Minstens nege uit gebou gered

Foto: Rescue Care via ANA

Nege persone, insluitend ʼn kind van ongeveer drie jaar oud, is na verskeie hospitale in Durban geneem ná hulle uit ʼn gebou gered is wat gedeeltelik ineengestort het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die gebou is in Westweg naby Warrickstraat geleë. “Die persone het geringe tot matige beserings opgedoen,” het hy verduidelik.

“In hierdie stadium word daar vermoed dat niemand anders in die gebou is nie. Die polisie se honde-eenheid sal egter verder ondersoek instel.”

Rescue Care was saam met die polisie, die metropolisie se soek- en reddingseenheid en die Durbanse brandweer op die toneel. Die gebied is afgesper en daar was groot verkeersontwrigtings in die gebied.

Geen besonderhede is in hierdie stadium bekend oor die oorsaak van die ineenstorting nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Muffin ·

Dit lyk soos n plakkers gebou. Wonder of is daar planne in plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.