Die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria is nou veilig agter splinternuwe heinings en mure, sodat die boewe wat buite rondloop nie weer toegang tot die waardevolle erfenisskatte het nie.
Alles vir Sondag 25 Februarie 2024
Gesteelde ambulans minute later gevind
Die ambulans het Saterdag omstreeks 18:00 voor ‘n hospitaal in Pofadder parkeer gestaan toe dit gesteel is.
Cele moet opdok vir polisiehelikopter, meen DA
Die SAPD ontken egter die polisiehelikopter is vir persoonlike gebruik aangewend.
Namibië se president te ruste gelê
Frank-Walter Steinmeier, president van Duitsland, is Saterdag tydens die gedenkdiens in Namibië, gemaan om gesprekke te bespoedig oor vergoeding vir koloniale era-menseslagting.
Só verweef rolprentmaak veelsydige Lika se passies
“Dit was nogal vreesaanjaend en beslis ʼn vuurdoop vir my. Ek kyk nou in ʼn heel ander lig na gesoute regisseurs en dink: hoe op dees aarde doen julle dit oor en oor.”
Gholf: Daar’s ‘n wind wat (in Gqeberha) waai
Wanneer die wind die dag in Gqeberha behoorlik waai, dan waai hy jou weg. Dit was die geval in Saterdag se derde ronde van die Sonskynreeks se NMB-kampioenskap, wat op die Humewood-gholfbaan gespeel word.
Iere laat Blitsbokke lelik struikel
Diegene wat Saterdagaand net ná 23:00 voor die kassie ingeskuif het om die Blitsbokke se kragmeting teen Ierland in Vancouver te kyk, moes teleurgesteld gaan slaap het.
Herlewing van Anneli-snitte ʼn ‘vreugde, voorreg’ vir dié ikoon
Anneli van Rooyen, wat vandag haar 63ste verjaardag vier, gesels met Maroela Media oor die moderne verwerkings van haar treffers van ouds, haar nuwe lewe nader aan die natuur en hoe sy die gesondheidsterugslag wat haar loopbaan beëindig het, verwerk het.
Sesnasies: Iere stamp Wallis ook uit hul pad
Soms lyk dit asof die Iere te veel met die bal probeer speel en dit oordoen, maar dis hoe die krake in die verdediging onstaan, dis hoe die Iere en hul grootste voedingsbron Leinster jare lank reeds speel. Wie kan teen drie bonuspuntoorwinnings in drie Sesnasies-wedstryde stry?
18-jarige ‘wil steeds boer’, al het dit haar arm geëis
Sané Wilken wou van ʼn jong ouderdom af reeds boer. Dié droom was so ampertjies aan skerwe toe ʼn fratsongeluk – op ʼn plaas – ʼn maand gelede haar regterarm geëis het.
Gedagte vir die dag: Elke dag saam met Hom
Waar is Jesus in jou lewe? Op land of saam met jou in jou lewenskuit?