Die Nobelprys vir vrede is Vrydag toegeken.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Oktober 2021
Bymiddel in lekkergoed, koeke verbied
Dit word hoofsaaklik gebruik om lekkergoed, kougom, witsouse en koekversiering witter en helderder te maak.
Beurtkrag duur voort tot Donderdag
Eskom het gesê fase 2-beurtkrag sal van vanaand 21:00 tot minstens Donderdag om 05:00 voortduur.
AA wil weet wat die toekoms van e-tol is
Die organisasie is teleurgesteld oor vervoerminister Fikile Mbalula se uitlatings dat e-tol nie geskrap gaan word nie.
Hond aflaai-storie is onwaar, sê Netcare
Die Netcare-werknemer gaan regstappe neem ná vals bewerings op sosiale media.
DA verwerp gerugte dat hy gholfbane in gopse gaan verander
“Nêrens in Kaapstad of in die res van die land het die DA planne om gholfbane in krotbuurte te verander nie, en dit is absurd en desperaat van enige party om dit as sulks voor te hou.”
ToekomsVenster: Sonder liefde is ons niks
Waarin roem jy terwyl dit net dalk ontbreek aan die liefde? Vra die Here om sy liefde in jou hart uit te stort.
Taalgebruik: Rekenaarterme
Taalgebruikers struikel soms wanneer daar in Afrikaans oor rekenaarsake gepraat word. Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Kry ’n koffie-ervaring op barista-vlak
Dalk is jou huis nog steeds jou kantoor, of dalk is jy net ʼn ernstige koffieliefhebber. Hoe ook al, nou kan jy ʼn koffiewinkel in jou eie kombuis besit.
Uitblinkers in Afrikaanse media vereer
Die doel van dié toekennings is om erkenning aan baanbrekers in verskeie kreatiewe beroepe te gee.
Jongste musiekgroep laat die voete jeuk
Die vier kinders, wat almal in die Vaaldriehoek bly, is nie net soos boeties en sussies vir mekaar nie, maar maak ook heerlik saam musiek en spog al met twee musiekvideo’s.
Valke gaan bou van sportterrein bekyk
Die Lesseyton-sportterrein in die Oos-Kaap het glo R15 miljoen gekos op te rig, maar daar is talle vrae oor of daar werklik waarde vir geld gekry is.
Só knou pandemie SA se rolprentbedryf – verslag
Die verslag het ook ’n aantal kommerwekkende neigings soos ’n afname in fliekgangers onthul.
Die Xhosa-beesslagting van 1856-57
Daar is min Suid-Afrikaners wat kennis dra van wat tydens die slagting gebeur het. Die meeste mense is salig onbewus daarvan dat daar ooit so ʼn tragedie was.
Meer as derde van volwasse SA’ners nou ingeënt
Die regering het bevestig dat 33,3% van die volwasse bevolking nou teen Covid-19 ingeënt is.
Resep: Fortado-koffie met witsjokolade en klapper
Maroela Media het saam met Nespresso ʼn heerlike koffieskepping vir ʼn ekstra spesiale koppie boeretroos gemaak.
Kleuter sterf; gesin glo vergiftig
Die ma se vriend het dié aand geweier om te eet.
ANC slyp tande vir Wes-Kaap in komende verkiesing
Die party voer aan dat hy uit die foute van die verlede geleer het en hierdie keer “geloofwaardige kandidate” voorstel terwyl sy manifes op sy ervaring dui en die pad vorentoe uitstippel.
Motorbedryf verras ondanks uitdagings
Onder die bakkies staan Hilux nog die sterkste in terme van verkope.
Baba ná 71 dae uit hospitaal
Dit is nog onduidelik of Demi-Lee Putter, wat twee hartaanvalle oorleef het, langtermynbreinskade opgedoen het.