‘Graaff-Reinet se naam moet bly’

Graaff-Reinet. (Foto: wikipedia)

Daar is groot teenkanting teen die voorneme om Graaff-Reinet in die Oos-Kaap se naam te verander.

“Een van die oudste dorpe in die land is nou in die regering se visier en loop die risiko om sy kosbare historiese identiteit te verloor.” Volgens die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het hy met groot teleurstelling en verbasing verneem van die voorstel om Graaff-Reinet se naam te verander.

Die Oos-Kaapse geografiese namekomitee het die afgelope week openbare verhore gehou oor voorgestelde naamsveranderinge in die Sarah Baartman-distrik. Onder ʼn lys van aansoeke wat tydens die openbare verhore bespreek is, is die voorgestelde naamsverandering van Graaff-Reinet na Robert Mangaliso Sobukwe en Adendorp na Kwa Mseki Bishop Limba.

“Dít is die jongste poging in ʼn reeks van absurde probeerslae van die regering om Afrikanergeskiedenis uit te wis,” het Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder van die FAK, gesê.

Graaff-Reinet is die vierde oudste dorp in Suid-Afrika en is vernoem na die destydse goewerneur, Cornelis Jacob van de Graaff en sy vrou, Reinet.

Voortrekkerhelde soos Piet Retief, die eerste goewerneur van die Voortrekkers, Gerrit Maritz en Andries Pretorius, hoofkommandant van die Slag van Bloedrivier, het almal hul pad op die Groot Trek by Graaff-Reinet afgeskop.

“Nou wil die regering hierdie pragtige kultuurhistoriese konteks heeltemal van hierdie dorp stroop, ter wille van inklusiwiteit. Die regering neem ondeurdagte besluite, wat onafwendbaar sal lei tot nuttelose en verkwistende spandering. Daarom is dit nie net op kulturele front wat hierdie naamsverandering sinneloos is nie – dit is belastingbetalers wat gaan moet opdok vir die miljoene rande aan onkoste om hierdie naamsverandering deur te voer,” sê Pretorius.

Verder word daar ook aangevoer dat Adendorp na Kwa Mseki Bishop Limba verander moet word, Aberdeen na Camdeboo en Nieu-Bethesda na Kwa Noheleni.

“In geen opsig is daar problematiese kwessies rakende die geskiedenis van hierdie dorpe wat ʼn naamsverandering regverdig nie. Sedert 2019 is daar ʼn astronomiese 103 geografiese naamsveranderinge wat plaasgevind het, net in die Oos-Kaap.

“Die regering is besig met geteikende kulturele massa-uitwissing van die Afrikaners se geskiedenis en erfenis,” sê Pretorius.

Volgens die Oos-Kaapse geografiese namekomitee is die proses nou in die stadium van openbare verhore en advertering van die voorgestelde name vir openbare kommentaar waar besonderhede van redes vir die voorgestelde standaardisering van elke naam aangebied sal word.

“Indien daar enige besware is, word dit aan die komitee se subkomitee vir besware gestuur vir reaksie. Indien ʼn konsensus oor die nuwe naam onder alle relevante belanghebbendes bereik is, doen die komitee aanbevelings aan die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad wat die prosesse ondersoek wat gevolg is om tot die gevolgtrekking te kom dat so ʼn naam gestandaardiseer of aanvaar moet word voordat die naam in die Staatskoerant gepubliseer word vir openbare kommentaar, aanvaarding of verwerping.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Riaan ·

Hoop van harte indien daar ‘n nuwe regering aan bewind sal kom dat hulle al die naams-veranderinge sal nuttig verklaar en die ou name weer terug doop!!!!!!

Riette ·

Absurd!! Die land is so in sy maai in. Niks maak saak vir die ANC nie. Ek skud net my kop:(

Danie ·

Hulle kan verseker die R40 miljoen eerder spandeer op dienslewering in plaas van om oppervlakkige, niksseggende naamsverandering te doen.

