Gedig: Wees lief vir my in Afrikaans

lavender-stiltetyd-mirexa-pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Mirexa/Pixabay)

Alta Strauss

bring vir my ʼn ruiker
van jasmyn en lemoenbloeisels
dans met my op mentblare
onder die sterre
wat kleur bring aan die nag
wys my die hele wêreld
maar wees lief vir my in Afrikaans
sing vir my ʼn liedjie
net vir my
sing vir my ʼn liedjie
wat saggies soos die laatreën
in my siel kom val
dis al.

  • Die gedig is oorspronklik deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gepubliseer en dit word met vergunning van die digter op Maroela Media gedeel.
  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die digter versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.