Gesteelde motor 14 jaar later in Mpumalanga gevind

(Foto: SAPD Mpumalanga)

ʼn 31-jarige man sal na verwagting Maandag in die Amsterdam-landdroshof verskyn in verband met die besit van ʼn gesteelde motor.

Die verdagte is Saterdag by die Nerston-grenspos tussen Suid-Afrika en Swaziland in hegtenis geneem deur lede van die Nerston- en Mahamba-grenspolisie, sê kapt. Magonseni Nkosi, woordvoerder van die polisie.

“Lede van die taakspan het voertuie nagegaan toe hulle op ʼn wit Toyota Corolla afgekom het waar die lisensieskyf en voertuigidentifikasienommer op die enjin nie met mekaar ooreengestem het nie.”

Die beamptes het verder ondersoek ingestel en bepaal dat die motor in Desember 2010 in Komani (Queenstown) in die Oos-Kaap gesteel is.

“Die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem. Verdere aanklagte van die diefstal van ʼn motor hangende verdere ondersoek kan nie in hierdie stadium uitgesluit word nie.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir die uitstekende herwinning van ʼn motor ʼn dekade ná dit as gesteel aangemeld is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

es ·

Ek sal nie die kar in daai toestand wil terug he nie, al is dit n Toyota

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.