Wiehan ·

Ek is in Graaff Reinet gebore, as die naam verander, dan was ek mos nooit gebore nie want dan bestaan daar nie so ‘n plek nie. Dis belaglik, die Ooskaap regering gebruik ons belastong geld om name na hul wense te verander terwyl miljoene nie kos en werk het nie. Komminuste!!!!!

Tinus ·

Die nuwe naam gaan werk skep, armoede verlig en voorspoed bring. Onverstaanbaar, maar die massas glo als. Wat opgebou is oor driehonderd jaar, word verwoes in dertig jaar.

Papsak ·

Dit is nou absurb in my oe los die plek se naam net so hulle wil net geld mors en alles moet hulle vielike name kry dankie dat julle daarteen skop hou dit so die anc moet liewers waai

Danie ·

Gelukkig weet ken ek die pad kaap toe .Dis n jammerte wonder wanneer gaan hulle die land se naam verander.

GWS ·

Hierdie naamsveranderinge is net geld mors. Dit is absoluut absurt!!!! Pretoria bv sal altyd Pretoria bly, die mense ken hom so en so sal dit bly. Ek wens hulle wil ons geld beter bestee en hul tyd aan dringende kwessies skenk.

Elise Georgina Irene ·

As Graaff-Reinet sy vernaam verloor is sy identiteit en die SA geskiedenis in sy moses in. Dis sedert 1868 sy naam en ek sal dit geen ander naam noem nie. Wat sal die streektaal, Graafrikaans, dan genoem word. Dit sal so goed wees as om geskiedenis te verander! JY KAN DIT NIE DOEN NIE. Ek is ‘n Graaffernetter en sal een doodgaan. Daar’s 68 nasionale monumente, 25 begraafplase en ‘n geskiedenis wat dit sy grootste bates maak. Verander sy naam en dan maak jy daai dorp toe. Geen toeriste sal ‘n plek SONDER GESKIEDENIS wil kom besigtig nie! Asseblief, besin hierdie absurditeit en dink wat julle aan die SA geskiedenis en Graaffernetters persé sal doen. VIVA GRAAFF-REINET!!!!!!!!! Ek het jou lief!

capie ·

Wat verhoed die algemene publiek en media om die nuwe name net te ignoreer en voort te gaan om die ou name te gebruik. Selfs politici en ander organisasies soos besighede ens. moet net aangaan om die ou name te gebruik. Noem ons dit lydelike verset?

OW ·

Verbasend dat SA se naam nog nie verander het nie.Soos ek verstaan bly ons eintlik in Azanië.

Lettie ·

Tyd dat vermorsing van geld teengestaan word. Het hul niks anders om te doen as om aan sulke absurde voorstellings te dink. Daar is gans te veel personeel daar aangestel. Dus die voorstel: dink liewer aan personeelvermindering.

hpven ·

My ou GPS weet nie eers meer waar hierdie nuwe name dorpe en stede is nie, ek ook nie. Noem alles nog steeds op die oorspronklike name. Vervreem my van my eie land, kan net sowel emmigreer en ander land se plekname gaan leer.

SjN ·

Die kaders wil reeds bestaande plekname verander want hul is nie in staat om n nuwe projek of ontwikkeling te vestig om die na hul te vernoem nie.

Dup ·

Die nuwe name raak nou so lank dat mense voortaan sal verdwaal.Robert Mangaliso Sobukwe sal tot jou GPS verwar.Maar nouja,as jou land deur narre beheer word,moet alles in ñ sirkus verander.

piet ·

Danie, ek dink regtig hulle kan maar ons land se naam verander. Suid-Afrika is in elk geval ‘n belaglike naam, dit skep baie verwarring by oorsese mense wat nie die plek ken nie.

