Liefdesdriehoek lei tot moord

Argieffoto

Derrick Mazambane (63) is gevonnis op aanklag van die moord van sy 26-jarige meisie.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het gesê Mazambane is Maandag in die provinsiale hooggeregshof tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die moord.

Die hof het gehoor die beskuldigde en die oorledene was in ʼn verhouding en het saam in ʼn huurwoonstel in Masoyi gebly. “Daar was ʼn driftige rusie in Oktober 2018. Die beskuldigde het ʼn skêr gegryp en die oorledene aangeval. Hy is dieselfde dag nog in hegtenis geneem ná die gemeenskap hom aangekeer en hom aan die polisie oorgegee het,” het Nyuswa verduidelik.

Mazambane het skuld ontken.

Senior staatsadvokaat Kenneth Mashile het egter die getuienis gelei van ʼn ander huurder wat aan die hof gesê het hy het gehoor hoe die beskuldigde en die oorlene baklei in ʼn taal wat hy nie ken nie. Die oorledene het glo kort daarna na hom toe gekom en langs sy bed inmekaargestort en gesterf.

Die nadoodse ondersoek het bepaal die vrou het 11 steekwonde opgedoen.

Mazambane is skuldig bevind op alle aanklagte voor hy tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

“Die NVG is tevrede met die vonnis aangesien dit ʼn bewys is van die toewyding in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Muffin ·

Nog een waarvoor ons belastingbetalers moet sorg. Bring die doodsstraf terug.

Martie ·

26/63 ag nee man regtig maar ja en 20 jaar trok straf dan sal die ou mos nou al mooi krom getrek wees want die straf is nog steeds temin vir moord.

Onnie ·

Die opskrif praat van n liefdesdriehoek, maar die berig verwys net na 2 mense?? Hoekom die opskrif gebruik as jy geen inligting het ivm die liefdesdriehoek nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.