Die week in foto’s

Verenigde State: ʼn Reënboog bring hoop ná erge storms in Robbins, Kalifornië, gewoed het. Tornado’s en oorstromings het baie inwoners op hoë gereedheid terwyl dié deelstaat steeds onder storms deurloop. (Foto: Josh Edelson/AFP)

 

Singapoer: Lede van Suid-Korea se Black Eagle-kunsvliegspan wys hul vernuf tydens ʼn lugvertoning by die Singapoer-vliegskou. (Foto: Roslan Rahman/AFP)

Japan: ʼn Boggelrugwalvis kalf langs die kus van die stad Kadena in Okinawa. Die boggelrugwalvis spring soms uit die water terwyl hy swem. (Foto: Tosei Kisanuki/ Yomiuri /AFP)

Nederland: Vir die 80-jaar-herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog word ligte rondom die stadsaal van Nijmegen vertoon, om te wys hoe bomme in 1944 verskeie geboue vernietig het. (Foto: Romy Arroyo Fernandez/NurPhoto/AFP)

China: Die lugfoto wys ʼn bosbrand in die Huaxi-distrik van Guiyang, geleë in die Guizhou-provinsie in suidwes-China. ʼn Vlak 3-noodreaksie is Woensdag in dié provinsie geaktiveer weens verskeie bosbrande wat onlangs uitgebreek het. Van 10 tot 19 Februarie is 148 bosbrande in Guizhou aangemeld. (Foto: Li Guangzhi/Xinhua)

Oostenryk: Ligte en kerse in die vorm van ʼn hart voor die St. Stephen-katedraal. Die gebeurtenis herdenk twee jaar van oorlog in Oekraïne en veral die kinders wat in die oorlog vasgevang is.

Spanje: Spaanse brandbestryders bestry ʼn reusebrand wat in ʼn woongebied in die oostelike hawestad Valencia woed. Vlamme en digte swart rookwolke verswelg die gebou, terwyl 22 brandbestrydingspanne teen sterk winde baklei om die brand te blus. (Foto: Jose Jordan/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.