Elmarie ·

@Danie en OW – daar word dan al oral ban Mzanzi of tv advertensies en oral gepraat. Gee kans… :(

Casper ·

Die verraderlike a n c het ons land in enormous staatsskuld gedompel om kommunistiese ideologieë daar te stel.Hulle mors geld op onbenullighede en uitspattige uitgawes en dit net om ons Afrikaner erfenis te vernietig.

AREND1 ·

Nee.Piet ek dink jy raak nou regtig belaglik.Daar is niks belaglik aan Suid Afrika nie.

Bolandse Nooi ·

Eenvoudig: belastingbetalendes skop vas en sê: “Ek is geregistreer en betaal munisipale belasting vir GRAAFF-REINET. Verander die dorp se naam na Robert Mangaliso Sobukwe (whomever daai ookal mag gewees het) en ek betaal nie meer belasting nie, finish en klaar!

Heinrich ·

Wat keer ons om die geskiedkundige name lewendig te hou? Ons kan self dmv advertensieborde mense (in Afrikaans) welkom heet by die ou geskiedkundige naam, ons kan ons in daaglike handel en wandel weier om die nuwe naam te gebruik (of dit dan in hakkies agterna sit as dit moet). Die FAK an ‘n FAK atlas uitryk met geskiedkundige notas. Ons baklei glad nie hard genoeg om ons name te behou nie, gooi maar ‘n moun of twee op sosiale media en aanvaan dit dan.

piet ·

Ek is net bly dat Saartjie so treffend vereer is deurdat die distriks-munisipoaliteit na haar vernoem is. Wereldklas internasionale model wat die wereld (en veral Frankryk) in vervoering gehad het met haar volronde figuur.

Sê maar net ·

Suid Afrika behoort nie meer aan ons nie..Afrikaners voel soms soos blare in die wind, wat op die grond vertrap word. Want hulle kap ons boom af…
Dank God, die wêreld is ons woning nie….in the world, but not from the world.
Ons Ewige tuiste wag daarbó.

Maar, dit kom knaag gedurig aan ons hartsnare en heimwee verander na droefheid en dan weer woede…
Vind jou vrede in Hom. Dit maak dit draaglik…

Henry ·

ek hoop julle verander al die name weer terug
i n Port elizabeth gebruik almal nog PE nie gebertes nie hoe moet mens weet waar die plekke is.
net die radio wat nog elke dag gebertes gebruik vir weer voorspellings

Bostoe ·

Neewat Piet. Daar is niks belaglik aan die naam Republiek van Suid- Afrika nie. Die Amerikaners weet nie eens wie hul buurlande Noord en Suid van hulle is nie. Dis nie ons skulfd as die wêreld nie Aardrykskunde ken of kaarte kan lees nie. Ek is seker hulle kan darem wel Google Maps gebruik.

Lood ·

As die voorgestelde name nog enigsinds sin gemaak het, was dit dalk nie te sleg nie. Die nuwe name is ongelukkig simpel en dis vreeslik onprakties om enige plek so ‘n tipe naam te wil gee.

Di ·

Dink hulle om die dorpe se name te verander gaan dinge beter maak? Die korrupte spul is nie net RASMAL nie, maar ook NAAM MAL.

piet ·

Mzansi vir Suid-Afrika (beteken “suid”). Dis ‘n lekker Afrika-naam vir ‘n Afrika land. Spreek ook lekker uit, dis net ‘n lekker woord. Ek sal daarvoor stem.

Carl ·

As jy nie in staat is om enigiets self te bou nie – dan verander jy die naam van dit wat ander gebou het, en noem dit jou eie……..

Jaco ·

In 1969 is die Hertzog-Toring in Auckland Park vinnig na Brixton Toring verander, omdat dr Albert Hertzog, na wie die toring vernoem is, groot stry gekry het met die regerende Nasionale Party en weggebreek het uit die party. So sulke politieke naamsveranderings het maar in die ou SA ook voorgekom.

Marina ·

Die spulletjie ly darem maar erg aan n minderwaardigheids kompleks! Kan niks bou of instand hou nie, dan verander ons maar die naam…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.