Die Franse het bra planloos voorgekom sonder hul kaptein en skrumskakel Antoine Dupont, wat nou eerder verkies om sewesrugby te speel.
Lees meerAlles vir Sondag 25 Februarie 2024
Luister: Gaireyah Fredericks vertel stories in haar hartstaal
“Skryf het te doen met die understanding dat jy iets het om te sê.”
Die week in foto’s
In Oostenryk word die twee jaar lange oorlog in Oekraïne herdenk, terwyl Nederlanders 80 jaar sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog herdenk.
Duitse toeris in Limpopo aangerand, vermoor
Die toeris het Vrydag uit Botswana vertrek en met ʼn motor na Suid-Afrika gery. Hy het Saterdagoggend in Lephalale (Ellisras) aangekom.
Regter meen groep advokate is te wit
ʼn Regter in die Pretoriase hooggeregshof wil hê die groep regslui wat voor hom verskyn het, moet verduidelik waarom daar nie ʼn enkele swart advokaat teenwoordig was nie.
Boek-uittreksel: ʼn Veilige hawe vir dié krulkop se hart
Kom lees ʼn uittreksel uit Tosca de Villiers se jongste roman, “Hawe vir haar hart”.
Indië slaan met mening terug in vierde toets
ʼn Mens kan seker nooit vir Engeland onderskat nie, maar kaptein Ben Stokes sal ʼn hengse kriekethaas uit die hoed moet pluk as die besoekers dié wedstryd wil wen.
Koebaai beurtkrag by Kaapstad-biblioteke
Kaapstad se biblioteek- en inligtingsdiens het ʼn rits ingrypings ingestel om seker te maak dat hulle soveel as moontlik dienste kan aanbied tydens beurtkrag.
Jong sierskaatser droom van Olimpiese Spele, Disney on Ice
Philip Malan is een van agt Suid-Afrikaanse kinders wat gekeur is om ʼn gesogte sierskaatsoefenkamp in Italië by te woon.
‘Knysna-besoek wys omvang van ANC/EFF/PA-mislukking’
“Hul daaglikse uitdagings grens aan menseregteskendings met ongereelde watertoevoer, rioolstortings en vullis wat in die strate opgaar.”
Russell en kie meen Red Bull is weer die gunsteling
“Red Bull het hulself weer baie goed van hul taak gekwyt en hulle is ongetwyfeld die gunsteling om weer met die louere weg te jaag. Hulle geniet tans ongelooflike momentum.”
Foto’s: Walkersons in Dullstroom is soos balsem vir ’n gejaagde stadsiel
Draai jy in by Walkersons-landgoed se hek, word jy skielik begroet deur ʼn ouwêreldse sjarme wat herinner aan Skotland en Ierland. Vir my was die voëls se lofgesange in die oggend en die paddakoortjie in die aand wat my ore begroet ʼn welkome blaaskans van die gedruis wat 24-uur ʼn dag in die stad voortdreun.
Darling Vleismark: Waar 5 generasies slagters saamwerk
In Darling, teen die Weskus, staan ʼn slaghuis waar ou waardes en moderne produkte suksesvol saamsmelt. Omdat dit ʼn plek is waar mense mekaar nog in die oë kyk en vriendelik groet, kom kliënte keer op keer terug na hierdie vyfdegenerasie-slagters.
Navalny se liggaam aan sy ma oorhandig
Russiese beamptes het vir ʼn week lank geweier om die liggaam aan Lyudmila Navalnaya te oorhandig.
Noem hom sommer ‘Drie-han’ van der Merwe!
“Ek kan dit kwalik glo. Ek het nog nooit ʼn driekuns teen Engeland behaal nie, maar ek moet my spanmaats bedank wat vir my die nodige geleenthede gee om af te rond,” het Duhan van der Merwe gesê.
Ruimtetuig lê op sy sy ná maanlanding
Hierdie sending baan die weg vir die terugkeer van Amerikaanse ruimtevaarders na die maan binne hierdie dekade onder die Artemis-program.
Video: Ontmoet SA se eie Von Trapp-gesin
As daar nou een ding is waarvan die Van Biljon-huis tot oorlopens toe vol is, is dit musikale talent.
Gesteelde motor 14 jaar later in Mpumalanga gevind
Die motor is in Desember 2010 in Komani (Queenstown) in die Oos-Kaap gesteel.
Dwaalkoeël mis vrou se kop, dansky matrasvrate
ʼn Inwoner van Brakpan dank haar sterre – en vierpotige bedmaats – dat sy nie ernstig beseer is nie toe ʼn dwaalkoeël deur haar slaapkamer se dak getrek het.
ANC-ondersteuners sterf in busongeluk
Minstens agt persone is Sondagoggend dood tydens ʼn busongeluk op die R33 tussen Vryheid en Paulpietersburg in KwaZulu-Natal.