want Eish! Apartheid se skuld sien?

Yvette ·

So fed up vir dit. Ek sien nie dat ons hulle skole saboteer nie

Marianna ·

Ek kan net nie glo dat die Afrikaanse gemeenskap soos ‘n prostetuut net gaan lê om verkrag te word nie. Hoekom laat ons hierdie ‘abuse’ toe? So gaan ons mense alles verloor.

Karpraat ·

Die probleem is Lesufi is te veel op politiek en te min op skole bou gespits.

Magda ·

EFF rol op julle moue en BOU n skool, en hou op op ONS Afrikaanse skole te ontwrig. Maak minder kinders en wees verantwoordelik vir die kinders wat julle het, en begin n voorbeeld stel vir hulle. JY is Malema geen GOEIE VOORBEELD vir niemand in SA nie, wat nog vir jou EIE kinders. Jy is die woord PA nie werd nie. SHAME ON EFF /ANC/

Pieter J ·

Die ouers moet maar in groot getalle opruk na die skool en die EFF konfronteer soos wat in Brackenfell gebeur het. Dit is al wat werk want dan word almal wat betrokke is sommer wakker.

Petrus ·

Afriforum en Solidariteit het afrikaanse Universiteit self gebou. So Malema jy en jou caders lig julle en bou jou eie engelse skool as jy dit graag wil hé en hou op om VOTES te koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.