Siya Kolisi, kaptein van die Springbokke, het Donderdag in Pretoria breier Rassie Erasmus en die talle ondersteuners wêreldwyd geloof wat die span ondersteun het wat die Wêrelbekerrugbytoernooi in Japan gewen het.
Lees meerAlles vir Donderdag 7 November 2019
Man gevonnis oor bedrog met inkomstebelasting
John Robert Brice van Hermanus in die Wes-Kaap is gevonnis op 708 aanklagte van BTW-bedrog by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die man het selfs sy ma oorgehaal om as ʼn BTW-handelaar te registreer.
Vragmotors in Wes-Kaap geplunder
Vragmotors is Donderdag in De Doorns en Worcester in die Wes-Kaap aangeval en geplunder.
Eerste voorstelle vir grondwetwysiging oor grond
Die eerste voorstelle vir die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, is tydens sittings van die tersaaklike ad hoc-komitee in die parlement ingedien.
Minstens nege uit gebou gered
Nege persone, insluitend ʼn kind van ongeveer drie jaar oud, is na verskeie hospitale in Durban geneem ná hulle uit ʼn gebou gered is wat gedeeltelik ineengestort het.
Liefdesdriehoek lei tot moord
Derrick Mazambane (63) is gevonnis op aanklag van die moord van sy 26-jarige meisie.
Mdluli vrygespreek in hooggeregshof
Richard Mdluli, voormalige hoof van intelligensie, is op vier aanklagte van intimidasie vrygespreek ná ʼn uitspraak in Oktober in die konstitusionele hof bevind het dat sommige dele van die Wet op Intimidasie ongrondwetlik is.
Mabuza maan Eskom oor instandhouding
Adjunkpresident David Mabuza het vanmiddag in die parlement gesê Eskom is deur die regering opdrag gegee om spesifiek versigtig om te sien na sy kragstasies, want swak instandhouding is een van die redes waarom die kragvoorsiener tans in so ‘n penarie is.
ToekomsVenster: Het jy My waarlik lief?
Jy sê jy het die Here lief. Wys dit dan!
TLU SA maak reg vir hofsaak oor onteiening sonder vergoeding
Die organisasie sê hy vertrou ook nie die “stoomroller-proses” wat gebruik word om die wysiging aan die parlement voor te lê nie.
Zuma mag nie appelleer teen uitspraak oor Hanekom-twiet
Die Pietermaritzburg-hooggeregshof het oudpres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn beslissing van vroeër vanjaar van die hand gewys.
Kies ʼn mediese fonds wat by jou pas
Dis baie belangrik om ʼn mediese fonds te kies wat jou meer buigsamheid, keuse en beheer gee.
Man in hegtenis ná bekende diereliefhebber se ‘selfmoord’
Aanvanklik is gesê Annel Snyman het haar oënskynlik met ʼn rekverband agter die deur gehang, maar vir haar familie was daar net te veel vrae oor die omstandighede rakende haar dood.
Meesterplan vir pluimveebedryf verwelkom
Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf gaan die afgelope paar jaar gebuk onder verskeie probleme.
DA se 4-stap-plan vir voortslepende droogte
Die DA het Donderdag ’n vierstap-plan bekend gestel om die uitwerking van die verwoestende droogte in groot dele van die land te bekamp.
Wenner van Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys
“Ons wil plaaslike entrepreneurs aanmoedig en beloon. Ons sien hul harde werk raak en harde werk is noodsaaklik om in Suid-Afrika suksesvol te wees.”
‘Sê wie?’
Die twee boublokke vir Suid-Afrika se eie ekonomiese ommeswaai is die Christen-netwerk en entrepreneurs. As hierdie dalk na ’n té groot sprong lyk, dan sê ons Boek, “En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.” Hy sê, en dan sê ons.
Buurlande skuld Eskom honderde miljoene rande
Kragvoorsieners wat deur buitelandse regerings besit word, skuld Eskom meer as R600 miljoen.
Driekampatlete van wêreldgehalte gaan in Kaap baljaar
“Dit is iets waarvoor die driekampgemeenskap in die Kaap al lank gewag het.”
Foto’s: Bok-ondersteuners neem verlof vir trofeeparade
Honderde Springbok-ondersteuners het Donderdag van so ver as Rustenburg na Pretoria gekom om die Springbokke en die Web Ellis-trofee in lewende lywe te sien.