Valke gaan bou van sportterrein bekyk

’n Skermskoot van die eerste plasing wat die Enoch Mgijima- plaaslike munisipaliteit van die Lesseyton-sportstadion op Facebook gemaak het.

Die Valke gaan die bou van die peperduur Lesseyton-sportterrein naby Komani in die Oos-Kaap ondersoek. Dit het glo R15 miljoen gekos om te ontwikkel.

Die Valke se betrokkenheid volg nadat amptelike klagte teen die Enoch Mgijima-munisipaliteit ingedien is.

“Die Valke wil aan almal die versekering gee dat dié saak die nodige aandag geniet. Die ondersoek is tans nog in die beginfase en sodra alle verklarings en nodige dokumente verkry en bestudeer is, sal die saak na die direkteur van openbare vervolging verwys word.

“Daarna sal ʼn besluit geneem word om te vervolg al dan nie,” sê Nomthandazo Mbambo, woordvoerder vir die Valke.

Geen verdere besonderhede oor die ondersoek is in dié stadium bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die munisipaliteit onder skerp kritiek deurgeloop het nadat hy dié stadion op sy Facebook-blad onthul het.

Die sportterrein bestaan nie uit veel meer as ʼn oop veld met ʼn staalpaviljoen en ablusiegeriewe nie, wat talle vrae oor die werklike onkoste van die oprigting daarvan laat ontstaan het.

Ook die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) sê hy is uiters bekommerd oor die bedrag wat die Enoch Mgijima-munisipaliteit aan die sportfasiliteit bestee het – veral omdat die munisipaliteit kniediep in die skuld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lubbe ·

Hier gaan soos talle ondersoeke in ons land, niks van kom nie.

Philip ·

Ek sal net graag wil hoor wat die Jubelant home Community betaal was om die juigkommando te vorm ek vermoed n paar Buckets Kentucky fried chichen het deel gevorm van betaling en dalk n T-shirt of twee.

Strandloper ·

Bekyk…nie veel om te sien nie…kyk eerder wie rol nou in geld

Souterig ·

Hou op warra warra, wanneer gaan die skuldiges in hierdie en die vele ander korrupsie skandale, waarvan sommige al dekades oud is, TRONK toe. Dalk moet hierdie nuwe “state of the art” fasiliteit ‘n “spotterrein” genoem word, en sommer die parlement ook.

Zombie ·

Mens wonder hoeveel jaar gaan hierdie “ondersoek” duur en of al die kaders wat ryklik geskep het, geïdentifiseer en suksesvol vervolg sal word. Dis ń skandalige vermorsing van belastinggeld en dan word daarmee op FB gespog.
Kom voor asof die munisipale amptenare redeneer soos baie mense oor die Covid-inenting redeneer.

Di ·

Party se mentaliteit is so laag dat hierdie vir hulle baie MOOI is, is niks beter gewoond nie

Johann ·

Dis maklik. Dis wat n juigende skare deesdae kos. Vir Tshirts. . Keppies…ChichonLeekhon…Spesjil Graht ant attentans sortofikowt. En natuurlik konsoltaishown feehs. TADA. Invoice pait in kajsh.

Philip ·

Die valke het nou betrokke geraak om die aangeleentheid n vroe dood te laat sterf of andersins die saak uit te rek totdat dit stilweg op watter metode ookal self verdwyn MAW laat die temperatuur en bespreking van die saak dadelik ophou.

Johann ·

Dit sou interessant wees om te weet of die polisie spesialiste in diens het wat die opmetings en berekenings van hoeveelhede te kon doen en dan die tariewe te ondersoek van so ‘n siviele projek.

Johan ·

Ek verbeel my dat ons eers op Hoërskool geleer het van opmetings en berekenings…..

Shakespeare ·

11 milj het in die vieslike korrupte kaders se sakke verdwyn. LOOI HULLE (as dit nog moontlik is in die New Sout Êfrica)

Jr ·

Nog n saak wat sal opeindig in FILE 13, 13TH FLOOR, LUTHULI HOUSE ONDER DIE DUISENDE ANDER ONDER DIE MAT

Winnie ·

Ag shame en iemand gaan seker geskors word vir onbepaalde tyd met volle salaris en voordele. Ons is al so gewoond aan die niksseggende ondersoeke en kamtige vervolgings. Proudly South Africa

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.